Nongqai Vol 17 No 8 – SAP Beeld van Ruiter en Perd

ABSTRACT 

This article traces the full relocation history of the South African Police Mounted Unit’s rider‑and‑horse statue, Eques Incognitus, from its unveiling at the SAP College in April 1988 to its final placement at the SAPS Horse Breeding and Training Facility outside Potchefstroom in 2005. Drawing on the recollections of Col. Salie Kriel, the narrative documents the statue’s three official sites, the individuals involved, and the symbolic importance of the Mounted Unit within SAP/SAPS heritage. The article also highlights the remarkable service history of Abadan Z123, the only police horse ever awarded a medal for loyal service. The piece contributes to the preservation of mounted‑police heritage and provides contextual detail for Nongqai’s archival record.

Excerpt

The Eques Incognitus statue’s journey reflects the enduring spirit of South Africa’s Mounted Police, moving from the SAP College to Potchefstroom as a living symbol of service and tradition. It stands today as a tribute to loyalty and heritage, echoing the legacy of Abadan L123 and the men and horses who served with honour.

KEYWORDS

Mounted Police; SAP College; SAPS Potchefstroom; Eques Incognitus; Police Heritage; Horse Breeding Unit; Abadan L123; South African Police History; Berede Afdeling; Mounted Division, Mounted Unit Statue; Nongqai Archives, Col Salie Kriel

Inleiding: Hennie Heymans

Die beredepolisie op patrollie voor die Uniegebou ‘n eeu gelede.

In die ou dae was ons as polisiemanne óf deel van die berede-polisie — in die volksmond bekend as die Bosluise — óf van die voetpolisie, liefdevol genoem die Magalle. Ons berede-polisiemanne het ’n besondere liefde vir die polisieperde gehad, en deur die jare was daar uitsonderlike perde wat elke “rekruut” en later elke student-konstabel leer ken het en nooit weer vergeet het nie.

So onthou ons Selbourne, die perd wat tydens die begrafnis van genl. Jan Smuts opgetree het; en wyle genl. Van der Merwe het altyd met ’n glimlag vertel hoe Whisper hom eens “per ongeluk” gebyt het.

Selbourne as Rouperd tydens begrafnis van genl JC Smuts

Deur die jare het die Berede-afdeling luister verleen aan plegtighede soos Parlementsopeninge, en tydens die Koninklike Besoek van 1947 was daar selfs ’n statige “Royal Mounted Escort”.

Die latere kommissaris, genl. Johann Coetzee (4de ry), was ’n lid van hierdie eenheid, en sy troepmaat Pieter Swanepoel (3de ry) het later ’n grondlegger geword van Republikeinse Intelligensie — die Buro vir Staatsveiligheid, die Departement van Nasionale Veiligheid en uiteindelik Nasionale Intelligensie — waar hy as senior lid van die bestuur afgetree het.

Whisper op onderste foto

Om ons liefde vir die perd te verewig, is daar tydens die 75ste herdenking van die Suid-Afrikaanse Polisie gedurende 1988 ’n standbeeld opgerig — ’n waardige huldeblyk aan hierdie edele dier wat soveel diens aan die land gelewer het. Dit was dan ook heeltemal gepas dat ons, as lede van die polisiemag, hulde bring aan ons troue ros; die standbeeld het die onbaatsugtige rol van die perd in ons landsgeskiedenis op waardige wyse erken en vereer.

Kol. Salie Kriel, die eerste nasionale bevelvoerder van die SA Polisie se Berede-eenhede, het ’n besondere en vormende rol gespeel in die geskiedenis van hierdie afdeling. Hier volg sy verhaal oor die Ruiter-en-perd standbeeld.

RUITER-PERD STANDBEELD: EQUES INCOGNITUS

Kol Salie Kriel

Volgens my het die standbeeld die volgende pad gevolg:

Eerste staanplek

Die eerste staanplek was aan die regterkant van die groot draai na die hoofingang van die SA Polisiekollege. Die voetstuk is deur die kollege se tuinespan gebou met klip uit die koppies agter die skietbaan. Na voltooiing is die standbeeld in April 1988 onthul. Die bevelvoerende offisier was destyds Brig. Paul Bothma.

Tweede staanplek

In 1993 was ek (toe kapt. Salie Kriel) in bevel van die Berede‑afdeling en het ek aansoek gedoen dat die standbeeld na die stalle verskuif word. My rede was dat die standbeeld uit die oog was, en ek het sterk gevoel dat dit tuishoort by die Berede‑afdeling van die Kollege. Na heelwat navorsing het ek mnr. Odendaal van die Departement van Openbare Werke (DOW) ontmoet, wat gereël het dat ons granietblokke kon kry van ’n ou gebou wat onwettig in Pretoria afgebreek is.

Hiermee is ’n nuwe voetstuk gebou reg voor die Berede‑kantoor. Met die hulp van die TIN‑eenheid en ’n vragmotor met ’n hidrouliese stelsel is die standbeeld in November 1993 deur Berede‑personeel verskuif.

1998

1999

2002

Derde staanplek

In 2005 het die SAPD die SANW se perdeplaas oorgeneem — sowat 10 km buite Potchefstroom op die Ventersdorp‑pad. (Ek was toe Nasionale Hoof van die Berede‑afdeling, Snr. Supt.) Alle opleidingsperde van die Kollege is ook na Potchefstroom geneem, waar opleiding, afrigting en teel voortaan plaasvind.

