Resensent: Marie Hefer
VRYSTAATSTORIES – ‘N IDEALE GESKENK VIR KLEINKINDERS
VRYSTAATSTORIES is in die eerste week van April 2025 NALEDI-UITGEWERS se boek van die week!
naledi.uitgewers3d📚 BOEK VAN DIE WEEK 📚”Vrystaatstories” deur Henning van Aswegen. www.naledi.co.za.
In Vrystaatstories ontdek ons die hart van die Vrystaat deur die oë van Henning van Aswegen – ‘n meesterverteller wat met warmte en humor die mense, diertjies en avonture van sy kinderdae langs die Sandrivier tot lewe bring. 🌾📖 Van volksverhale tot kinderstories – hierdie boek is ‘n nostalgiese reis vol kleur en karakter. Vrystaatstories is ‘n Moet-hê vir enige boekrak en ‘n wonderlike verjaardag- of Kersgeskenk vir kleinkinders.

Henning van Aswegen skryf volkstories en kinderverhale oor die Vrystaat
se hartlike mense en interessante diertjies wat hy tydens sy ongebonde
grootwordjare langs Virgina se magtige Sandrivier teëgekom het.
In Vrystaatstories ontmoet die leser vir Mossieman en Geronkie die
Donkie wat die niksvermoedende inwoners van die Vrystaat onderwerp
aan avonture en poetse, meesal met onvoorspelbare en humoristiese
gevolge.
Elke storie en elke skets is oorspronklik, uniek en humoristies – en is
geskik vir kinders van 8-80 jaar.
Kinders leer om nie ander kinders af te knou nie (bullying); om kinders
en diere met respek te behandel, om teen niemand te diskrimineer nie,
en nie lelik en afbrekend met ander te praat nie.
Selfs die kleinste diertjies in die stories soos Mys die Muis, Spinne
Spinnekop en ‘n Dowe Paddatjie word met respek en empatie behandel.
In Vrystaatstories word lesers deel van die karakters se koeterwaals en
manewales!
- Marie Hefer is ‘n Afrikaanse Taal- en Literatuurwetenskaplike wat haar besig hou met ander afgetredenes, en haar eie digkuns.
BOEKBESONDERHEDE: KINDERS, SAGTEBAND, R300.00 + 60 posgeld na ‘n PEP naby jou, 222 mm x 148 mm
280 bladsye, ISBN: 978-1-991256-70-6. Bestellings na Whatsapp 082-344-5641.