Nongqai Vol 17 No 8 – Magte: Letterkunde/poësie: ‘n Donker Wêreld

‘N DONKER WÊRELD

Sampie Blom

‘n Donker Wêreld

Die Veiligheidstak – intelligensie-eenheid het my geleer—

nie sag nie, nie stadig nie,

maar met koue hande en stil oë:

Hoe om dood te bring,

sonder geraas, sonder spyt,

soos ’n skadu wat kom en weer verdwyn.

Hoe om geheime te steel,

tussen fluisteringe en leuens,

waar waarheid lê soos ’n mes in die donker.

En die laaste les—

die een wat die diepste sny:

bewaar jou eie waarheid soos vuur in jou bors.

Moet nooit oorgee nie,

nie jou woorde, nie jou denke,

nie die stukkies van jou siel

wat niemand anders mag ken nie.

Want in ’n wêreld van skadu’s en stilte,

is dit nie net liggame wat val nie—

maar mense wat hulself verloor.

Sampie ©

AKA-Sampie se Koffiebeker Stories.