Nongqai Vol 17 No 7 – Maandbrief van die Kapelaan

MAANDBRIEF VAN DIE KAPELAAN

UIT DIE WOOD

PSALM 8

“As ek u hemel aanskou, die werk van vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het – wat is die mens dat U aan hom dink, die mensekind dat U hom besoek. U het hom ʼn weinig minder gemaak as ʼn goddelike wese” (53)

OORDENKING

Met die druk van ʼn knoppie kan ons wondere vermag. Manne op die maan laat loop. Selle kloon en atome split. Navorsing kan doen en ontdekkings kan maak. Wonderlik. Maar rondom ons vind groter wonders plaas. Wie kan ʼn roos gebied om te blom soos hy blom? ʼn Aalwyn sy blom gee en ʼn perske sy vrug gee. Wie kan die wind stuur waar hy wil? Wie kan die dou terughou?

Die geitjie en die leeu en die aap het organe soos die mens Bloed en longe en asem, maar die mens is hoër, uitsonderlik, want hy kan kultuur skep ʼn spreektaal ontwikkel en geloof hê. Dis die mens wat die opdrag het om die wêreld te onderhou te bewerk en te bewaar. Die mens is die kroon van die skepping. Die Psalmdigter sê van die mens “Skaars minder as die Engel om U troon.”

Daar moet dus ʼn hoër mag wees oor alles, wat ons God noem. Slegs God is so skeppings Almagtig.

GEBED

HERE Hoe is die skepping ‘n wonder God’s. Ek dank U dat ek, spikkel in die heelal, deel mag wees daarvan. Dat ek U mag ken en in U mag glo. Amen