Nongqai Vol 17 No 10 – (16) Potpourie: Oktober 2026
POTPOURIE: OKTOBER 2026
Hennie Heymans
Excerpt: Photo album: The history of a country and its people is closely interwoven with its uniformed services.
Tags: Wachthuis, Anglo Boer War, Monument for Horses during the Anglo Boer War, Durban Borough Police, South African Police, South African Police Service, South African Mounted Rifles, Durban City Police, Fox Street-siege, Zarps, Union Defence Force, South African Railways Police, South African Police Special Task Force, Water Police, Akpol, Mafeking, Durban Light Infantry, Luderitz, Gen Louis Botha, Pretoria Central,
Inleiding
Die geskiedenis van ’n land en sy mense is nou verweef met die uniformdienste. Daar is bykans geen gebeurtenis waarin die polisie nie op een of ander wyse betrokke was nie — hetsy voorkomend, om ’n voorval te verhoed, of ondersoekend, nadat dit plaasgevind het. Die magte verleen ook luister aan staatsgeleenthede: seremonies, begrafnisse, koninklike besoeke, openings van die parlement en soortgelyke optredes. Tydens rampe en allerlei teenspoed speel die magte ’n onmisbare rol. Gewoonlik is hulle oral aan diens: by lughawens, stasies en enige plek waar mense saamkom.
Wanneer ’n mens na ou foto’s kyk, word ons baie wys. Elke foto is ’n verhaal op sigself — ’n venster op hoe dinge eens was. Tog is daar ’n duidelike, deurlopende tema: ontwikkeling. Daar was geen stagnasie nie; die trek het altyd vorentoe gegaan.
My skoolonderwyser het altyd gesê: “Voor in die wapad brand ‘n lig!”
Vandag, helaas, is tekens van stagnasie wel sigbaar. Dit voel soms asof die lig aan die einde van die tonnel uitgebrand het… asof die ‘trek’ nie meer voortbeweeg nie.

Dis hoe die ouman lyk as hy so sukkel om te sien en hy die Potpouri saamstel.
Wachthuis

Ons begin die uitgawe by die oudste polisiekantoor in Suid-Afrika naamlik die Wachthuis. Wachthuis staan links van die pad. Die foto is in 1903 geneem.
Anglo Boere-Oorlog

‘n Britse Blokhuis langs die Pretoria-Pietersburg Spoorweg (PPS- PPR)

‘n Britse pantsertrein met gebuite NZASM-lokomotief naby Frederikstad.

Fietsers patrolleer die spoorlyn

Fietsers van die Britse gevegsmagte – waarskynlik Transvaal Light Infantry.

Britse Pantsertrein: His Majesty’s Armoured Train No 2

‘n Treinkaartjie van die Imperial Military Railways (IMR) van Pretoria na Durban R6-40 gedateer 6 April 1902.

Pres SJP Kruger op pad van Pretoria na Lourenço Marques. Die president sit in sy privaat rytuig.

‘n Britse Tommie in een van Pretoria se strate.

Melrose-huis waar die Vrede van Vereniging geteken was op 21 Mei 1902.

‘n Monument in Oos-Londen wat hulde bring aan die perde wat aan die Anglo Boere-oorlog deelgeneem het.
Hoeveel perde is tydens die ABO aangewend?
Die Britse Ryk het die grootste berede mag in sy geskiedenis saamgestel en perde uit 9 lande ingevoer — onder meer die VSA, Argentinië, Australië, Indië, Rusland en Europa. Volgens die beste beskikbare bronne:
- Britse perde in totaal: ± 488 000
- Muile: ± 150 000 (waarvan ± 51 399 gesterf het)
- Boerperde: Elke burger het sy eie perd gebring; die totale getal word op tienduisende geskat, maar is nie amptelik gedokumenteer nie.
Hoeveel het gevrek?
Die sterftesyfer was katastrofies:
- Britse perde: ± 326 073 dood (≈ 66.88%)
- Algemene sterftesyfer oor alle perde: ± 60%
- Boerperde: Aansienlik minder sterftes — hul Kaapse en Boerperd‑ponies was gehard, aangepas by die klimaat, en beter versorg deur agterryers.
Brandweer

