Nongqai Vol 17 No 8 – Genl-maj Jan de Waal
AFSTERWE VAN GENL JAN DE WAAL OP 2026-08-09

Foto: Johan Ferreira
AFSTERWE VAN GENL JAN DE WAAL OP 2026-08-09
Kapt Ida Steyn

Generaal Jan de Waal
Generaal Klein-Jan de Waal sal nooit vergeet word nie.
Ons as oud-Polisiemanne en -vroue wat die pad saam met hom gestap het sal hom onthou as ‘n streng, dog menslike persoon.
Genl De Waal was ‘n polisieman wat omgesien het na elke lid se belange.
Hy was ‘n ware gentleman met ‘n groot hart, onwrikbare integriteit en diep liefde vir sy land en mense.
Hy het met geloof, toewyding en moed die pad saam met ons gestap en ‘n blywende nalatenskap gelaat. Sy gesegde was ” treë op of treë af”
Ons groet hom met dankbaarheid en vertrou hom toe aan ons Hemelse Vader.
Ida Steyn
FOTOALBUM






Rest in Peace. Salute, Sir
Die generaal was ‘n jong luitenant in Durban by Radiobeheer – hier in 1964/5 rond. Hy het my by SAP King’s Rest besoek en op die patrolliewa – een van die manne wat mens nie maklik vergeet nie. RIV generaal.
Ek was bevoorreg om saam met Genl de Waal in 1969 op grensdiens te Mana Pools,Chirundu in Rhodesië te dien.Hy was n luitenant wat sonder baie woorde dissipline afgedwing het en die manne bymekaar gehou.Ek het weer en weereens te Chirundu grensdiens saam met hom verrig toe hy die rang van kaptein beklee het.
Die hoogtepunt in my lewe was,toe genl De Waal my Afdelingskommissaris op Potchefstroom was en steeds dieselfde onwrikbare beeld uitgefra het.Voorwaar n man om te respekteer en na op te sien.Sonder om ander te benadeel hy was een van die beste offisiere in die Mag wat n groot invloed op my gehad het en dalueer ek hom daarvoor.Rus in vrede Generaal
Luit. Jan de Waal was saam in Rhodesia 1971/72 en toe as Kaptein bevordering terug na SA. Was destyds vanaf Natal? En Karate sportman ?