NONGQAI VOLUME 17 NOMMER 10

![]()
Nongqai Editorial Board: Hennie Heymans, Willem Steenkamp, Henning van Aswegen, Logan Govender, Helmoed Romer Heitman, Rene Geyer, Dr Joan Swart, Ida Steyn, Wolfgang Witschas, Elkarien Fourie, Mike Huxtable.
![]()

Letters from the Editor / Briewe van die Redaksie
Oktober 2026
Ons vorige redakteur Henning van Aswegen is teruggeroep na die akademie. Hy het voortreflike werk gelewer en ons spreek ons opregte waardering uit vir sy harde werk, toewyding en bydrae tot die sukses van Nongqai. Ons wens Henning alle voorspoed toe met sy toekomstige ondernemings.
Hierdie uitgawe is besonder ryk aan inhoud en bied aan lesers ‘n keur van nuusberigte, interessante gebeure, historiese perspektiewe, persoonlike herinneringe, kommentare, ooggetuieverslae en fotoalbums in ons gewilde Potpourri-afdeling.
Bespreking
- Prof. Fanie Cloete lewer kritiese kommentaar op dr. W.P. Steenkamp se e-boek.
Zama-zamas
- Ons ondersoek die toenemende uitdaging van onwettige mynbou en die sogenaamde zama-zama-verskynsel.
Plaasmoorde
- Plaasmoorde word onder die loep geneem.
- Ons kyk ook na die omstrede lied “Kill the Boer, Kill the Farmer” en die debat daaromheen.
Polisiebestuur
- Polisiebestuur staan weer in die kollig.
- Die verskil tussen bevel en beheer aan die een kant, en bestuur aan die ander kant, word ondersoek.
- Dossierinspeksies kom ter sprake.
- Ons besoek die SAP Wentworth Opleidingsdepot.
- Die voortdurende stryd tussen plig en gewete word belig.
Die Anglo-Boereoorlog
- Die Anglo-Boereoorlog word herbesoek met artikels oor die brug by Bethulie en die Slag van Poplar Grove.
Intelligensie
- Die geskiedenis van die Hoofdirektoraat: Koverte Insameling word ondersoek, en dit is tyd dat hierdie minder bekende geskiedenis aan die lig kom.
- Dormante spioene kom ook onder bespreking.
- Uit die Staatsveiligheidsraad ontvang ons ’n ooggetuieverslag van die SAW-operasie in Mthatha in 1993.
Ons skryf oor mense in die polisie
- Lt-genl Sharon Jeptha
- Mnr. Meyer Khan
- Lt-kol. Vel Kruger
- Sers. M.J. Coetzee
- Oom Briesie van die Strand
- AO Lawrence Govender
- AO S. Pillay
- Kapt. Lazarus
- S/Sers. Kuppasamy Govinder
Verder word ’n ope brief van dr. Lennit Max aangehaal.
Misdaad
- Vals grade en die gevolge daarvan.
- Die slag van Ventersburg: AWB teen SAP.
- Kommissies van Ondersoek: Kan die polisie ondersoek instel terwyl ’n kommissie aan die gang is?
- Die handel in diamante.
- Die hernude geregtelike doodsondersoek na hoofman Albert Luthuli, en die bewerings rondom sy dood.
- Die soektog na John Keepa in 1952.
- Forensiese ondersoeke en hul waarde in misdaadbekamping.
Geskiedenis
- Rugby: Polisie-rugbyfoto’s word gesoek.
- Die Natal Police van die koloniale era.
- Die British South Africa Police (BSAP).
- Die afsluiting van die “ou” Suid-Afrikaanse Polisie.
- Die Veiligheidstak.
- Pietermaritzburg, die Veiligheidstak en die Recce’s se radio.
- Die SAKP se herdenking van Dimitri Tsafendas, sluipmoordenaar van dr. H.F. Verwoerd.
- Bosletterkunde.
- Lenie die Speurhond.
- SAP Koppies.
- Potpourri: Nostalgiese foto’s uit vervloë dae.
Militêre Geskiedenis
- Kol. (dr.) Scharf van die SAGD vertel van mediese operasies in die bosoorlog.
- Die oorsprong van range en medaljes word belig.
- Potpourri: Nog nostalgiese foto’s en herinneringe uit die verlede.
Soos altyd vertrou ons dat hierdie uitgawe nie alleen sal inlig nie, maar ook sal inspireer, herinneringe sal oproep en gesprek sal stimuleer. Baie dankie aan al ons medewerkers, skrywers, versamelaars van geskiedenis en lesers wat help om hierdie unieke erfenis te bewaar.
Geniet die lees!
- NB Moet nie vergeet om na ons video’s op die webjoernaal te kyk nie
From the Editor
Our previous editor, Henning van Aswegen has been recalled to academia. He rendered outstanding service, and we express our sincere appreciation for his hard work, dedication, and valuable contribution to the success of Nongqai. We wish him every success in his future endeavours.
This edition is particularly rich in content and offers readers a wide variety of news reports, interesting developments, historical perspectives, personal reminiscences, commentary, eyewitness accounts, and photographic collections featured in our popular Potpourri section.
Discussion
- Prof. Fanie Cloete provides a critical review of Dr W.P. Steenkamp’s e-book.
Zama-Zamas
- We examine the growing challenge of illegal mining and the phenomenon of the so-called zama-zamas.
Farm Murders
- Farm murders come under scrutiny.
