POLICE CAMELS IN SOUTHERN AFRICA

'n Foto wat teks bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Abstract

A photo-article on the use of camels by the Security Forces in German Southwest Africa, Southwest-African and South Africa (mainly the Kalahari.)

POLISIEKAMELE IN SUIDELIKE AFRIA

Brig HB Heymans (SAP – afgetree)

'n Foto wat persoon, klere, person, pak bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

“Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan” – Markus 10:25 Afr 1933/1953.

Inleiding

Ek het my foto’s van Upington her-ontdek. Die kameel-standbeeld voor die polisiestasie te Upington het baie herinneringe losgemaak. Ek het toe sommer weer liries geraak oor die dromedarisse van die woestyn! Ek het gevoel ek wil weer die foto’s met ons lesers deel!

Na aanleiding van die kameelstandbeeld se foto’s het ek graag ‘n kort foto-artikel vanuit ‘n kultuur-historiese perspektief, betreffende die aanwending van kamele deur die verskillende polisiemagte in Suider-Afrika, saamgestel. Ons plaas dus ‘n kort oorsigtelike artikel omdat ons in die verlede in die Nongqai-tydskrif per se vele artikels oor polisie-kamele geplaas het.

Dr Henry Abbott het te SAP Witdraai in die Kalahari groot geword. Sy Vader genl-maj was op sy dag die stasiebevelvoerder aldaar en dit was ‘n kameelteelstasie.

Klein Henry Abbott voor in die middel saam met sy gesinslede.

Dr Henry Abbott het ook ‘n boek ter ere van polisie-kamele saamgestel – ek plaas elders die voor- en agterblad van sy boek.

Die aanwending kamele was werklikheid in die Suid-Afrikaanse Polisie. Ek het in die 1970’s saam met ou kameel-manne gewerk en dit was ‘n lus om na hul stories oor kamele te luister.

Kyk bietjie hoe lyk die wêreld in die Kalahari waar kamele aangewend was:

Die polisie-kamp te Obobogoro (Kiebiekiegora): Foto Dr Abbott.

Obobogorap = Ligging: trek ‘n vertikale lyn van Noenieput na Rietfontein aan die RSA kant van die Suid-Wes-grens. Trek nou ‘n horisontale lyn vanaf Witdraai/Andriesvale na die Suidwesgrens deur Inkbospan. Obobogorap is omtrent waar die twee lyne kruis, naby Abeamsvlei.  SAP manne het sommer maklik gepraat van Klein-bietjie-boggerop as hulle ontevrede raak! – Dr Abbott

SAP Upington: Kameelstandbeeld

Land eendag by Upington se polisiestasie en neem die volgende foto’s van die polisiekameelstandbeeld wat deur brig Buks van Staden geskep is. Aangesien mens nie elke dag op Upington kom nie, plaas ek graag die twee foto’s vir ons nuwe lesers.

'n Foto wat gebou, buite, beeldhouwerk, soogdier bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat buite, grond, lug, gebou bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Die simboliek van die ruiter en sy kameel verteenwoordig die “harde swaarkry-dae” van patrollie in die woestyn – bedags baie warm en snags bitter koud – en in die droë noord-westelike dele van ons land.

Een helder wolklose nag in die Namib-, onder die helder sterreprag, met smaak vertel kaptein Schlegter – destyds van Walvisbaai – vir my van sy woestynpatrollies in die 1950’s. Die eerste ding wat hulle gedoen het was om ‘n bok te skiet sodat hulle kos op patrollie het. (Daar is nie winkels in die woestyn nie en die manne het nie die kamp geriewe gehad wat ons vandag het nie.) Die eerste nag het hulle vuur gemaak en die lewer en niertjies oor die kole gebraai.

As “stadspolisieman” het ek baie gewonder waarom die Duitse-polisie in SWA, die SWAP en die SAP die geweldige koste en moeite aangegaan het om die onherbergsame dele van ons land te patrolleer? – was dit om die vlag te wys, die polisie na die mense te bring, diamant smokkelaars te vang – wie sal weet wat die eintlike motivering was?

Die drie “D”’s

Hierdie pioniers en baanbrekers het dissipline, durf en deursettingsvermoë gehad. Hulle het nie helikopters en vierwiel-aangedrewe voertuie met GPS en kompasse met kaarte gehad nie! Hulle was werklik reuse! Later kon ons op hulle skouers staan.

Duits-Suidwes-Afrika

'n Foto wat teks, soogdier, kameel, perd bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Cape Mounted Police

'n Foto wat swaai, soogdier, buite bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat vervoer, skip, watervaartuig, teks bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat persoon, kameel, grond, buite bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Suidwes-Afrikaanse Polisie (SWAP)

Ek het eendag ‘n “ou” Nongqai in die hande gekry en onder andere ‘n foto van ‘n konstabel NJ Badenhorst onder oë gehad. Wyle genl “Witkop” Badenhorst van die SA Weermag het aan my bevestig dat dit sy Vader is en hy het my sy fotoalbums gegee om die foto’s te skandeer.

Eerste ‘n foto genl Badenhorst se Vader, konst NJ Badenhorst, en dan foto’s van konstabel Badenhorst op kameel-patrollie. Die manne het werklik saans die Nongqai gelees – een lê op ‘n kampbedjie. (Ek beoog om later ‘n spesiale uitgawe van die Nongqai oor konst Badenhorst die lig te laat sien.)

'n Foto wat klere, persoon, hoed, dra bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat buite, lug, groep, persoon bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat klere, buite, wiel, gebou bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat buite, klere, grond, person bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat buite, person, klere, grond bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat buite, grond, boom, lug bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat kameel, buite, lug, grond bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Die foto’s was klein en baie oud! (‘n Swak foto is beter as geen foto!)

SUID-AFRIKAANSE POLISIE

Tydens die 1914 – 1918 Rebellie het die SA Polisie ook kamele aangewend in ‘n poging om die bekende Boere-generaal, CR de Wet, aan te keer:

'n Foto wat tekening, teks, soogdier bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat buite, grond, kameel, persoon bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Hierdie foto van ‘n SAP-kameel kom uit die versameling van kol Fred Verster – sy seun, luit-genl HV Verster het vir my die foto geleen om te skandeer.

Die SAP in Suidwes se logo in die Nongqai

1933: Kamele in die SAP: Kameelsaals

  • 'n Foto wat teks, boek, papier bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat teks, soogdier, koerant, kameel bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

SAR & H MAGAZINE: 1933

'n Foto wat teks, koerant, perd bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat teks, koerant, soogdier, perd bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees. 'n Foto wat teks, koerant, perd, soogdier bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat perd, tekening, soogdier, skildery bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

1946: Getalsterkte kamele in diens van die SAP

'n Foto wat teks, dokument, nommer, kwitansie bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Boek: ‘WITDRAAI CENTENARY ALBUM 1907 – 2007: Dr Henry Abbot & Cobus van Zyl

'n Foto wat teks, boek, buite bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.