Ek het weer aansoek gedoen, en die standbeeld is in April 2005 daar opgerig deur Berede‑personeel. Die voetstuk is gebou van klip afkomstig van die plaas self.

Ek glo jy het inligting van Buks van Staden en verskeie foto’s van Brig. Bothma.

Net iets oor die Polisieperd Abadan:

Abadan

Kol Salie Kriel – Springbok

Abadan Z123, het 23 jaar oud geword. Hy was die eerste perd wat, nadat hy vir aftrede gekeur is, toegelaat is om in sy aftreejare by die Kollege te bly tot sy natuurlike dood. Abadan was — en is tot vandag toe — die enigste polisieperd wat ’n medalje vir troue diens ontvang het.

Salie

  • NB Jammer Hennie maar dit is regtig al wat ek kan bydra asook ‘n paar foto’s.

Brigadier Buks van Staden: Beeldhouer van Formaat

Die bekende beeldhouer, brig. Buks van Staden (links) en brig. Steytler en Lt. (later brig.) Hennie Meyer van die Honde-eenheid Durban by die destydse Honde-gedenkteken te Cato Manor.

Foto’s van Brig Bothma

Mev Zelda Bothma met ‘n foto van haar en brig Paul Bothma. Sarie van Niekerk en ek het ‘n lang onderhoud met haar gevoer. Sy het ons vertel van Paul Bothma se liefde vir perde ….

Foto’s deur lt-kol Arno Louw: Potchefstroom

Lt-kol Arno Louw skryf:

Ek was in berede peloton 45 in 1990. Abadan het toe nog geleef maar was reeds afgetree. Hy het vrye toegang gehad om oral rond te loop en is snags op stal gesit. Die ouman was toe reeds spierwit. Ek is nou nog na 36 jaar by die perde betrokke en 32 jaar as hoefsmit.

Abadan se medalje

Die swart perd se naam was “Vlam” en die wit perd “King”. Menige Bosluise se foto’s op die twee perde geneem. Ek was baie bevoorreg om hulle ook te kon beslaan.

Foto’s deur Hennie Heymans

My troepsersant in 1964 – sers H Tulleken – Troep 7 (Berede).

Fleur

Fleur was ook ’n baie bekende polisieperd. Toe ek in 1964 opleiding ondergaan het, het Fleur reeds genadebrood geëet. Met ons verhuising van die ou stalle na die nuwe stalle het hy telkens na die heining aangestap wanneer ons berede oefeninge gedoen het — asof hy nog deel van die troep wou wees. Hy was werklik ’n edel dier.

My Troep-leier: Doktor Leon Wessels – later adj-minister van wet-en-orde

Die bekende en onvergeetlike ruiter: Genl-maj Louis Snyman, MBE

Pragtige staaltjies oor die berede afdeling is ook te vind in hierdie kostelike boek oor die polisie:

Die perd — equus caballus — bly een van die edelste, maar ook kwesbaarste diere in ons geskiedenis. In Afrika suid van die Sahara was die gevreesde perdesiekte eeue lank ’n groot struikelblok; dit is selfs aangevoer dat dit een van die redes was waarom Romeinse uitbreiding nooit hierdie deel van die kontinent bereik het nie. Ten spyte daarvan het perde ná die volksplanting ’n onmisbare rol in ons beskawing gespeel. Reeds in Van Riebeeck se tyd is perde ingevoer, en sedertdien loop hul spore diep deur ons geskiedenis: ons dink aan Dick King en sy perd Somerset, aan die Groot Trek, en aan die Vryheidsoorloë waar die perd ’n strategiese rol gespeel het.

Die Suid-Afrikaanse Polisie het vir dekades uit twee hoofafdelings bestaan: die voetpolisie — die sogenaamde “magalle” — en die berede polisiemanne, liefdevol bekend as die “bosluise”. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die mag geleidelik gemeganiseer, en perde is hoofsaaklik in die Kollege en in veediefstaleenhede gebruik. Tog het die perd vanaf die laat 1980’s en vroeë 1990’s weer sy plek begin herwin: stadig maar seker het die berede eenhede hul waarde bewys in misdaadvoorkoming, sigbare polisiëring en die vaskeer van booswigte.

En so sluit ons af met ’n eenvoudige, maar eerbiedige gebed vir die perd — dié edele metgesel wat ons land se geskiedenis, ons veiligheid en ons menslikheid vir geslagte gedra het;

THE PRAYER OF A HORSE

TO THEE, MY MASTER, I OFFER MY PRAYER.

“Water me, feed and care for me, and when the day’s work is done, provide me with a shelter, a clean dry bed, and a stall wide enough to lie down in comfort. Talk to me. Your voice often means as much to me as the reins. Pet me sometimes, that I may serve you more gladly and learn to love you.

Do not jerk the reins and do not whip me when going uphill. Never strike, beat or kick me when I do not understand what you mean, but give me a chance to understand you; watch me, and if I fail to do your bidding, see if something is not wrong with my harness or feet.

Examine my teeth when I do not eat, I may have an ulcerated tooth, and that, you know, is very painful. Do not tie my head in an unnatural position, or take away my best defence against flies and mosquitoes by cutting off my tail.

And finally. OH MY MASTER, when my useful strength is gone, do not turn me out to starve or freeze, or sell me to some cruel owner to be slowly tortured to death; but do thou, my master, take my life in the kindest way, and your God will reward you here and hereafter. You may not consider me irreverent if I ask this in the name of HIM who was born in a stable.” — AMEN.

M. C. V. DIE NONGQAI p 1358 DESEMBER 1955