1973 – Brandweerhoof Odendaal se begrafnisstoet beweeg deur die Geduld‑subweg op pad na die Springs‑begraafplaas. Bron: Springs – History of a Gold Town op Facebook
Cape Police

Polisiestasie in die Tafelbaaihawe naby die brandweerstasie daar is ook twee gevangenisse op die kaart.
DSWA

Duitse soldate laai perde af te Lüderitz tydens die eerste wêreldoorlog
Durban Gemeentelike-polisie en Durban Stadspolisie

Polisieman staan links

Die konstabel met helmet staan onder links

Gemeentelike-polisie in Durban: Twee kaalvoet konstabels. Durban het kenmerkende lamppale gehad met stad se wapen daarop.

‘n Konstabel en sy gesin in Durban ongeveer 1900.

‘n Sersant van die Durban Stadspolisie – hulle is was die oudste aaneenlopende polisiemag in Suid-Afrika en was as vredesbeamptes in die ou strafproseswet erken. (D Newcombe)

Mnr James Mills – senior offisier destydse Durban Stadspolisie: Adjunk Hoofkonstabel Operasies (Deputy Chief Constable: Operations).

Mnr James Mills – senior offisier destydse Durban Stadspolisie
Kimberley Goewermentsgeboue
Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad (SSVR)

Die skets is tydens lesings oor die nasionale veiligheidsbestuurstelsel vertoon. Lt‑genl. C.A. “Pop” Frazer het die teorie gepropageer dat ’n aanslag slegs afgeweer kan word wanneer die hele staatsdiens betrokke is, omdat die bekamping daarvan vir 80% uit doeltreffende staatsadministrasie bestaan en slegs vir 20% uit die optrede van die veiligheidsmagte.
Tydens die lesings is beklemtoon dat ons alles in die stryd moet werp om uitstekende staatsadministrasie te verseker, sodat ons ons doel en doelstellings met verantwoordelikheid en volhoubaarheid kan bereik.
Suid-Afrikaanse Berede Skutters (SABS / SAMR)

Van 1913 tot 1926 was daar twee polisiemagte in die Unie van Suid-Afrika – die SA Berede Skutters en die gewone SA Polisie. Die SABS het hoofsaaklik in die swart gebiede gewerk (soos bv in die Transkei) en die SAP in die res van die land. Die SABS het dus uit soldate en polisiemanne bestaan.

Die SABS te Vereeniging – Deon van Niekerk het ‘n ou foto vir ons gestuur en dis verbeter met KI.

Suid-Afrikaanse Polisie (SAP)

Hoofkonstabel tot majoor se vergulde petwapen met die ou spelwyse: “Suid Afrikaanse Poliesie”.

Die ou Pretoria‑Sentraal is aanvanklik deur die Transvaal Police gebruik en vanaf 1913 deur die Suid‑Afrikaanse Polisie. Die historiese gebou is later gesloop, waarna ’n nuwe polisiekompleks op die hoek van Bosman‑ en Pretoriusstrate opgerig is. (Ongelukkig is navorsing in die argief by die SAPS‑museum tans nie moontlik nie.)
Kommandant Jopie Fourie is in die gimnasium tydens ’n krygsraad‑te‑velde, gelei deur die kommissaris van polisie, kol. Sir T.G. Truter, ter dood veroordeel. Hy is vervolgens in die Pretoria‑sentrale gevangenis gefusilleer vir sy deelname aan die 1914‑Rebellie.
Dit kan vermeld word dat manne onder bevel van kmdt. Fourie lede van die SAP en die SABS tydens die slag van Nooitgedacht gedood het. Dr. C. Louis Leipoldt, wat toe aan die SAP toegevoeg was, is in die verslag oor die slag eervol vermeld.

