Nongqai Vol 17 No 10 – (50) Die Afsluiting van die “Ou” Suid-Afrika
Uittreksel
Hierdie persoonlike herinnering deur brigadier Fanie Bouwer beskryf die enorme veiligheidsbeplanning vir Nelson Mandela se eerste openbare toespraak as president op 4 Mei 1994 en bied ‘n insiggewende terugblik op die vreedsame oorgang van die “ou” na die “nuwe” Suid-Afrika.
Abstrak
Die artikel vertel die verhaal van brigadier Fanie Bouwer se rol as veiligheidsbeplanner tydens een van die belangrikste gebeurtenisse in Suid-Afrika se geskiedenis, naamlik Nelson Mandela se eerste openbare toespraak as president op die Kaapstadse Parade op 4 Mei 1994. Bouwer beskryf die omvang van die veiligheidsoperasie, sy persoonlike bekommernisse oor moontlike bedreigings, en die druk wat op die polisie gerus het om die geleentheid suksesvol te beveilig. Hy skets die emosionele en politieke atmosfeer van die dag en reflekteer eerlik oor sy eie gevoelens as Afrikaner en polisie-offisier gedurende die land se oorgang na demokrasie. Die artikel beklemtoon ook die samewerking tussen die Suid-Afrikaanse Polisie, die ANC se marshals en ander rolspelers, wat as ‘n vroeë voorbeeld van gemeenskapspolisiëring en samewerkende veiligheidsbestuur in die nuwe Suid-Afrika beskou kan word.
Sleutelwoorde
Nelson Mandela, Fanie Bouwer, Kaapstadse Parade, 4 Mei 1994, veiligheidsbeplanning, Suid-Afrikaanse Polisie, ANC-marshals, demokratiese oorgang, gemeenskapspolisiëring, Desmond Tutu, openbare veiligheid, nuwe Suid-Afrika, geskiedkundige gebeurtenis, skarebeheer, presidentskap, marshals
GESKIEDENIS – DIE AFSLUITING VAN DIE “OU” SUID-AFRIKA
Deur brigadier Fanie Bouwer

* Inleiding
Baie van my ander kollegas was noodwendig, nes ek, in die laaste 3+ dekades betrokke gewees by geskiedkundige gebeurtenisse in SA
* Verkiesing van Nelson Mandela as eerste president
Een van die oomblikke was toe ek die veiligheidsbeplanning vir Nelson Mandela se eerste toespraak ná sy verkiesing as president in die Parlement op 4 Mei 1994 toe hy die skare vanaf die stoep van die ou Kaapstadse stadsaal sou toespreek.
Ongeveer 120 000 mense was op die bekende, historiese Kaapstadse Parade voor dié stadsaal verwag. Die parlement is ‘n kort loopafstand aan die agterkant van die ou stadsaal.
* Die Veiligheidsbeplanning
Die beplanning (met geen lied in my hart nie, let wel) van die massiewe operasie; die opstel van die skriftelike veiligheidsplan en die uitvoering daarvan, laat my nog so af en toe nagmerries kry. Dit was gróót!
‘n Menige aantal kwessies moes oorweeg en bedink en in plek gestel word. Alle oë was op ons, en op my spesifiek, gerig – ‘n ietwat senutergende situasie.
* Mandela se veiligheid ‘n groot prioriteit
My grootste bekommernis natuurlik, in daardie hoogs emosionele politiek-gelaaide tyd wat geheers het, was die moontlike scenario dat een of ander individu as sulks, of in opdrag van ‘n groep, vir Mandela daar op die stoepie van die ou stadsaal van iewers op ‘n afstand – selfs nader – kon skiet, bedoelende met ‘n potskoot.
Alhoewel ons dit in ag geneem en sekere teenstappe geïmplementeer het, was dit geen waarborg dat so-iets uitgesluit kon word nie. Ek het probeer om een van daardie deurskynende, koeëlvaste skerms te kry om voor die podium op die stoepie te plaas (sovêr ek weet was só ‘n kontrepsie wel ‘n week daarna by die Uniegebou gebruik toe Mandela as staatspresident ingesweer is), maar kon nie in die Kaap een in die hande kry nie.
* Gevolge van ‘n moontlike skietery
‘n Mens kan jouself indink aan die gevolge vir my persoonlik in my hoedanigheid as polisie-offisier/veiligheidsbeplanner, die polisie in geheel, asook die politieke situasie in die land, as so ‘n skietery wel sou gebeur het! Die hele beplanning/uitvoering, my eie geloofwaardigheid, alles, sou as’t ware net so soos mis voor ‘n warm son verdwyn het en tot absoluut niks gereduseer word.
* My besoek aan die Kaapse Parade
Ek het op ‘n stadium af gestap na die Kaapstadse Parade (wat ‘n paar blokke weg was van die Kaapstadse polisiehoofkantoor waar my ABS-kantore en OPS-kamer geleë was) om die (toe geskiedkundige) gebeurtenis op die grond waar te neem.
Die groot skare (die oorgrote meerderheid swart, en ‘n klein groepie wittes) was in ‘n joviale bui, soos wat ek verwag het.
* Nelson Mandela arriveer
Terwyl ek daar op die Parade staan en dinge dophou, kom Nelson Mandela, vergesel van eerwaarde Desmond Tutu, op die balkon te voorskyn, al wuifende vir die skare. Die skare het eweneens met ‘n oorverdowende gejuig gereageer.
