Nongqai Vol 17 No 8 – Voertsek!
VOERTSEK
Sophia Kapp
Met toestemming van Sophia Kapp haal ek haar soos volg aan:
Ek deel daagliks iets wat ek oor die jare (meestal deur skade en/of skande) oor teksredaksie/vertaling/Afrikaans/Engels geleer het.
Volg my blad as dit vir jou interessant is, en gee ‘n duimpie en deel.

Kommentaar deur Hennie Heymans
Gedurende die 1980’s was ek skakeloffisier met SNASP – kortweg gestel die veiligheidspolisie van Mosambiek. Wedersydse besoeke tussen ons het plaas gevind. Eendag in Maputo braai ek en die lede vleis. Die polisieman was van Portugese afkoms. Toe sy hond aan die vleis wou ruik, toe skree hy daar in Maputo: “Voertsek”. Ek het hom toe attent gemaak dat hy Afrikaans “praat” deur die woord voertsek te gebruik.
Ons polisiemanne het die woord ook baie gehoor wanneer mense vol lawaaiwater is en die rus verstoor.
Gister vertel ek die storie vir omroeper Martin Jansen en hy vertel toe op sy beurt, hy het hy Mauritius besoek en daar het ‘n Swartman ook “voertsek vir ‘n hond geskree.
Ek wonder of die woord ook in Namibië, Botswana en Zimbabwe gehoor word?
