Nongqai vol 17 No 8 – Hondemanne: Tollie Vreugdenburg
GESOEK: LEDE VAN DIE HONDE-EENHEID
Kol Tollie Vreugdenburg

Goeie dag al die oud- en huidige Hondemanne .
Ek is oud-Kol Tollie Vreugdenburg, op pensioen na 43 jaar se werk. Ek het deel geword van ‘n klein film produksie-groep.

Ons het die nood in die Polisie raakgesien tov die Honde-eenhede.
Ons het ‘n voorstel (pitch) aan KYKnet se Filmfees gestuur om ‘n 13-episode minireeks te maak oor “working dogs” en veral die rol wat honde in die SAP en SAPD speel.
Ons voorstel is aanvaar en moet ons nou ‘n aanbieding by die Filmfees in Camps Bay in Augustus gaan maak.
Hopelik kry ons ‘n maatskappy wat die konsep gaan aanvaar en die mini-reeks gaan maak.
As gevolg van julle belangrike werk met die opleiding en gebruik van honde om misdaad op te los, wil ons julle graag deel maak van die produksie.
Vir daardie doel moet ons, tydens ons voorlegging, kan toon dat ons mense het wat deel gaan wees van die span.
As jy deel wil en kan wees van die projek, sal jy asb my laat weet. My besonderhede volg.
Op hierdie stadium kan ons nog niks onderneem tov vergoeding nie, maar hopelik sal dit deel uitmaak van ons eind begroting.
Asb, dit is belangrik dat jou bydrae bekend gemaak word aan die publiek.
Groete
Tollie Vreugdenburg
083 319 4947
Vreugdenburgt@gmail.com
