NONGQAI ARCHIVE NOW ONLINE AND FULLY SEARCHABLE

By Dr Willem Steenkamp

Excerpt: Nongqai Archive now online and fully searchablea beta-version of our newly digitised archive of all previous Nongqai editions published earlier in .pdf format is now available online, on this Nongqai.org website. The content of each and every edition has been digitised from A to Z and the archive ensemble can therefore be easily searched for themes, names of people, places, dates, entities, and the like.

Tags: Nongqai Archive online

Read Time: Two minutes

NONGQAI SE ARGIEF NOU TOEGANKLIK EN MAKLIK SOEKBAAR

Ons is trots om te kan aankondig dat u nou op hierdie webblad toegang het tot NONGQAI se beta-argief van al ons vorige uitgawes soos voorheen gepubliseer in .pdf-formaat. Om toegang te kry, kliek bloot op die ARCHIVE/ARGIEF skakel in die balkie bo-aan hierdie bladsy.

Die inhoud van elke enkele vorige uitgawe is digitaal indekseer van A tot Z. Dit beteken dat u, met die Argief se soek-funksie, kan opsoek waar (m.a.w., in welke spesifieke uitgawes), persone, plekke, instansies, temas en dies meer vermeld word en dan maklik daarheen kan spring met ‘n kliek.

NB: Dieselfde soek-vermoë bestaan reeds vir al die artikels wat sedert 2025 in blog-formaat gepos is; gebruik daarvoor die soek-blokkie op die blog-bladsy (met ander woorde, nie in die Argief nie, wat slegs die ou .pdf-uitgawes bevat).

Die Argief is tans ‘n Beta-weergawe, wat beteken dis voor-finaal. Dit sal baie waardeer word as u daarmee kan rondspeel en vir ons dan terugvoer kan gee oor moontlike tekortkominge en voorstelle vir verbetering.