Abstract: Is Azania a Socialist-Marxist democracy, or a Communist Oligarchy?
Key Words: Communist State, Democratic-Marxist State, Fascism, Communism, Neo-Socialism, Neo-Marxism, National Socialism.
Is Azania ‘n Sosialisties-Marxistiese Demokrasie, of ‘n Kommunistiese Oligargie?
Nà 32-jaar van ‘n nuwe demokratiese bestel bevind Suid-Afrika hom in politieke dryfsand met groot onsekerheid oor die regte benaming van sy huidige staatsvorm.
Suid-Afrikaners wonder of die land waarin hulle tans bly, nog Suid-Afrika genoem moet word, of dalk die Afrika-benaming Azania moet kry? Is dit ‘n sosialistiese demokrasie waarin die land homself bevind – dalk met marxistiese ondertone en elemente, of ‘n staatsentriese kommunistiese staat? Indien laasgenoemde die geval is, staan Azania voor talle uitdagings in die politieke-ekonomie, en grondverskuiwende gevare wat sy internasionale politiek en buitelandse betrekkinge betref.
Die rol van kommunisme teenwoordig in die ANC-SAKP alliansie
Kommunisme se oogmerk in Suid-Afrika is vanaf 1921 ’n rewolusie en omverwerping van die staatkundige bedeling, met proletariërs (die werkersklas) wat reëlreg teenoor die middelklas (die bourgeoïsie) posisie inneem. In Karl Marx en Friedrich Engels se Tienpunt-plan soos uiteengesit in hul Kommunistiese Manifes van 1848, is daar talle van hul doktrine in die huidige staatsbestel en beleid van Azania sigbaar aanwesig.
Ek noem kortliks enkeles:
- Nasionalisering van staatsinstellings
- Grondonteiening sonder vergoeding
- Gratis tersiëre onderwys
- Nasionalisering van die gesondheidsdiens en hospitale
- Bykans 800 staatsinstellings
- ‘n Staatsentriese Sosialistiese bestuurstelsel
Hoe sien die buiteland Suid-Afrika/Azania?
In teenstelling met Suid-Afrika se vorige rol as streekskernmoondheid en junior lid van die Westerse Alliansie, word Azania deur Westerse regerings en internasionale finansieringsinstellings soos die Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds [IMF] as ‘n mislukte staat beskou wat gebuk gaan onder korrupsie en kaderontplooïng. Asulks het hierdie definisie ‘n verlammende invloed op dienslewering aan provinsies, dorpe en stadsrade omdat die staat self as ‘n korrupsieregeting beskou word. Azania en sy geldeenheid is deur die internasionale stategemeenskap afgradeer na ‘rommelstatus’ in sover dit geldlenings aangaan. Kadersk kry staatskontrakte, verryk hulself (oligargie) en benadeel so diensverskaffing deur die regering aan die proletariaat wat veronderstel is om sy magsbasis te wees.
Azania se lidmaatskap van BRICS, sy stompsinnige ondersteuning van Hezbollah en Hamas, sy bilaterale ekonomiese verhouding met Iran en sy politieke- en intelligensiebande met Kuba, plaas die land in ‘n onstuimige en ovoorspelbare posisie in die internasionale stategemeenskap. Die land is kwesbaar vir korttermyn politieke en ekonomiese onbestendigheid, byvoorbeeld die VSA-Iran oorlog, skielik-stygende oliepryse, vraagtekens oor sy rassistiese SEB-wetgewing en rasgedrewe politiek, sy volksmoord op die land se boeregemeenskap en onnosele ad hominen-benadering tot ‘n onvoorspelbare Amerikaanse president.
Thomas Hobbes het die opmerking gemaak dat ‘n demokratiese regering nie slegs tot die voordeel van ‘n paar individue of ‘n bevoordeelde elitegroep (ANC-ministers en hul gesinne) moet funksioneer nie. Buitelandse regerings en hul intelligensiedienste weet goed dat elke ANC-minister in Azania ‘n miljoenêr is.
‘n Paar onhebbellike vrae vir Nongqai se lesers
Is Azania ‘n mislukte staat, ‘n rommelstaat?
Is Azania ‘n liberale demokrasie met ‘n vryemarkstelsel en liberale waardes in plek?
Is Azania ‘n onliberale demokrasie, of oligargie?
Is die oppergesag van die Konstitusie nog van prioriteitsbelang, en maak dit van Azania ‘n grondwetlike demokrasie?
Henning van Aswegen is ‘n skrywer en intelligensiehistorikus. Sy boeke Spioenmeesters, Die Buro, The Spymasters of South Africa en The Daisy Spy Ring is by Imprimatur, Kraal en Naledi-uitgewers beskikbaar.