Genl G Kamffer: Nongqai Vol 17 No

GERHARD KAMFFER

15 Julie 1954 tot 10 Mei 2026

Via kol William Marshall

May be an image of text

Gerhard Kamffer is op Balfour in Mpumalanga gebore en het ook sy skoolloopbaan daar voltooi. Hy het aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. sy BA-graad met hoofvakke Geskiedenis en Noord-Sotho in 1976 behaal. Hy dien ook in 1977 op die Studenteraad van die PUK. Na sy vader se skielike dood begin hy in 1979 boer op die familieplaas Rustfontein naby Balfour met mielies en vleisbeeste. Tydens die tydperk op die plaas studeer hy verder en in 1998 voltooi hy sy doktorsgraad in Geskiedenis aan dieselfde universiteit met onderwerp: Die Geheime Diens in die ZAR (1894-1900).

Intussen is hy in 1989 aangestel as Bevelvoerder van Heidelberg Kommando ‘n pos wat hy tot in 1998 beklee het. Hierna is hy bevorder tot die rang van Kolonel en aangestel as ‘n Senior Stafoffisier in die Reserwemag te Leërhoofkwartier in Pretoria. In 2000 terwyl hy nog boer voltooi hy die Senior Stafdienskursus by die Leërkollege in Pretoria en in 2006 word hy bevorder na die rang van Brigadier-Generaal. Hy was van 2017 tot 2021 die Direkteur Reserwe Magte te Leërhoofkwartier in Pretoria. In 2022 word die hoogste meriete medalje in die SA Nasionale Weermag, die Protea Goud (PG) aan hom toegeken.

Hy is in 1977 getroud met Ina, ‘n onderwyseres, en hulle het drie seuns Hendrik , Emile en Gerhard. Hy en sy gesin woon sedert 2002 in Pretoria.

Gerhard Kamffer is ook ‘n bekende filatelis en is in 1998 genooi om die Ererol van Uitgelese Filateliste in Suid-Afrika, ingestel in 1932, te teken. Verskeie van sy versamelings is met Goue-medaljes op Nasionale en Internasionale seëluitstallings bekroon.

Gerhard was ook die skrywer van die prag boek: Die Geskiedenis van die Kommando’s – 1715 tot 2003.

Gerhard was ook die brein en dryfkrag agter die uitstalling in die Kommando-Saal as deel van die Pro Patria Museum se uitstalling.

Sy Kommando-boek

Die Kommando-Saal te Pro Patria Museum.