Die binneplein van Ou Pretoria-Sentraal
Puntdiens:

‘n Konstabel van die SA Polisie besig met puntdiens (verkeersbeheer) in Pretoriusstraat in Pretoria. Die polisie het voor die instelling van verkeerspolisie ook die verkeer in stede gereguleer.
Die sersant
Die sersant was een van die spilpunte in die dorp saam met die burgemeester, die dominee, die magistraat en die stasiemeester

1922:

Straattoneel tydens die “Red Revolt on the Rand”. Ná die onsuksesvolle mobilisering van blanke werkers het die kommuniste hulle tot die swart bevolking gewend.
Ná die Anglo‑Boereoorlog, met sy verskroeide‑aarde‑beleid, het talle verarmde Boere na die stede verhuis. Brandarm werkers — insluitende wit vroue in die naaldwerkberoep — is deur die beweging gemobiliseer. Tog het min Afrikaners hulle tot kommunisme gewend, hoofsaaklik weens die Afrikaner se diep godsdienstige ingesteldheid.
(Daar was wel bekende Afrikaners wat lid van die Kommunistiese Party was. Die vakbondwese was reeds vóór die Anglo‑Boereoorlog op die Rand gevestig; ’n mens dink hier aan figure soos Tom Andrews.)

In die SAP King’s Rest‑wyk moes ons om die hawe heen, deur die sentrale stad en dan via Puntweg reis om die veerboot na Wests te haal. Daar was geen padverbinding tussen Fynnlands en Wests nie; ’n mens kon slegs per boot of per trein daar kom. Ek het menige keer die veerboot gehaal wanneer ek na Wests moes gaan.
Die hotel het binne die SAP se regsgebied geval, terwyl die hawe en spoorweg‑eiendom deur die Spoorwegpolisie beheer is. Ons moes ook klagtes, insluitende moord, aan die hang van die Bluff bywoon.
Op die grens tussen die spoorweg‑eiendom en die Admiraliteitsgronde het ’n groot pyplyn geloop — alles aan die Bluff‑kant — en teen die berg het SAP King’s Rest se wyk begin. Ek het eenmaal ’n moordsaak daar bygewoon, waarna ’n hewige stryery tussen die speurders van die onderskeie magte ontstaan het: Het die moord wes van die pyplyn, of oos daarvan, plaasgevind?

Die Pietermaritzburg‑kantoor van die Natal Government Railways het in Loopstraat gestaan. Later — ek skat in die laat 1940’s — het die Suid‑Afrikaanse Polisie die gebou oorgeneem. Genl. Hennie de Witt was destyds ’n konstabel in die enkelkwartiere. Ek het eendag met hom gesels oor sy Pietermaritzburg‑dae, en hy het ’n paar interessante staaltjies vertel.
In die laat 1970’s, toe ek lid van die Veiligheidstak was, was ons kantore destyds in die ou enkelkwartiere gewees. Die distrikskommandant, die Veiligheidstak, die aanklagtekantoor en die distriksgeneesheer was almal in dieselfde gebou gehuisves.
1939 – 1945: SA Polisiebrigade

Twee broers saam in die Noorde – een ‘n offisier en die ander ‘n manskap.

1947: Koninklike besoek aan Suid-Afrika – die koninklike egpaar word deur die SA Polisie se koninklike eskort begelei. Genl Johann Coetzee – later kommissaris – was ‘n jong konstabel in die koninklike eskort.


Patrollies het ons gereeld in die tradisionele gebiede van Transkei en KwaZulu gebring. Ons het destyds deur die hoofman geskakel en navrae en ondersoek deur sy tussenkoms gedoen.

SAP Vereniging se kantore met rondawels as kaserne – hierdie foto was in die 1950’s geneem.

Die SAP in Londen, 1953 — tydens die kroning van Koningin Elizabeth II
In 1953 was lede van die Suid‑Afrikaanse Polisie-kontingent in Londen teenwoordig tydens die kroning van Koningin Elizabeth II. Die SAP‑afvaardiging het as deel van die Statebond se verteenwoordiging opgetree en het die geleentheid met waardigheid en professionele trots bygewoon. Dit was ’n tyd waarin die SAP nog sterk bande met die Britse tradisies gehandhaaf het, en die kroning het ’n besondere simboliese betekenis vir die destydse Suid‑Afrikaanse magte gedra. (In 1957 is die kroon verwyder van die SAP-kenteken).