- We also consider the controversial song “Kill the Boer, Kill the Farmer” and the debate surrounding it.
Police Management
- Police management once again comes under the spotlight.
- The distinction between command and control on the one hand, and management on the other, is examined.
- Docket inspections are discussed.
- We visit the SAP Wentworth Training Depot.
- The ongoing struggle between duty and conscience is highlighted.
The Anglo-Boer War
- The Anglo-Boer War receives attention through articles on the bridge at Bethulie and the Battle of Poplar Grove.
Intelligence
- The history of the Directorate of Covert Collection is explored, and the time has come for this lesser-known chapter of South African intelligence history to emerge from the shadows.
- Dormant spies are also discussed.
- An eyewitness account from the State Security Council sheds light on the SADF operation in Mthatha during 1993.
Profiles of People in Policing
- Lt Gen Sharon Jeptha
- Mr Meyer Khan
- Lt Col Vel Kruger
- Sgt M.J. Coetzee
- “Oom Briesie” of Strand
- WO Lawrence Govender
- WO S. Pillay
- Capt Lazarus
- S/Sgt Kuppasamy Govinder
In addition, an open letter by Dr Lennit Max is featured.
Crime
- Fake qualifications and their implications.
- The Battle of Ventersburg: AWB versus SAP.
- Commissions of Inquiry: Can the police continue investigations while a commission is in progress?
- The diamond trade.
- The renewed judicial inquest into the death of Chief Albert Luthuli and the allegations surrounding his death.
- The 1952 search for John Keepa.
- The role and value of forensic investigations in combating crime.
History
- Rugby: Police rugby photographs are being sought.
- The colonial-era Natal Police.
- The British South Africa Police (BSAP).
- The closing chapter of the “old” South African Police.
- The Security Branch.
- Pietermaritzburg, the Security Branch, and the Recces’ radio communications.
- The South African Communist Party’s commemoration of Dimitri Tsafendas, assassin of Dr H.F. Verwoerd.
- Bush literature.
- Lenie the Tracker Dog.
- SAP Koppies.
- Potpourri: Nostalgic photographs from a bygone era.
Military History
- Col (Dr) Scharf of the South African Medical Service recounts medical operations conducted during the Bush War.
- The origins of ranks and medals are explored.
- Potpourri: More nostalgic photographs and memories from days gone by.
As always, we trust that this edition will not only inform, but also inspire, rekindle memories, and stimulate thoughtful discussion. Our sincere thanks go to all contributors, authors, historians, collectors, and readers who help preserve and record this unique heritage.
Enjoy the reading!
NB
Don’t forget to look a tour videos on the website.
REDAKSIE
Die Hoofredakteur van Nongqai Tydskrif is afgetrede Brig. Hennie Heymans van die Suid-Afrikaanse Polisie. Brig. Heymans was ‘n verteenwoordige van die SAPS op die Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad, en dekades-lank die Redakteur van Nongqai.
Die Bedryfsbestuurder van Nongqai is Francois Steenkamp. Nongqai se redaksielede is Sub-redakteur Kol. Logan Govender, Ida Steyn en Renè Geyer. Ons korrespondente sluit die militere historici Walter Volker en Wolfgang Witschas, Ida Steyn en Dr. Joan Swart.
REDAKSIONELE BELEID
‘n Mening uitgespreek deur enige lid van die Redaksie of korrespondente is hul persoonlike opinie en verantwoordelikheid. Nongqai se doel is om Suid-Afrika se Nasionale Veiligheidsgeskiedenis akkuraat aan te teken en so vir die nageslag te bewaar. Ons gebruik die artikels en stories soos van ons korrespondente en bedraers ontvang, en ons maak slegs spelfoute reg. Nongqai bewaar die stories in die vorm en konteks waarin dit ontvang word. Nongqai is nie ‘n letterkundige of wetenskaplike joernaal nie, wel ‘n forum en plaform vir geskiedskrywing en debatvoerinig. Nongqai is ‘n opvoedkundige publikasie sonder winsbejag wat gratis versprei word, en behou dus die kopiereg, outeursreg en intelligektuele eienaarskap van sy artikels en fotos’.
KONTAKBESONDERHEDE
E-pos: Editor@Nongqai. org. Webtuise: Nongqai.org
*
![]()
Table of Contents/Inhoudsopgawe
Klik op die skakel/Click on the link: https://www.nongqai.org/new-nuut-2/
![]()
NONGQAI SE CREDO
Nongqai is ‘n opvoedkundige en kultuurhistoriese tydskrif wat met sy inhoud die geskiedenis vir ons nageslag bewaar. Nongqai is an educational and cultural-historical electronic magazine that preserves history though its content.
![]()
nongqai.org
ADVERTISE IN NONGQAI / ADVERTEER IN NONGQAI

