Nongqai Vol 17 No 10 – (47) SAP Koppies: Dinge wat my altyd sal bybly

Uittreksel

‘n Oud-polisieman kyk terug op oomblikke waar plig en gewete gebots het, en vra eerlik of sommige besluite anders geneem kon word.

Abstrak

Hierdie persoonlike herinneringe van AJ Wiid beskryf verskeie voorvalle tydens sy diensjare in Koppies wat hom steeds bybly. Die verhaal toon die moeilike keuses wat polisiemanne soms moes maak in die uitvoering van hul pligte. Sommige gebeurtenisse wek trots, soos die redding van ‘n man met ‘n meswond aan die kop, terwyl ander steeds skuldgevoelens en berou veroorsaak, veral waar diere doodgemaak is op instruksie van owerhede. Die artikel bied ‘n eerlike blik op die emosionele las van polisiewerk, die gevaar van emosionele afgestomptheid en die voortdurende worsteling tussen amptelike plig en persoonlike gewete.

Sleutelwoorde

Polisiediens, Koppies, plig, gewete, berou, emosionele trauma, hondsdolheid, vrugafdrywing, patrolliewerk, menslikheid, verantwoordelikheid, herinneringe, polisieman, etiek, stryd tussen plig en gewete, AJ Wiid

Dinge wat my sal bybly, soms met spyt: In Koppies as n polisieman.

(AJ Wiid)(Pleb IV)

Daar is soms dae, veral op jou ouer dae, of tye  waar jy op jou eie of net alleen is. Dit is dan waar jy in  die verte dink en gebeure opkom wat jy 2 keer aan dink. Nie net spytvolle dinge nie maar ook  goeters wat jy sal onthou.

Ek was geken as ‘n polisieman wat altyd alleen gepatrolleer het. Tydens nagskof het ek baie stadig gery, soms sonder ligte. Die rede was dat ek meer kon sien wat aangaan en potensiële kriminele my nie sommer sal sien  nie.

Daar was nagstrate in Koppies vir die trokke om die riool te verwyder en nie vir normale verkeer nie. Die een nag het ek een of ander houer gesien waar ‘n hond aan gevreet het. Toe ek nader stap het ek gesien dat dit eintlik ‘n koelboks  is  wat geskeur is, met baie bloed, en  ‘n hond wat besig was om iets te eet. Dit het gelyk soos vleis. Ek het dit van nader bekyk en gesien dat dit ‘n menslike fetus was.

Ons sou later verneem dat die fetus so ongeveer 6 maande was. Ek het die hond afgetrek van die fetus. Dit was ‘n groot hond. Ek was baie geskok en besef dat die hond menslike vleis geëet het. Ek het hom toe dood geskiet.

Later in my lewe het ek weer gedink dat die hond nie die oorsaak van die vrugafdrywing  was nie, en bloot as vleis gesien het. Ek was baie spyt ek het dit gedoen. O’ ja die ma was toe later gearresteer en gevonnis deur die hof. Die klagte was, “vrugafdrywing”.

Die ander geval was toe die vee-inspekteur ons na ‘n toneel ontbied het. Daar was 12 honde in ‘n hoenderhok wat toegesluit was. Die inspekteur het vir my gesê dat daar hondsdolheid onder van die honde was. Onderstepoort het dit bevestig deur  ‘n brein wat ondersoek was en wat deur ‘n meerkat gebyt was, hondsdolheid  gehad het.

Dit was vir my onduidelik hoekom hulle nie bloot uitgesit was nie. Ek is toe aangesê om die honde te skiet. Hy moes my sakboekie teken met die versoek. Ek het toe gesien dat ‘n die boer en sy vrou eenkant gestaan en mekaar vasgehou het. Die vrou het saggies gehuil. Ek het al die honde doodgeskiet.

Ek het gesien hoe verskrik hulle was. Tot vandag huil ek van tyd tot tyd. Dan besef ek hoe polisiemanne afgestomp was. Ek moes hulle nooit geskiet het nie en aangedring het dat hulle eerder uitgesit moes word deur ‘n veearts.  Ek is baie lief vir my eie honde.

Ek het op ‘n ander geval gepatrolleer en iets gesien het wat langs die pad gelê het. Ek sou dit nooit gesien het as ek vinnig gery het nie. Ek het nader beweeg en gesien dat ‘n swartman daar lê met ‘n mes in sy kop.

Hy was by sy bewussyn maar het gesien  dat hy kort-kort sy bewussyn wil verloor. Ek het gedink dat hy sou doodgaan as hy  sy  bewussyn sal verloor en  het hom aangesê dat hy sy  oë moet oophou. Op ‘n stadium het ek hard met hom gepraat en hom gedreig om nie sy oë toe te maak nie. Ek het gedink dit was die beste wat ek kon doen. Ek het by hom gebly tot die ambulans hom kom haal het en Kroonstad toe vat.

Ek was  nie vol hoop nie, maar nou ja, dit is die lewe.

Een maand daarna het die aanklagkantoor my kom sê dat iemand my wou sien  En wie was daar, die man met die mes in sy kop. Ek kon nie glo dat hy dit gemaak het nie. Hy het my kom dankie kom sê dat ek hom gehelp het. Dit was maar net my plig gewees, maar moontlik buite my pligte.

Ek sal dit nooit vergeet nie.