INSPECTIONS
Inspeksies in die Polisie
Brig HB Heymans
1880 Natal Mounted Police
Natal Police (1894 – 1913)
1913 – 1994: Suid-Afrikaanse Polisie
Inspeksies 1950 -1960
Beredemanne (Toevallig is die man op die foto my troepsersant, sers H Tulleken, van 1964).
Voetmanne
SAP- Inspeksies 1990
Inspeksies
Die SAP het deeglik van inspeksies gebruik gemaak om foute te herstel, indiensopleiding te doen en gebreekte of verslete toerusting te vervang.
Ons as konstabels (1960’s) moes ook met ons Staande Orders en ander boeke parade inspeksie “staan”.
Alle werk op die stasie, asook die stasie self en die terrein, is daagliks inspekteer met inbegrip van dossiere. Elke dossier is dan weekliks en maandeliks geïnspekteer. Stasies is deur die distriks-offisiere geïnspekteer. Die distriks-kommissaris moes ook elke stasie minstens een per jaar inspekteer. Die DK moes lykshuise in sy distrik elke week besoek.
Tapkantiene, teeklubs en sportklub se “boeke” moes ook nagesien word en die staande voorskot. Alle voertuie, bande, voorraad moet beskikbaar en korrek wees.
Dan het die afdeling (of streek) ook gereeld inspeksies gedoen. Hoofkantoor (Inspektoraat), die kwartiermeester en die ouditeur-generaal het ook gereeld inspeksies gedoen. So het ander afdelings ook inspeksies gedoen bv BO Speurtak, BO Hondeskool, BO Veiligheidstak en BO Handelstak om ‘n paar voorbeelde te noem – ook plaaslike inspeksies uitgevoer.
Sekere dossiere soos bv moord-dossiere is een maal per jaar weer vorentoe gebring vir ondersoek en inspeksie.
Vandag sal u verbaas wees dat ek aangespreek is omdat ‘n polisieman nie die stempel op die voorgeskrewe plek op die Erkenning van Skuld kwitansie gestempel het nie!
Die kommissaris as hoof-rekenpligtige is goed bystaan van grondvlak tot by hoofkantoor.
Kommentaar
Enige kommentaar sal welkom wees.
KOMMENTAAR
* Wat my verbaas het van hierdie artikel, is dat die tipe parade-inspeksies – die uitlê van persoonlike uitrusting – al in die 1800’s gedoen was. Ek was onder die indruk dat dit iets was wat deur SAP begin was.
* Parade-inspeksies – veral – was destyds nogal ‘n belangrike funksie gewees. Effe meer hieroor ondertoe.
* Staatseiendom was amper gesien as ‘heilige goedere’, wat met die grootste respekte gehanteer en onderhou moes word.
* Dié kultuur was by mens soort van ingeprent en was dit deel van die polisiemanne se dissipline- kultuur van toendertyd.
* ‘n Handige indiens- opleidingsmodel was ook beskikbaar.
* Geen polisieman kon dum-dum patrone hê nie – al 50 patrone moet tydens inspeksie voorgelê word om moontlike wanaanwending te voorkom.
* Hierdie manier van doen het gesorg dat dinge by stasies en eenhede voortdurend reg gedoen word en, tweedens, dat rekenpligte bevelvoerders moes toesien Hoofkantoor se beleide andersins ook nagekom word.
* Omdat speurders vroeëre jare nie oral beskikbaar was nie, was stasies se uniform-ondersoekers se dossiere maandeliks nagesien, met ‘n hoë standaard dan ok só deur hulle gehandhaaf.
* So terloops: ek is onder die indruk dat hierdie gebruik (veral parade-inspeksies) in die SAPD intussen gestaak is – veral omdat stasies dersdae deur senior offisiere bestuur word. En dan veral omdat die stasiekommissaris, as rekenpligtige, sy eie begroting bestuur en dat alle staatseiendom nou deur die stasie se logistieke-afdeling hanteer word.
* Ek wonder dus of staatseiendom dan deesdae met dieselfde versigtigheid en respek gehanteer word? Ek dink voorbeeld nou aan vuurwapens wat deesdae so maklik uit polisiestasies wegraak.
Ten laaste – Die artikel self
* Eerstens, is dit met moeite aangepak en interessant saamgeflans – so omdat dit ‘versier’ is met ou foto’s en staande orders. Dít maak enige leesstuk net soveel meer interessant.
* Ek moet na 2 dinge verwys:
Eerstens: die ou 1800-fotos, wat ek in verwondering bekyk het. En dan was daar vir my weer ‘n klein bietjie nostalgie, in die sin dat ek kon terugdink aan die dae toe ekself inspeksie moes staan en toe later, as offisier, self inspeksies uitgevoer het.
Baie dankie, Fanie.