WANTED: SCANS OF HISTORICAL PHOTOS

GESOEK: SAP- / SAW- / NI-FOTO’S

Hennie Heymans

Geagte Leser

Vir die afgelope 15-jaar gee ons elke maand die Nongqai uit.

Ons het nou migreer van ISSUU na ons eie Nongqai Blog met verwysing: https://www.nongqai.org/new-nuut-2/

Ons hele argief van tydskrifte oor al die jare word nou by Akademia Universiteit vir die nageslag bewaar.

Ek blaai deur ‘n Servamus van die 1990’s en sien ‘n artikel en foto’s oor die Paarl Akademie – dis ‘n plek waar ek as lid van die Mag nooit lesings ontvang het nie. So is ek seker dat baie van u (behalwe die Wes-Kapenaars) ook nie van die plek weet nie – en so is daar ook baie ander plekke van nasionale veiligheidsbelang en monumente en gedenktekens wat onbekend is.

Om ons bewaringsaksie ten volle tot uitvoer te bring doen ons graag ‘n beroep op vriende om van hul unieke foto’s te laat skandeer (in .jpg-formaat) by ‘n plek soos PostNet en dit dan sommer van daar direk na ons te stuur na: heymanshb@gmail.com.

Hierdie week was ons bevoorreg om foto’s te ontvang van wyle genl Louis Snyman en ons is besig om dit op die blog te laai. Hier is een afdeling uit sy versameling waarna u kan kyk: https://www.nongqai.org/pronk-tydskrif-februarie-1972-sa-polisie/

Ongevraag het wyle luit-genl Nico Slabber twee weke gelede, vir ons twee byvoegsels uit koerante gestuur, met onderwerp: toe die SA Polisie 75-jaar oud was. Die koerant-bylae is geskandeer en sal eersdaags volledig op ons blog verskyn.

Die blog kan op die rekenaar sowel as selfoon gelees word.

Ons doen ‘n vriendelike beroep op ons vriende en lesers om ons asseblief te steun in hierdie projek. U besit talle unieke foto’s: Deel dit as met ons en die nageslag.

Groete

Hennie Heymans

'n Foto wat teks bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.