As jy jou produk of diens direk aan ‘n ingeligde teikengroep wil bemark – adverteer in Nongqai.
Nongqai word elke maand wêreldwyd deur 85000 potensiële klante en kliënte gelees – dit is direkte, effektiewe bemarking. Skakel ons Advertensiebestuurder Mike Huxtable (083-408-8527) om verder oor advertensies in Nongqai te gesels.
![]()

Nongqai Abstract
Nongqai, a magazine dedicated to preserving South Africa’s national security history, has undergone a restructuring, with Brigadier Hennie Heymans appointed as the new chief editor. Previously, Heymans served as executive editor, a role now taken over by a new appointee. Heymans is recognized for his significant contributions in creating a balanced narrative of the pre-1994 South African security forces, countering one-sided and negative portrayals that dominated post-1994 narratives. Through Nongqai, he revived a vital collection of source material, ensuring a broader perspective on the past that is indispensable for historians. The magazine has served as a platform for veterans to share their oral histories, preventing these accounts from being lost, and has published insightful articles and special editions focused on specific topics. Despite lacking publishing expertise and financial resources, Heymans single-handedly managed the magazine’s production for years, later joined by Dr. Willem Steenkamp and, more recently, Henning van Aswegen. Nongqai stands as a testament to Heymans’ selfless dedication to historical truth, driven by his loyalty to the South African Police and appreciation for the security forces’ role in stabilizing the country during challenging times. The magazine, guided by the credo: “To preserve the past without living in it,” remains a trusted, unbiased source of historical documentation, reflecting Heymans’ integrity and passion.
![]()
Skrywers & Boeke
DIE BURO IS BY IMPRIMATUR UITGEWERS, PRETORIA BESKIKBAAR: Mandy@Imprimatur.co.za
- Boekbeskrywing: DIE BURO
In Die Buro beskryf Henning van Aswegen die lewe en leed van Genl. Hendrik van den Bergh en sy tydgenote wat in 1963 Republikeinse Intelligensie (RI), en die Buro vir Staatsveiligheid in 1969 gestig het. Die Lang Generaal is ʼn historiese figuur wat onkreukbaar geglo het dat die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), nie oor die reg beskik het om Suid-Afrika se toekoms eiehandig te bepaal nie. Manne van Staal is nie populêre revisionistiese geskiedskrywing oor die Buro vir Staatsveiligheid nie; dit is die verhaal van wat agter die skerms gebeur het, en hoe hierdie historiese gebeure die verloop van die geskiedenis in Suid-Afrika beduidend beïnvloed het.
Henning van Aswegen is die skrywer van die topverkoper Spioenmeesters (Kraal Uitgewers), en ‘n intelligesnie historikus wat spioenasieverhale uit Suid-Afrika se geskiedenis beskryf en ontleed. Van sy ander boeke is The Daisy Spy Ring, The Spymasters of South Africa, en Russian Espionage in South Africa. Henning van Aswegen is ‘n afgetrede dosent in Intelligensiekunde aan die Nasionale Intelligensie Akademie (NIA), Pretoria.

Bestellings: henningvanaswegen55@gmail.com
by Henning van Aswegen | Oct 17, 2025 | BfSS NIS, BOOKS / BOEKE, BSV/DIE BURO/BfSS, Inligting- en/of Veiligheidsperspektief, RI/BfSS/NI/NIS/BSV
Die Buro vir Staatsveiligheid (BvS)/Nasionale Intelligensiediens (NI): ’n Unieke verskynsel in die Westerse intelligensiewêreld Abstrak: Buro vir Staatsveiligheid, BSV, Intelligensiewetenskap in Suid-Afrika, Intelligensie, Nasionale Intelligensiediens…
DIE BURO is by die skrywer bestelbaar: henningvanaswegen55@gmail.com., en ook by Imprimatur Uitgewers, Pretoria. Bestellings: Mandy Jonck: 082-787-6770.
*
![]()
Nongqai.org
![]()
*