'n Foto wat teks, tekening bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

BOOKS ON CRIME IN SOUTH AFRICA

BOEKE OOR MISDAAD IN SUID-AFRIKA

Brig HB Heymans (SAP – afgetree)

Koop en lees mens boeke oor misdaad (korrupsie, staatskaping, regsverydeling, diefstal, bedrog en dies meer) staan mens verstom.

As ‘n polisie-pensioenaris is ek gewoond gewees aan wet en orde. Bevel en beheer was aan die orde van die dag. Dossiere was aan 24-uur inspeksies, weeklikse en maandelikse dossier-inspeksies onderhewig gewees.

Ek is met pensioen sedert 1993 en om boeke oor die “nuwe” Suid-Afrikaanse misdaadpatrone te lees, is ‘n openbaring en laat mens oopmond staan! Dit wil voorkom as of geen terrein van menslike aktiwiteit misdaad-vry is nie. Selfs in instellings wat onkreukbaar moet wees, is slagoffer van misdaad.

Die las op die Suid-Afrikaanse wet en orde gemeenskap is enorm – die paar eerlike gewillige, onkreukbare amptenare en offisiere word gesalueer. Mens kan dankbaar wees vir vryheid van spraak en dat ons dapper joernaliste het.

Ons moet beslis weer terugkeer na Staatbou – die polisie is nie meer die primêre gesagsorgaan van die staat nie. Die polisie deel byvoorbeeld sy mag met die zama-zama’s, die taxi-Mafia, die konstruksie-Mafia en baie ander onwettige magsinstellings, bendes en sindikate. Die polisie MOET ongewenste elemente uitwerk en aankla, die vervolgingsgesag moet versterk en ondersteun word.

Ons weet almal die land is in ‘n geweldige skuld gedompel. Die staat se infrastruktuur moet ten alle koste beskerm word – kyk maar hoe word spoorlyne en spoorwegstasies geplunder vir metale soos yster en koper.

Die volgende paar boeke gee vir mens ‘n duidelike prentjie van ons kontemporêre Suid-Afrikaanse misdaadtoneel. Die lys is glad nie volledig nie.

'n Foto wat teks, boek bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

“Blood on their Hands” – genl-maj Johan Booysen en Jessica Pitchford.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD / SAPS) het vandag vreeslose leiers en soos genl Booysen brood nodig. Hy is ‘n kundige en ervare ondersoekbeampte en resultaat gedrewe.

'n Foto wat teks, person, boek, persoon bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

‘n Boek oor Eskom deur Andre de Ruyter

‘n Paar interessante episodes oor die rol van die SA Polisiediens (SAPS)

Cop under Cover” – ‘n Boek deur ‘n koverte operateur van die polisie. Johann van Loggerenberg, onder dekking, is ook deur ander polisie wreed gemartel … Hy verdien ‘n medalje vir sy professionele en onkreukbare gedrag.

'n Foto wat teks, boek bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

ROGUE – The inside story of SARS’s Elite Crime-busting Unit – Johann van Loggerenberg en Adrian Lackay.

Johann van Loggerenberg lig die sluier oor sy wedervaringe by die Suid-Afrikaanse inkomstediens. ‘n Ontstellende boek!!

'n Foto wat teks, voël, arend bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.Ministry of Crime – An underworld explored – Mandy Wiener

Wat ‘n goed nagevorste boek! Dit kan amper dien as ‘n A1-verklaring in ‘n groot korrupsie/bedrog-saak. ‘n Riller wat werklik die sluier oor misdaad lig!

Ek stel hoofsaaklik in ons nasionale veiligheidsgeskiedenis pre-1994 belang, maar hierdie onthullende boek is ontstellend! Wat beskryf word is moeilik om te glo want ek is nog in ou denkpatrone vasgevang. Mens skrik vir die werklike omvang van misdaad en ook misdaad deur amptelike instellings.

A Memoir – Rule of Law – Glynnis Breytenbach en Nechama Brodie.

‘n Boek wat mense se oë oopmaak en mens diep laat dink! ‘n Mens kan werklik vir adv Glynnis Breytenbach salueer vir haar integriteit en toewyding. Ons het sulke mense nodig in die vervolgingsgesag.

'n Foto wat teks, person, klere, boek bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Gangster State: Unravelling Ace Magushule’s Web of Capture deur Pieter-Louis Myburgh

Geen kommentaar. Die saak dien tans voor die hof.

'n Foto wat teks, persoon, boek, person bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

The Man who Killed Apartheid. The life of Dimitri Tsafendas – Harris Dousemetzis with Gerry Loughran

Hierdie is ‘n besonder goed-nagevorste boek oor die lewe van Dimitri Tsafendas. Oom Pieter Swanepoel (Oud-NI) het my vertel die boek gaan verskyn.

As lessenaar-offisier te veiligheidshoofkantoor het ek al die leggers oor Tsafendas deurgelees omdat ek in die onderwerp belanggestel het. Luit-genl DK Genis was in sy jong dae lyfwag van dr Verwoerd. Genl Genis het interessante insigte met my gedeel.

In Tsafendas se verskeie leggers is daar slegs bewerings dat hy ‘n kommunis was. Ek kon geen getuienis kry dat hy ‘n kommunis was nie.

Die outeur beweer op bladsy 117 dat die SA Polisie het op 21 Maart 1960 “dum-dum”-patrone op die skare gebruik wat vreeslike wonde veroorsaak het. Ek kon geen stawing vir hierdie bewering vind nie. Ek het met polisiemanne wat daar was en met ‘n vriend by ballisties hieroor navraag gedoen.

Voort maak die outeur ernstige bewerings teen kaptein HJ van den Bergh – die later bekende genl HJ van den Bergh. Die kaptein het na bewering opdrag gegee “to drag wounded blacks from their beds, irrespective of their condition. They were stripped naked, hosed down “en hulle was aangesê om hul bebloede klere aan te trek. Die gewondes is van die Baragwanath-hospitaal na die tronk-hospitaal te Boksburg geneem….

Ek het baie oor genl Van den Bergh gelees – ek weet hy was ‘n kaptein te Woodstock en ‘n majoor te Welkom. Ja, hy was na Pondoland gestuur in 1960 maar ek het nooit ‘n gerug gehoor dat hy by die gewondes van Sharpeville betrokke was nie.

Die Mag is ‘n klein organisasie gewees en dis moeilik om ‘n voorval geheim te hou. Ek moet sê ek kon nooit inligting inwin dat:

  • Tsafendas ‘n kommunis was nie. Daar was bewerings, ja, maar geen feite om die bewerings te staaf nie.
  • Dat die SA Polisie dum-dum patrone gebruik het nie. (Ons het immers gereeld inspeksie gestaan en moes ons uitrusting tydens inspeksie voorlê. Wie sal so dwaas wees om sy staatseiendom te beskadig. Hoe kan ‘n konstabel patrone koop as hy nie ‘n lisensie het nie?)
  • Dat genl Van den Bergh so opgetree het, het ek nooit ooit van gehoor nie. Hy het ‘n sekere beeld uitgestraal – een van ‘n goeie en bekwame speurder.

Indien iemand enige van hierdie bewerings kan staaf sal ons graag daarvan – ter wille van die geskiedenis – wou hoor.

'n Foto wat skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.