RAAISELAGTIGE KRUGERSDORP-TONNEL DIEFSTAL

Krugersdorp-tonnel diefstal April 1977 en soortgelyke misdaad in Germiston

Sarie van Niekerk.

'n Foto wat goud bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat persoon, klere, muur, binnenshuis bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Gedurende die vier dae lange Paasnaweek van 1977, wat gestrek het van 1 April tot 4

April, het daar ‘n rooftog by die Standard Bank op Krugersdorp plaasgevind. Die vermeende kriminele het toegang tot die bank se kluis verkry deur ‘n tonnel onder deur die gebou te grawe. Meer as R400 000 (met ‘n huidige waarde van meer as R19,4 miljoen) is gedurende die vier dae uit die kluis deur die steeds onbekende rowers gebuit. Vandag, 48 jaar later is die diefstal steeds onopgelos en geen inhegtenisnemings is ooit gedoen nie.

Was die onlangse soortgelyke voorval in Germiston, by ‘n bank, regtig net toevallig of is daar nie dalk meer te lees agter hierdie diefstal voorvalle bykans 50 jaar na mekaar?

Die destydse tonnel op Krugersdorp is vanuit ‘n ongebruikte gebou, waar daar eens op ‘n tyd ‘n bank was, langs die bank tot in die Absa-bank gegrawe. Die gebou was volgens inligting van die eienaars van die gebou deur mnr Nightingale gehuur. Met die ondertekening van die huurooreenkoms het mnr. Nightingale aangedui dat hy dit wil inrig om as ‘n foto studio te gebruik. Ondersoek wat na die rooftog gedoen is het aangedui dat al die inligting wat verskaf is, egter vals was. Die residensiële adres wat aan die eienaar van die winkel verskaf is, was ook vals. Die adres wat gebruik is was ‘n adres in Linden, Johannesburg. Die persoon wat daar gewoon het is egter na deeglike ondersoek deur die polisie as verdagte uitgeskakel. Al die vensters van die winkel was met koerant papier toegeplak.

‘n Tonnel van 35m (115 vt.) lank is toe in die vloer van die leë gebou gegrawe. Die tonnel het onder vier winkels deurgeloop om by die bank uit te kom. Die grond wat uitgegrawe is, is in verskeie sakke van 20kg (44lb) gegooi en in ‘n instap kluis, in die agterste deel van die perseel gepak. Die werk aan die tonnel, om dit uit te grawe, is gedurende. die nag gedoen. Die koerant papier waarmee die vensters toegeplak is, is toe ook intussen vervang met bruin papier om dit te laat lyk asof nuwe mense besig is om die winkel gereed te kry vir die opening daarvan. Daar was steeds geen aanduiding van watse onderneming dit sou wees nie. Almal wat dit gesien het, het aanvaar daar gaan ‘n nuwe winkel oopmaak en niemand was enigsins agterdogtig nie. Om die tonnel te verberg is dit op ‘n baie slim manier versteek deur ‘n valdeur in die vloer.

Die oortreders het hout pale as stutte gebruik om die tonnel te stabiliseer om te voorkom dat die tonnel inmekaar sak. Dit het die rowers drie maande geneem om die tonnel te voltooi. Toe hulle eindelik in die bank was, het hulle ‘n gat in die muur gebreek en die geld kluis van die bank met ‘n oksiasetileen vlam oop gebrand. Gedurende die daaropvolgende ondersoek, is daar bewyse gevind dat die kluis as ‘n “kombuis” gebruik is want daar waas aanduidings dat hulle daar kos voorberei het.

Die bank se alarmstelsel wat deur beweging geaktiveer laat afgaan het, was afgeskakel as gevolg van die gebruik van kompressors wat by ‘n naby geleë bouterrein gebruik is. Die roof is eers die dag na die Dinsdagoggend na die langnaweek ontdek, toe die persone weer begin werk het.

Die diewe het weggekom met kontant, reisigers tjeks juweliersware in veiligheids deposito kassies. Die Engelse koerant, The Star het jare na die roof in ‘n artikel wat weer die gebeure van daardie Paasnaweek in herinnering geroep het, geskryf dat die diefstal in werklikheid het ongeveer R1 miljoen beloop het. Hul buit het ook ‘n aantal goudmunte vanuit die dae van die ou Zuid-Afrikaanse Republiek gedateer het. Hierdie artikel het in 2013 verskyn. In 2018 is daar bevind dat die waarde van hul buit, bereken teen die waarde van die wisselkoers en juweliersware sowat R49 miljoen beloop het.

Die ondersoek na die diefstal is onmiddellik aan brig. J.F. Roos van Pretoria gegee. Hy het vir hom ‘n span speurders saamgestel en daar is begin om “identikits” van die waaghalsige diewe saam te stel. Hierdie “identikits” is saamgestel deur onderhoude met ooggetuies wat aan die polisie gesê het dat hulle die verdagtes in die naweek waarin die diefstal gepleeg is daar sien rondbeweeg het met werksoorpakke (overalls) aan.

