NOTAS INSAKE SUID-AFRIKA SE NASIONALE VEILIGHEIDSBESTUURSTEL
Henning van Aswegen
Key Words: National Security Management System, South Africa.
Abstract: Notes on the management and functionalisty of South Africa’s National Security Management System, and the State Security Council [SSC].
Die werksaamhede van die Staatsveiligheidsraad en Suid-Afrika se Nasionale Veiligheidsbestuurstel is duidelik uitgespel in Wet 64 van 1972, Paragraaf 5:
‘Werksaamhede van die Staatsveiligheidsraad: Dit is die funksie van die Raad (a) om die Regering, op versoek van die Eerste Minister, van te dien aangaande [1] die formulering van nasionale beleid en strategie met betrekking tot die veiligheid van die Republiek, en die wyse waarop sodanige beleid of strategie geïmplementeer en uitgevoer moet word; [2] ‘n bekampingsbeleid vir enige besondere bedreiging vir die veiligheid van die Republiek. Dit is die funksie van die Raad om (b) inligtingsprioriteite te bepaal.
Die Staatsveiligheidsraad was ‘n selfstandige statutêre liggaam en nie ‘n komitee van die Kabinet nie. Die SVR was ‘n adviserende liggaam, nie gemoeid met die uitvoering van operasies nie, en daar was geen wetlike verpligting op die SVR om aan die Kabinet verantwoording te doen nie. Die voorsitter van die SVR was ook die voorsitter van die Kabinet.
Dit spreek dus vanself, ter wille van goeie regering, dat die notules van die SVR aan die Kabinet voorgelê is. Die wisselwerking tussen die Kabinet, SVR, Sekretariaat van die SVR (SSVR) en Tak Nasionale Vertoling (TNV)…
Die Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad
Die SSVR was die Staforgaan van die SVR, maw. ondersteunend tot die SVR. Die hoof van die SSVR het die titel Sekretaris van die SSVR gedra en het direk aan die Staatspresident as Voorsitter van die SVR rapporteer.
Administratief was die SSVR aangeheg aan die struktuur van die Nasionale Intelligensiediens [NI], maar die Direkteur Generaal van NI het geen seggenskap gehad oor die werking van die SSVR nie. Die SSVR was dus nie struktureel deel van NI nie.
Opdragte aan die TNV
Die enigste ‘opdragte’ wat die TNV ontvang het, was versoeke vir intelligensieprodukte. Versoeke is soms gerig tydens SVR voorligtings wanneer die President gevra het dat daar by die volgende aanbieding hierdie of daardie onderwerp hanteer moet word. Die TNV het altyd moontlike behoeftes en versoeke vooraf probeer peil en gepoog om aan te bied wat op daardie bepaalde stadium aktueel was. Die meeste van die opdragte of versoeke is deur die DG van NI aan die Tak Nasionale Veiligheid gerig deur mondeling-verbale versoek wat van die President af gekom het. Die TNV was dus nooit betrokke by besluitneming oor operasionele sake nie.
Die Koördinerende Intelligensiekomitee [KIK]
Die KIK was ‘n komitee wat geskep was om as gespreksforum tussen die lede van die Intelligensiegemeenskap [IG] te dien. Die KIK was ‘n komitee wat baie gewig gedra het, omdat dit bestaan het uit die lede van die IG, maw. NI, Buitelandse Sake, Korrektiewe Dienste, die SAW en SAP. Die KIK het bestaan uit die hoofde van die intelligensiegemeenskappe, nie departementshoofde nie; net die DG van NI was ‘n departementshoof. Die Departement van Buitelandse Sake het nie ‘n toegewyde intelligensiekomponent gehad nie, en het daarom ‘n senior amptenaar beskikbaar gestel.
Wanneer die KIK onderling ooreengekom het oor ‘n saak of versoek, was dit as ‘n besluit van die KIK aan die relevante komponente van die IG oorgedra. Die gesag van die KIK was nie gesetel in die liggaam hoedanig nie, maar in die status van die inidvidue om die tafel, meerendeels die hoofde van die IG staatsdepartemente. Die KIK het nie operasionele sake bespreek nie. Die KIK was ook nie ‘n beplanningsliggaam nie, maar daar om onderlinge samewerking in die Intelligensiegemeenskap te reël en te koördineer. Byvoorbeeld ‘wie doen wat?’
Sensitiewe sake is deur die departemente op ‘n een-tot-een-basis bespreek en nie in die KIK-forum nie, hoewel daar soms besluite geneem is oor sake soos paspoorte aan sekere individue. Operasies is nooit bespreek nie.
*
Sien Nongqai Vol 12 No 12A – ons het hier die hele amptelike storie deur my kollega brig Pierre le Clus …..