NONGQAI SKRYWERS EN BOEKE: ALEXANDRE RICHE

NONQAI SKRYWERS EN BOEKE: PROSA deur ALEXANDRE RICHE

MY KLIP ENGEL

Ek wou nie, ek wil nie, maar ek gaan… Ek gaan dit neerskryf want jy het. Dit wat jy neergeskryf het is vir my gegee en ek het dit gelees. Alleen. Weer en weer en nog ‘n keer. Nog ‘n keer het dit veroorsaak dat ek dit nie weer hoef te lees nie, want ek het alles so goed gememoriseer dat jou geskrewe woorde deel van my geword het. Om te onthou en nooit te vergeet.

Jou woorde aan my het ‘n titel gehad… ‘Ek wil’ wat jy elder gesien het. Of geleen het. Of gesteel het; aan my gegee as jou eie, maar dit behoort aan Antjie Krog. Jy het in jou brief met skuins pendruk-ink erken dat jy my gelukkig wou maak. Raar, maar waar dat Antjie Krog in die tyd waarin ons leef iets namens jou aan my wou gee. Iets wat ek saam met my kon dra tot in die tyd dat ons oud en alleen is en soos akkedissies in die son sit.

Jy het memories en herinneringe aan my gegee en ek herkou elkeen van hulle. Niemand kan weet hoe dit voel om kortasem te wees sonder rede nie. Hoe dit voel, hoe dit werklik voel om ‘n seer hart te hê nie. Die tipe seer wat jy net ken as jy ware liefde geken het. Niks is groter, of kleiner, in my leeftyd nie.

Dit reën en die water stroom enkel teen die Engel se se wang af. Die Klip Engel. Die een op jou graf. Ek het nie die reën nodig nie… onder my wimpers reën dit outomaties. Jou ‘wil’ het ‘het’ geword – ‘het’ het ‘steeds’ geword’. Tot daardie dag wanneer my eie Klip Engels reëntrane huil.

Steeds, al is jy so lankal dood, dank ek die Here vir jou…

Jy het aan my ‘n oneie wil gegee… jy is steeds by my…

*

Alexandrè is familieverwant aan die legendariese Afrikaanse skrywer AG Visser, bekend vir sy digbundel Purper en sy gedig ‘Rosa Rosarium’. “AG Visser is my Oupagrootjie se broer aan my ma se kant, en sy nagedatenis inspireer my om gedigte en prosa te skryf”. Benewens prosa skryf Alexandrè musiek, onder andere ‘A Glimpse of Heaven’ na die afsterwe van sy moeder in 2017. Meervoude muskiekstukke verskyn uit sy pen. “Ek is mooi gebore, maar tyd en wind het my verniel totdat my geskrewe woorde en musiek my inspireer om ‘n beter weergawe van myself te word.”