SUID-AFRIKAANSE POLISIE

GENERAALSKLUB

C:\Users\Johan Ferreira\Desktop\Generaalsklubwapen02.jpg

AFSTERWE: LT.GENL. NICO SLABBER

Lt.genl. Nico Slabber

Namens die lede van die Suid-Afrikaanse Polisie Generaalsklub, betuig ons ons innige meegevoel met die afsterwe van ‘n ou vriend, ‘n held en ‘n kollega, luitenant-generaal Nico Slabber.

Ofskoon ons mekaar eers onlangs leer het, het ons dadelik ‘n goeie en hartlike WhatsApp band met mekaar gesmee. Hy het ook gereeld telefonies met my in aanraking getree (gewoonlik laat in die aande as ek al in die bed is!) dan het hy land en sand gesels oor allerhande dinge en altyd ons gesprek met ‘n grappie beëindig.

Nico het nie geskroom om sy Christelike geloof met ons te deel nie, en dit was duidelik dat hy die Bybel uit die palm van sy hand geken het. Hy kon met gesag kommentaar lewer op die weeklikse boodskappe wat dr. Casper Krüger op ons WhatsApp groep geplaas het.

Hy het my vertel van Monica se verblyf in ‘n versorgingsoord in George en dat hy alleen in Somerstrand bly. Te midde van al sy geselsery en grappies kon ek agterkom dat hy baie eensaam is en vir Monica mis. Hy was besig was om hulle huis reg te maak om dit te verkoop, sodat hy naby Monica kan wees. Dit was hom, helaas nie beskore nie en dit was met ‘n groot skok dat ons vanoggend (17 Junie 2025) verneem het van sy skielike dood.

Ons betuig graag ons innige meegevoel aan sy vrou, Monica, sy kinders en kleinkinders en sy familie. Mag die Here jul in hierdie moeilike tyd in die holte van sy hand vashou en troos.

Ons salueer ‘n kollega en vriend.

Johan Ferreira (lt.genl. Afgetree)

'n Foto wat skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.