Spionasiestories: Navorsing. Fanie Cronje, in Nongqai Vol. 17 Nr 8.

SPIOENASIESTORIES: NAVORSING

Fanie Cronje

Een van die mees prominente metodes in die proffesionalisering van die voormalige Nasionale Intelligensiediens was die omskepping van die navorsing been in ’n proffesionele effektiewe en objektiewe navorsing entiteit. Dit het derhalwe beteken dat informasie wat bekom is uit aksies deur die insameling of operasionele been, en aanvullende informasie wat deur overte bronne verkry kan word, aan ’n toepaslike kundige toegedeel word. Die betrokke navorser wat op daardie gebied spesialiseer het met al die informasie tot sy/haar beskikking die kundige op daardie betrokke terrein geword.

Daar is tipies verwag dat sodanige navorser dus gegradueerd moes wees en later selfs oor ’n nagraadse kwalifikasie moes beskik, alvorens geskik om as navorser te dien. Die doel was netuurlik om kundiges ste skep op spesifieke terrein wat dan deur informasie gelei word en daar weinig kans was om deur enige voorkeure, soos bv politieke voorkeure, beinvloed te kan word en gepaardgaande objektiwiteit in te boet.

Die strewe was die skepping van ’n kundige wat kon rapporteer sonder dat daar enige eksterne, selfs die van die insamelaar (wat natuurlik ook ’n absolute kundige op sy/haar terrein binne sy/haar spesifieke spesialisveld,) invloed kon geld. Daar sou dus van die navorser verwag word om die hele “prent” bymekaar te sit en die besluitnemer van ’n waardevolle onafhanklike vertolkde stuk waarop positiewe en objektiewe besluite geneem kan word, te voorsien.

Om daardie proses nog meer onafhanklik te maak het die berig dan deur ’n volledige proses van redigering en korrelering gagaan, ten einde natuurlik die beste produk op die tafel te sit. Die volgende stap in die proses was dan dat ’n eksterne (waar al die ander afdelings op senior vlak, betrokke was), interne paneel waar die berigte van die dag dan finaal geevalueer was en in perspektief gelaas is. Aangesien in daardie tyd die ontvanger van inligting of dan intelligensie (dit is nou die omskakeling van die “rou” informasie na intelligensie), die Staatspresident self was, was die proses juis so omvangryk. Maar selfs in die omvangryke proses kon “glipsies” nie uitgeskakel raak nie.

Verwarring rondom vanne

Die volgende gebeure vind plaas: ’n Navorser/analis kry informasie rondom gebeure in die voormalige “tuisland” van Kwandebele. Die informasie handel rondom ene Ntuli in Kwandebele en ’n moontlik ontwrigtende beplande politieke gebeurtenis wat moontlik ’n effek op die politieke stabiliteit kan he. Die beriggie gaan deur al die nodige prosesse en kom uiteindelik by die redaksie paneel uit.

In die bespreking aldaar besluit die paneel dat dit veel makliker sou wees om die Ntuli as die “broer” van Piet Ntuli , lid van die uitvoerende gesag van Kwandebele, te beskryf. Natuurlik korrek so in terme van die vergemakliking en lees van die berig. Die betrokke verteenwoordiger van die betrokke afdeling is ’n senior beampte, betrokke by ’n ander belangeveld van die spesifieke afdeling, en gee sy/haar goedkeuring van die berig. Terugvoering aan die lid is dat dit goed gegaan het en dat die berig geplaas word.

Die bundels word dan nie net aan die Staatspresident voorgele nie maar ook natuurlik aan ander belanghebbendes binne die groter veiligheidsgemeenskap. Onder Andere ook aan die Kommisaris Generaal van Kwandebele.

Dit is toe waar die bom ontplof. Die Kommisaris Generaal stuur ’n geweldig negatiewe reaksie op die berig met verwysings soos bv dat “moenie berigte skryf as julle nie die kundigheid oor beskik om eers die politieke spelers in die gebied te identifiseer nie”.

Die reaksie/kommentaar is uiteindelik by die navorser wat oorspronklik die berig gekryf het, natuurlik met dreigemente van swak werk/navorsing en gevolge wat die onvergeeflike fout kan inhou.

Die uiteinde was natuurlik dat die fout uitgewys is na die proses en daar derhalwe gekyk is na die verbetering van die proses om soortgelyke “glipse” in die toekoms uit te skakel.

Informasie wat mislei

’n Ervare navorser/analis, wat as spesialis op die TBVS en Nasionale State werk begin informasie ontvang wat dalk mag dui op ’n regerings verandering in die staat van Venda. President Patrick Mphepu is al van “onafhanklikheid” as leier van die Venda National Party (VNP) die leier van en dus President van Venda. Voor die volgende algemene verkiesing in Venda begin daar meer en meer informasie voorkom dat die opposisie party die Venda Independance Peoples Party (VIPP) moontlik die volgende verkiesing gaan wen.

Daar word besluit om spesifieke navraag te stuur aan die operasionele afdelig, spesifiek die wat in Venda betrokke is om te poog om die situasie vas te stel en die informasie te bevestig. Die lede onderneem om hulle bronne te taak om die gerugte te bevestig. Daar is egter nie veel addisionele overte informasie beskikbaar nie, aangesien daar in daardie tyd nie rerig oor die TBVC state geraporteer is nie en die pers in Venda nie rerig oor enigeiets anders as die sake van die regerend VNP gerapporteer het nie.

Toenemend begin die informasie daarop dui dat die moontlikheid van regering verandering werklik kan wees. Benewens die feit dat die betrokke navorser besef dat dit bitter moeilik is om in so tradisionele groepering die byna onmoonltike te bewerkstellig om die bestaande regerende party te vervang.

Die informasie wat wel verkry word, blyk toenemend ’n oorwinning vir die VIPP te voorspel. Bespreking word gehou en die uiteindelike roep is natuurlik dat die navorser/analis die kundige is en dat dit sy/haar roep is.

Ten spyte van die sterk gevoel dat die tradisionele wel gaan plaasvind is die navorser/analis se “gut feeling” en die feit dat die betrokke bronne tradisioneel baie objektief gerapporteer het, dat hierdie dalk ’n unieke gebeurtenis in die geskiedenis kan wees. Dit sal die 1ste keer wees dat ’n opposisie party ’n verkiesing in enige TBVC of Nasionale staat wen.

Die objektiwiteit word derhalwe effe oorboord gegooi weens die oorwig van informasie en die moontlike uniekheid van die geleentheid, en die berig word geplaas . Weens die kundigheid en kennis van die navorser/analis op sy/haar vakgebied word die berig nie in die hele proses van redigering, bevraagteken nie.

Die uiteinde van die saak en tot “skande en ontnugtering” van die navorser/analis wen die regerende VPNP ’n oorweldigende oorwinning. Die vestiging van kennis en kundigheid, selfs in sodanige omvattende proses van “checks and balances”, kan ook nadelig wees in terme van objektiwiteit.

Fanie Cronje

*