Waarvan die “tonnelrotte” egter salig onbewus was terwyl hulle na die rooftog die R170 000 note, R243 000 in reistjeks, juwele e die kosbare goue munte– waarvan sommige uit die tyd van die ZAR van pres. Paul Kruger tel – is dat hul gewaagde diefstal byna reg in die begin gestrand het. Mev. C. Leask, ‘n klerk by ‘n reisburo oorkant die winkel waarvandaan die astrante diewe hul tonnel gegrawe het, het vroeg in Februarie 1977 by die geheimsinnige winkel ingeloer en ‘n hoop grond en opgekapte vloerteëls daarbinne sien lê. Sy het, gelukkig vir hulle, gedink die huurders is besig om die winkel op te knap om te voldoen aan hulle behoeftes.

Daar is nooit enige leidrade gevind wat opgevolg kon word nie. Daar is nooit tot enige gevolgtrekkings gekom van wie die vermeende diewe was nie. Geen arrestasies is ooit gemaak nie, die saak is vandag steeds onopgelos.

Redakteur:- Kan dit regtig net toevallig wees dat twee misdaadtonele so presies eenders lyk en twee diefstal voorvalle so presies eenders uitgevoer word en dit 29 jaar uitmekaar. Het ons hier te doen met twee familie diefstalle of wat gaan hier aan? Onthou in die geval van die beroemde Krugersdorptonnel-diefstal is daar nog nooit enigiemand in hegtenis geneem nie. Het iemand het ‘n deeglike studie gemaak van die Krugersdorp tonneldiefstal voordat hulle die Germiston tonneldiefstal aangepak het. Is dit ook toevallig dat in beide gevalle dit banke is wat op hierdie wyse beroof is?

Die koerantberig hieronder is ‘n artikel wat Koos Marais en Tim du Plessis, kort na die voorval in Rapport geskryf het.

TONNEL DIEFSTAL GERMISTON BY FIRST NATIONAL BANK. 22 APRIL 2025.

En toe, teen die einde April vanjaar, om presies te wees, 24 April 2025 sluk veral die ouer joernaliste behoorlik hulle asems toe die polisie April ‘n misdaad berig deurgee dat daar ‘n tonnel diefstal ontdek is in Germiston. Almal spring behoorlik regop. Dit is tog seker nie moontlik nie. Die berig lees verder dat dit by die Eerste Nasionale Bank in Victoriastraat, Germiston, in Ekurhuleni gebeur het.

Kan dit moontlik wees!

Die onderstaande is die berig soos die polisie dit deurgegee het.

ROBBERS BREAK INTO BANK VIA A TUNNEL: GERMISTON.

They used grinders to open safes and made off with cash. CCTV cameras and alarm was deactivated.

First National Bank, Germiston Branch Targeted in Elaborate Break-In

Germiston, Ekurhuleni – on the April 22, 2025 – A daring bank robbery has left authorities confused after perpetrator digged a tunnel on their way into the First National Bank branch on Victoria Street in Germiston Ekurhuleni. The incident was discovered yesterday morning at approximately 06:00, suggests meticulous planning and a sophisticated understanding of security systems.

The Germiston police, led by Warrant Officer Sehlangu, along with forensic investigators, descended on the scene after the break-in was reported. The initial investigation revealed a complex operation that originated within a neighbouring Nedbank premises. Cleverly concealing their entry point, the suspects damaged the floor of the Nedbank building, creating a tunnel that led directly to the First National Bank branch.

Once inside First National Bank, the perpetrators exhibited a calculated approach. Their priority was disabling the bank’s sophisticated security measures. They systematically damaged the alarm system and stripped off the movement-activated cameras, effectively blinding the establishment.

The thieves then breached a rhino board wall separating the main area from the vault, where they targeted three safes. Employing powerful grinders, they successfully cut open two of the safes, making off with an undisclosed amount of cash. They attempted to breach a third safe but were unsuccessful, leaving only damage in their wake.

According to preliminary investigations, the suspects made their escape via the same tunnel they used to enter, exiting through the Nedbank premises. The entire operation points to a well-coordinated effort, and authorities are currently working to determine the number of individuals involved.

“This was a highly organized operation,” stated Warrant Officer Sehlangu at the scene. “The level of planning and execution indicates a significant amount of premeditation. We are thoroughly investigating all leads and are confident that we will bring those responsible to justice.”

Fortunately, no injuries were reported because of the break-in. However, the incident has sparked concern amongst residents and business owners.

As of this report, no arrests have been made. The Germiston police are urging anyone with information related to the incident to come forward and assist with the investigation.

The stolen cash remains unrecovered, and the team is working diligently to piece together the puzzle of this audacious bank robbery. The investigation is ongoing.

Germiston se tonnel wat die vermeende diewe tussen twee geboue gegrawe en toe daar deur van een gebou na ‘n ander gekruip het. Nou wel nie so gesofistikeer soos die Krugersdorp tonnel-diefstal nie, maar beslis dieselfde idee.

Redakteur: Nongqai Vroue/Female:

Nou toe nou! Is dit nou regtig toevallig of het die vermeende rowers dal bietjie gedelf in Suid-Afrika se misdaad argiewe en deeglik hulle werk gedoen?

Besluit vir julle self!!

'n Foto wat teks, video bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.