Vir baie jare het lede van die SAP gratis gereis op Johannesburg, Kaapstad en Durban se busdienste. In Durban was die rooi busse vir blankes en die groen busse vir mense van kleur. In die veiligheidstak het ons ‘n “buspas” getoon om gratis op die bus te reis. Vier lede het gewoonlik ‘n polisievoertuig gedeel. Ons het baie van die busdiens gebruik gemaak om navrae te doen en dagvaardings te bestel. (Foto via Facebook en in openbare domein.)

KI-skets op koerantfoto gebaseer
Ons in die Suid‑Afrikaanse Polisie het die taak gehad om swart persone se bewysboeke — algemeen bekend as ‘dompasse’ — na te gaan. ’n Persoon moes sy bewysboek op aanvraag toon; versuim om dit te doen was ’n misdryf. Die boek moes aandui dat hy ’n wettige, geregistreerde werkgewer het, dat hy regmatig in die stadsgebied is, en dat sy belasting betaal is. Werkgewers moes maandeliks die diensverhouding bevestig, en die bewys van belastingbetaling is in die boek geplak. Indien belasting nie betaal is nie, het dit tot arrestasie gelei.
Vir ons werkgewers was dit ’n groot beslommernis om hul werkers te registreer, en daarna maandelikse heffings te betaal.
Konstabel Uys van King’s Rest het letterlik honderde persone gearresteer, aangesien hy op die sogenaamde Raiding Squad gedien het. Ek was destyds die aanklagtekantoor-sersant en moes die gearresteerdes aankla en aanhou.
As polisieman het ek dikwels soos ’n Gestapo‑figuur gevoel wanneer ek passe moes nagaan. Op die stasie het ek eerder op universele misdaad gefokus en eerste‑bylae‑oortreders gearresteer.
Ek moet erken: die toepassing van hierdie wet het baie, baie verdriet en moeilikheid veroorsaak, dink maar aan die PAC se anti-bewysboekveldtog in Sharpeville!
26 Augustus 1966: Die Slag van Ongulambashe

Ja, dit was sestig jaar gelede — tyd vlieg! Ek het soveel mense geken wat daardie dag betrokke was, en ek het saam met hulle gewerk voor én ná die gebeurtenis. Party is reeds oorlede; ander het op die slagveld gesterf.
Met genl. H.J. van den Bergh aan die spits van die Veiligheidspolisie is die sabotasie‑aanslag afgeweer. Rivonia en die opspraak daaromheen was reeds agter die rug, en hier het die insurgensie‑oorlog begin wat vir jare sou voortduur, in die RSA sowel as in SWA.
Die Veiligheidspolisie het vinnig by die nuwe stryd aangepas. Adv. Vorster, genl. Keevy en genl. Van den Bergh het gedurende ’n Desembervakansie by Port Edward saamgekom en die Republikeinse Inligtingsdiens gestig. In 1969 is die ou Buro vir Staatsveiligheid tot stand gebring.
Ons het van 1966 tot 1994 baie gesien en beleef!

Op 6 September 1966 is dr. H.F. Verwoerd, die geliefde eerste minister van die Unie van Suid‑Afrika en stigter van die Republiek op 31 Mei 1961, in die parlement vermoor.
Ek was destyds stafoffisier vir wyle genl. D.K. Genis. Op die dag van die moord was genl. Genis as lyfwag aan dr. Verwoerd se sy en hy was in die parlement teenwoordig toe die aanval plaasgevind het. Genl. Genis het later die nadoodse verslag en ander dokumente aan my getoon, wat ek deeglik bestudeer het.
Op Veiligheidshoofkantoor het ek “alle blanke aangeleenthede” hanteer en het ek ex officio alle tersaaklike foto’s, dokumente, leggers en die volledige verslag van die kommissie van ondersoek na die moord op dr. Verwoerd deurgewerk. Genl. H.J. van den Bergh is in die ondersoek bygestaan deur brig. Gideon Joubert — ’n speuroffisier van onkreukbare integriteit wat later self kommissaris van polisie geword het.
Daar is geen ruimte vir samesweringsteorieë nie. (Ek het adv. P.J. Pretorius se boeke met groot sorg gelees.)
Ná die suksesvolle operasie by Ongulambashe op 26 Augustus 1966 wou die lede van die Veiligheidspolisie wat daar betrokke was die geleentheid afsluit met ’n braai. Maar dr. Verwoerd is vermoor en die land was in rou. Genl. Johan Viktor het my vertel dat hulle, ná maande in die bos, wel ’n baie bedeesde braai gehou het toe hulle terug in Pretoria was.
Hy is ook die man wat die TIN‑kursusse die “Blouwildebees‑kursus” genoem het, nadat ’n trop blouwildebeeste deur die Veiligheidspolisie se kamp — onder dekking van PASCO — gehardloop het.
1975: Beleg by Fox-straat

