SOUTH AFRICAN POLICE MEMORIAL
SUID-AFRIKAANSE POLISIE GEDEENKTEKEN: MEINTJESKOP
Brig HB Heymans (SAP – Afgetree)
GESKIEDENIS IN BEELD: FOTO-ARTIKEL
Inleiding
Ons “ou” polisiemanne word oud. Dit is nou tyd om die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP), eerlik, billik, regverdig en sonder kwaadwilligheid te rapporteer. Ons leef nie in die verlede nie – ook wil ons nie die verlede verheerlik nie. Waar moontlik moet ons objektief verslag aan die nageslag doen en stawende dokumente voorsien; soos in enige strafsaak wat ons in die “ou dae” ondersoek het. Ons is slegs “amateur geskiedkundiges” – ons is nie akademici nie, ook probeer ons nie om ons as akademici voor te doen nie!
Ek wil graag spesiaal vir die redakteur van Servamus, Annalise Kempen, bedank vir die gebruik van skêrsnitte uit die Servamus en vir enkele afdrukke uit Servamus. Sonder die ou Servamusse sou ons nie hierdie blog kon saamstel nie.
Ook wil ek vir Quarta Pretorius, destyds van Heilbron se museum, bedank. Enkele jare gelede het sy my afdrukke van koerantverslae en ‘n uitnodigingskaartjie laat kry. Die trappe van die monument op na die straat kom van hulle plaas. Haar broer was die argitek.
Die monument is op staatsgrond gebou en ons as lede van die Mag en die publiek het bygedra om die gedenkteken te laat oprig.
Oorname deur die SA Polisiediens (SAPS)
Op ‘n persoonlike vlak is ek baie vies dat ons SAP-gedenktekens deur die SA Polisiediens (SAPS) oorgeneem is.
Ons kenteken is verwyder en met die SAPS-kenteken vervang. Die SAP gedenk sy gevalle helde van 1913 tot 1995. Toe kom die SAPS en neem oor – daar is geen voorsiening getref vir gevalle helde in die ander SA polisieagentskappe van 1910 tot 1995 nie, behalwe vir die SAP.
Dit sou mos veel beter gewees het as die SAPS sy eie gedenkteken opgerig het – ons praat hier van die sogenaamde “apartheid-polisie” se monument wat deur die “nuwe” demokratiese SAPS oorgeneem is – ‘n monument onthul deur hul aartsvyand, mnr PW Botha! Die geskiedenis bly maar ironies.
Die Afrikaner het destyds met my hieroor gesels.
De Wet Potgieter het my ook eendag kom spreek vir ‘n artikel in Maroela Media. Ek het De Wet gaan wys hoe ons kenteken afgehaal is en met die SAPS-kenteken vervang is.
Die geskiedenis van SAP-gedenkteken: ‘n Foto-artikel
1982: Die ligging van die SAP-gedenkteken
1983: Hoeksteenlegging: Die SAP is 70-jaar oud
Foto: Hennie Heymans
Foto: Hennie Heymans
Die trappe: Geskenk deur die Els-familie
Mev Quarta Pretorius sit op die trappe wat van hul plaas kom. Sy is die suster van die argitek.
Verskaf deur Quarta Pretorius
Skêrsnit verskaf deur Quarta Pretorius
Skêrsnit verskaf deur Quarta Pretorius
Foto: Hennie Heymans
Foto: Hennie Heymans
Foto: Hennie Heymans
Fondsinsameling
1989: Spog met ons gedenkteken by kommissaris van die Koninklijke Marechaussee van Nederland
1989: Woon gedenkdiens by
Hennie en Petro Heymans woon die diens by.
1995: Van SAP- na SAPS-gedenkteken
2010: Genl MCW Geldenhuys besoek die gedenkteken
Foto: Hennie Heymans
Foto: Hennie Heymans
Foto: Hennie Heymans
Foto: Hennie Heymans