MEV. HESTER FOUCHE, DIE EERSTE VROU AS VOLWAARDIGE RESERVIS INGELYF
Sarie van Niekerk
Via kol. JJ Dieks Dietrichsen
Die oomblik waarop honderde vroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens jare lank gewag het, het uiteindelik aangebreek toe die eerste vroulike reservis as volwaardige reservis in Pretoria by die polisie hoofkantoor ingesweer is.
Mev. Hester Fouche is deur haar man, kapt. Willie Fouche van die polisie op Rustenburg, ingesweer. Hiermee het Rustenburg ook weer ‘n bietjie geskiedenis gemaak deurdat hierdie besonderse vrou op Rustenburg woon en werk en reeds lid van die reserviste is.
‘n Baie opgewonde Fouche het na die seremonie gesê dat sy al lankal besluit het om aan te sluit nadat die minister van polisie, mnr. Louis lê Grange in Julie die vorige jaar aangekondig het dat die polisie moontlik ook van vroulike reserviste gebruik gaan maak.
“As daar ‘n noodtoestand is sal ek noodwendig weet, as gevolg van die opleiding wat ek gaan ontvang, wat om te doen.”
Mev. Hester Fouche
Brig. Duveen Botha, die voormalige hoof van die vrouepolisie, het tydens die plegtigheid gesê sy vertrou dat die vroue wat die onbaatsugtige diens wil lewer dit met oorgawe en die regte gesindheidheid sal doen.
Mev. Hester Fouche, die eerste vrou in die land wat as volwaardige lid van die reserviste ingesweer is, saam met haar haar man, kapt. Willie Fouche wat haar ingesweer het.
Nota: Hierdie is ‘n ou koerant artikel ontvang van brig. JJ Diederichsen. Ek het nie verdere besonderhede of datums van die gebeure nie. – Sarie van Niekerk.