INTRODUCING THE NEWCOMER INTO THE FORCE
INLYWING VAN DIE NUWELING IN DIE MAG
-
SAP 352: Botsingsverslag: SAP Wentworth
Deur brig HB Heymans
Dit is die jaar 1964 ek stap “beat” en hier hou die patrolliewa langs my stil. Daar is ‘n ‘n “kode 14” of te wel ‘n ongeluk (in gewone taal ‘n botsing) en ek word versoek om dit by te woon. Ek was maar ‘n jong konstabel pas uit die kollege.
Ek het nog nooit ‘n botsing bygewoon nie, maar ek onthou die lesing oor botsings in die SAP-kollege. Niks in die kollege is, soos dit “buite” in die Mag is nie. Mens leer maar net die basiese beginsels daar – dis eers as mens met die harde werklikheid kennis gemaak het en met jare ondervinding dat mens werklik leer hoe om dinge te doen. Die hof en kruisverhoor leer jou ook baie dinge!
Die patrolliewa laai my op en “gooi my af” in Brighton-weg. Ek “woon toe die ongeluk by” en doen my bes. Ek vul vorm SAP352(E) in, maak my verklaring, teken die plan, stel ‘n sleutel tot plan op en registreer die dossier in die ROM[1]. ‘n Dag of wat later kry ek weer die dossier met die volgende inskrywing, die letters is 3 reëls hoog:
“Konst Heymans,
My reukvermoë is glad nie goed nie. Waar presies het die ongeluk in Brightonweg plaasgevind?
EE Keyter, sers.”
Ek het my dood geskrik. My hart het sommer vinniger geklop. Vandag dink egter heel anders oor die saak. Soveel vir die inlywing van die nuweling! Dis die harde werklikheid en die sersant is niemand se maat nie! Hy is die hoof van die ondersoek- en navrae-personeel.
Toe leer ek: Mens moet die paal-nommer/s neerskryf en ook die nommer van die huis in die straat waar die botsing plaasgevind het.
- ROM = Register Ondersoek van Misdaad – [in Engels: ‘RCI’ d.i. Register of Crimes Investigated] ↑