Nongqai Vol 17 No 9 – (21) Moord op (v) kapt AM Potgieter

Excerpt

The brutal murder of Capt. Anna‑Marie Potgieter on 17 January 2006 shook South Africa deeply and silenced a heroine of child protection.

Abstract (English)

This article recounts the brutal murder of Captain Anna‑Marie Potgieter, a dedicated officer in the Child Protection Unit, who was killed on 17 January 2006 while preparing for her psychology exams. Potgieter, known for her commitment to vulnerable children and her role in major investigations, was attacked on a smallholding near Vereeniging, shot with her own service pistol, and her body later discarded on a refuse heap. The narrative highlights her professional achievements, personal warmth, and the profound grief experienced by her family, colleagues, and community. Her legacy endures as a symbol of courage, service, and compassion within the South African Police Service.

Keywords

Captain Anna‑Marie Potgieter, South African Police Service, Child Protection Unit, murder case, Vereeniging, investigation, