ROR Remembers
Abstract (English)
On 11 January 2026, former members of Regiment Oranjerivier (ROR) gathered at the NG Church in Melkbosstrand for a wreath‑laying ceremony commemorating the regiment’s involvement in Operation Savannah fifty years earlier. Led by former Honorary Colonel A.P. Stemmet, with support from Lt H.O. de Waal and RSM Karel Minnie, the event honoured the regiment’s fallen—particularly the single cavalryman lost during the operation. The ceremony drew strong attendance, including veterans who had served in Savannah and members who travelled long distances to be present. The church community, under the guidance of Rev Louw, offered warm hospitality. Participants expressed a desire to revitalise the Armour Corps Association in the Western Cape as a space for veterans to reconnect and preserve shared memories. The occasion evoked pride, reflection, and a deep sense of remembrance among all who attended.
ANGOLA 50 JAAR: ROR ONTHOU SY GESNEUWELDES
W Rall
Op Sondag 11 Januarie 2026 het oud-lede van Regiment Oranjerivier ‘n kranslegging by die NG Kerk Melkbosstrand gehou om die regiment se betrokkenheid by Operasie Savannah, 50 jaar gelede, te herdenk.
Oud Ere-kolonel AP Stemmet was die dryfveer agter hierdie besondere geleentheid, ondersteun deur Lt HO de Waal en RSM Karel Minnie. Die reëlings was puik en het alle oud-pantserlede trots gemaak. Kol Stemmet het die krans gelê, waarna lede wat die behoefte gehad het, ook blomme by die gedenkmuur van die kerk kon neerlê. Die kranslegging is afgesluit met tee en verversings – ons dank aan Ricky Minnie vir haar reëlings.
Die leraar van die gemeente, Ds Louw, het die lede welkom Iaat voel. Daar was ‘n goeie opkoms – onder andere 4 lede wat saam aan Operasie Savannah deelgeneem het. Oud ROR-lede het ver gereis – James Stone en sy 2 seuns vanaf Springbok in die Noord-Kaap en Marius de Witt vanaf Caledon.
Gedurende hierdie operasie het die Regiment een kavalleris verloor. Die kranslegging was ter ere van alle oud-lede wat die hoogste prys betaal het gedurende diens gelewer aan die Republiek.
Die lede teenwoordig het hul behoefte uitgespreek om die Pantserbond in die Wes-Kaap aktief te kry waar pantserlede hul herinneringe kan laat herleef.
Dit was voorwaar ‘n geleentheid wat almal teenwoordig, trots laat voel het en met heimwee terug laat dink het.
WE WILL REMEMBER THEM.
W Rall


Vier veterane uit Angola. Vlnr Nico Burger, AP Stemmet, Henri Helmuth en prof WP Pienaar