Skets: Regs is lt Sam Kruger – later adjunk-DK te Welkom.
Kernfeite
- Datum: 28–29 April 1975
- Plek: Israeliese Konsulaat, Hershleigh‑gebou, Fox‑straat, Johannesburg
- Perpetrators: David Protter en sy broer Charles Protter
- Duur: ±30 uur
- Slagoffers: 4 dood (2 gyselaars, 2 bystanders), verskeie gewondes
- Einde: David Protter het oorgegee; beide broers is later skuldig bevind
Die SAP het tydens hierdie voorval baie onprofessioneel opgetree, en die hele episode het uiteindelik die deurslag gegee vir die stigting van die SAP se Spesiale Taakmag. Die Spoorwegpolisie se taakmag was reeds in 1974 operasioneel, terwyl die SAW oor ’n Burgermageenheid, die “Hunters”, beskik het.
S.J. “Black-Jack” de Swart — later ’n generaal-majoor — en sy groep, die “Bliksems”, het in 1975 die kern gevorm van die SAP‑Spesiale Taakmag.
Dit was genl. H.J. van den Bergh, toe hoof van die Buro vir Staatsveiligheid, wat die hele situasie ontlont het. (Ons het reeds genl. J.A.P. Burger en lt‑genl. André Beukes se ooggetuieverslae gepubliseer.)

Foto: Johan Botha.
’n SAP‑herwinningsvoertuig. Die Casspir (in samewerking met die WNNR – CSIR en die SAP het gelei tot die naam CASSPIR) is deur die polisie self ontwikkel. Die man wat oorspronklik met die idee van ’n “V”-onderstel vorendag gekom het, was (later genl.-maj.) A.P. van Dyk, hoof van die SAP se Springstof‑eenheid. Hy is vir hierdie bydrae met die SOE‑dekorasie vereer.
Die gedagte van ’n V‑vormige onderstel het sy oorsprong in die destydse USSR en het via die Israeli’s Suid‑Afrika bereik. Vandag word die Casspir wêreldwyd ontplooi.
Genl. Piet Kruger het by die Mag aangesluit as hoof meganiese ingenieur en het, op opdrag van genl. De Witt, die Casspir‑projek suksesvol voltooi. (Ek het eendag met genl. Kruger en dr. Vernon Joynt hieroor gesels.)
AKPOL – die Kultuurvereniging van die destydse SA Polisie

Ons het jaarliks Boeresport by die SAP-hondeskool beoefen waaraan alle hoofkantoor-afdelings deelgeneem het.
Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD – SAPS)

SAPS Rytuig op Phelophepa foto deur Dawid Heyneke via die Wepener’s van Welkom. Die SAPS doen diens op hierdie “mediese” trein.
Suid-Afrikaanse Spoorwegpolisie (SASP – SARP)

Daar staan die konstabel met wit helm reg agter die rytuig aan die regterkant – dit bewys die stelling dat die polisie altyd aanwesig is waar mense saamdrom.



Vervoer van lyke – ‘n kaartjie vir ‘n lyk – wetstoepassing deur die spoorwegpolisie

Die waterpolisie in Durban Hawe.
1986: Samesmelting met SAP

UVM – UDF

1915: Generaal Louis Botha inspekteur sy Troepe te Lüderitz tydens die DSWA Kampanje

1916: UVM-troepe in Frankryk

Bechuanaland Skutters: Drilsaal te Mafeking

“Durban Light Infantry”: Drilsaal, Durban




Zarps


Zululand Police




