Nongqai Vol 17 No 8 – Genl Basie Smit

LT.GENL. BASIE SMIT

Deur lt-genl Johan Ferreira

Geagte vriende,

Ons ken almal vir lt.genl. SJJ “Basie” Smit en baie van ons het nog gedien toe hy ‘n leiersrol in verskeie hoedanighede in die SAP beklee het. Hy was op sy tyd een van die Mag se Ysters en het ook die SAP by die IPA (Internasionale Polisie Assosiasie) verteenwoordig.

Dié van ons wat onder hom gewerk het, sal hom onthou dat hy die pad reguit geloop het, en dat hy met groot agting bejeën is.

Ek het vandag ‘n versoek van genl. Chris Oosthuizen ontvang om vir genl. Basie en Lena in ons gebede te onthou. Chris en Adinda het nog gereeld kontak met Basie en Lena.

Volgens Chris het genl. Basie oor die tyd probleme met sy sig ontwikkel en dat hy nou heeltemal blind geword het. Dink ook aan Lena wat na genl. Basie omsien terwyl sy ook nie meer so sterk en gesond is nie.

Baie dankie

JH Ferreira