Nongqai Vol 17 No 9 – (17) Diamante: Chaos met staatsgeld in die wind
Excerpt
An undercover diamond‑buying operation at Okiep ends in a chaotic arrest when the suspect scatters state money in the wind.
Abstract (English)
This report recounts an undercover operation conducted by members of the Diamond and Gold Branch to apprehend a suspect involved in illegal diamond dealing near Okiep. The narrator, posing as a buyer, negotiated with the seller who presented both genuine and fake stones. When officers moved in to arrest him, the suspect attempted to flee and threw the cash into the air, causing a scramble to recover the notes in strong wind. All state funds were retrieved, the stones were found to be mostly fraudulent, and the suspect was successfully charged with fraud and illegal diamond trading.
Keywords (English)
undercover operation, illegal diamonds, Diamond and Gold Branch, Okiep, sting operation, arrest, fraud, uncut stones, police investigation
Diamante: Chaos met staatsgeld in die wind
Skallie van Skalkwyk,
My naam is Skallie van Skalkwyk, ek was gestasioneer te Diamant en Goudtak Kaapstad.

Wessel Moolman van Diamant en Goudtak Springbok het my gevra om te help met ’n saak van onwettige diamanthandel. Ek moes optree as die koper van die onwettige diamante.
Die beplanning vooraf was as volg:
Transaksie sal plaasvind tussen die mynhope by Okiep. Ek tree op as die koper. Die persoon wie die inligting gegee het van die onwettige diamante (beriggewer) sal my voorstel aan die verkoper tussen die mynhope by Okiep. Wessel sal in die kattebak van die motor lê en sodra die teken kom, sal hy die arrestasie uitvoer. Die teken was dat sodra die transaksie afgehandel is en daar op ’n prys ooreengekom is, sal ek die diamante aan die beriggewer oorhandig, en oorhandig ook die motorsleutels aan hom, en hy gaan sit dan die diamante agter in die kattebak van die motor. Dan sal Wessel kom en die arrestasie uitvoer.
Ons het ook ’n aktetas by ons gehad met R12 000.00 kontant (staatsgeld) in R50-note. Ek het die beriggewer gewaarsku om nie die tas op te tel nie. Die tas was een van die wat, as hy oop en geknip is en jy tel hom op aan sy handvatsel, skop hy sewe soorte blitssemstrale uit.
By die mynhope gekom het ons die verkoper daar aangetref. Daar het ’n sterk wind gewaai wat van voor van die motor na agter gewaai het. Hy het voor by my in die motor geklim en die beriggewer het agter ingeklim. Ná ons gesels het, het hy hom gevra om my die diamante te wys wat hy het. Hy het ’n klein botteltjie gevat en dit aan my oorhandig.
Hy het agter oorgeleun na die agtersitplek sonder om sy hande uit te haal en toe het hy gesê dat ek geld het en dat ek groter diamante soek. Hy het toe ’n pil-botteltjie uit sy sak gehaal waarin volgens hom regte ongeslypte diamante was wat heelwat groter was as die een wat hy eerste gegee het. Hy het my belowe dat dit egte ongeslypte diamante was. Daar was plus minus 10 stene in die botteltjie. Ons het ooreengekom op ’n prys.
Ek het ’n pak R50-note aan hom oorhandig en hom gesê om solank dit te tel. Op sy beurt het hy die botteltjie met die stene aan my gegee. Ek het die botteltjie met stene aan die beriggewer oorhandig met die motorsleutels en hom gevra om dit in die kattebak van die motor te bêre, sodat Wessel kan uitklim om die verkoper te kan arresteer.
Hy het uitgeklim en kort daarna teruggekeer en gesê hy kry nie die kattebak oop nie. Ek het die sleutel en die botteltjie by hom geneem, uitgeklim en die kattebak oopgesluit. Toe Wessel uitklim, spring die verkoper uit die motor en gooi die pak R50-note in die lug op en begin hardloop voor om die motor. Die sterk wind skep van die note en begin dit wegwaai.

Gelukkig kon ons gou die verkoper arresteer en begin toe die note bymekaar maak. Een van die note is ver agter toe gewaai en in ’n laagte in. Toe ek op die rand van die laagte kom, sien ek die wind waai die noot reguit na ’n man wat staan met ’n groot glimlag op sy gesig die noot inwag. Toe hy die noot kry, vlieg hy om en hardloop na ’n motor daar naby. Die motor het vinnig weggejaag met hom. Ek het die noot gekry. Die geld is getel en alles is teruggekry.
Die stene in die botteltjie was almal slenters; net die klein steentjie was ’n egte diamant. Die verkoper was aangekla en skuldig bevind op klagtes van bedrog en onwettige diamanthandel.