Demsond Tutu het toe die nuwe Suid-Afrikaanse president aan groot skare voorgestel. Dit was op daardie oomblik dat Tutu die woorde “WE ARE FREE … WE ARE FREE” oor die mikrofoon uitgebasuin het.
* My eie gemoed
Ek kan net hier noem dat hierdie operasie eventueel goed afgeloop het.
Ek het tog die gevoel gekry dat die nuwe Suid-Afrika wel juis spesifiek daardie dag aangebreek het.
Ek het bo geskryf dat ek nie juis die beplanning met ‘n “lied in my hart” gedoen het nie. Inderdaad was dit so, ja. En niemand kan my seker dalk kwalik neem nie.
Maar hier is die ding: dit is dat ons Afrikaners eintlik maar ordentlike, gedissiplineerde mense is. Meeste van ons was bereid om van meet af saam te werk in die nuwe Suid-Afrika en ook ons deel te doen rondom veiligheidskwessies. Ek dink nie ons het enige erkenning daar daarvoor gekry nie. Tot nou toe.
* Ter afsluiting
Iemand stuur vir my nou die dag die onderstaande artikel.
Die artikel is ‘n storie deur die destydse SAPA op 4 Mei 1994 oor die operasionele plan tydens Mandela se eerste toespraak.
In hierdie artikel word heelwat bykomstige inligting verskaf rondom die detail en ander interessanthede van die veiligheidsbeplanning.
Die operasie was deur ander ook beskryf as die eerste voorbeeld van gemeenskapspolisiëring in Suid-Afrika.
PRESIDENT-SECURITY
CAPE TOWN May 4 1994 – Sapa
South African security forces will combine with the African National Congress’ “marshalling desk” to police the expected 120 000 crowd at the Grand Parade in Cape Town to hear President Nelson Mandela’s first official public address on Monday.
At a Press conference on Wednesday, at which Western Cape Internal Stability Division (ISD) chief, Col Fanie Bouwer, announced the plan, it was heralded as an innovation and a lesson in police-community relations by British police superintendent David Jackson.
Superintendent Jackson, an expert in big public occasion planning, is in South Africa to advise the South African Police. He said: “I’m going back to the United Kingdom having learnt a lesson that I think we could well use back home.”
At the conference, ANC marshalling desk representatives Amos Lengisi and Clifford Mabandla confirmed they had been involved in the planning for Monday’s big occasion from the start with Colonel Bouwer.
Col Bouwer said there would be 800 ANC marshals alongside 1200 security force members from the SAP and South African National Defence Force whose joint task it would be to control the crowds and protect business premises.
Peace monitors from the Regional Peace Committee and the National Institute of Monitors would also be involved, the former to help keep tempers cool in township trains, bus and taxi terminals before and after the event as well as to help the security forces, and the latter to observe that all security and marshalling forces carried out their duties correctly.
Both Mr Lengesi and Mr Mabandla were adamant it would make no difference to crowd attendance that the date of Mr Mandela’s appearance had been changed from Friday to Monday.
“They will come like bees to the honey. It will be a joyous occasion and without the same intensity as at other rallies where they had a statement to make,” Mr Lengisi said.
Colonel Bouwer, saying ANC marshals would snuff out any bands who attempted to run riot “even before they know they’ve started”, added that the co-operation in planning this event had laid the foundation for future SA policing of rallies and public events.
Previous rallies had been used to sell the image of the ANC. This would be different. It would be one of the rallies “of different folks who make up the new South African nation”.
Security forces would wear their normal fatigues while the ANC marshals would be clad in their khaki uniforms with orange vests proclaiming them as marshals. They also each had identity cards with their photographs on one side and the ANC colours on the other.
ANC officials would be involved in Joint Operations Control both at police headquarters nearby and the so-called “forward command post” in the City Hall, Colonel Bouwer said.

Hierdie is ‘n waardevolle eerstebronbydrae wat nie fokus op die politieke oorwinning van een groep bo ‘n ander nie, maar eerder op die praktiese en professionele uitdagings waarmee veiligheidsbeamptes tydens die demokratiese oorgang gekonfronteer is.
Brigadier Bouwer skryf eerlik oor sy persoonlike worstelinge en onsekerhede, maar erken ook die professionaliteit waarmee baie lede van die destydse veiligheidsmagte hul pligte uitgevoer het.
Vir lesers van Nongqai behoort die artikel besondere waarde te hê omdat dit wys hoe die SAP, ten spyte van politieke veranderinge, daarin geslaag het om ‘n gebeurtenis van wêreldhistoriese betekenis sonder ernstige voorvalle te bestuur.
Die beskrywing van die samewerking tussen die SAP, die ANC en burgerlike monitors bied ook ‘n interessante perspektief op die oorsprong van moderne gemeenskapspolisiëring in Suid-Afrika.
Die artikel herinner ons daaraan dat geskiedenis nie slegs deur politici geskryf word nie, maar ook deur die talle operasionele beamptes wat agter die skerms gewerk het om stabiliteit, orde en veiligheid gedurende ‘n tydperk van groot onsekerheid te verseker.
Dit is ‘n nugtere en belangrike getuienis van ‘n keerpunt in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.