Ereburgerskap – Middelburg – Nongqai Vol 17 No 5

1988: STUKKIE POLISIE GESKIEDENIS

Rudi van Wyk  (Via Suid-Afrikaanse Polisie – Afgetrede Lede)

Op ‘n buitengewone raadsvergadering van die Stadsraad van Middelburg (Tvl) besluit die Stadsraad van Middelburg om Ereburgerskap van die dorp aan die Suid Afrikaanse Polisie toe te ken.

Die oorhandiging vind plaas op Vrydag 23 September 1988 waartydens die Kommissaris van die SA Polisie generaal HG de Witt die toekenning op ‘n parade ontvang. Op die aangehegte foto’s is Raadslid Rex Hilligan (Burgemeester),Generaal Hennie de Witt (Kommissaris van die SA Polisie) en brigadier Schalk Broekman (Streekkommissaris van Oos Transvaal)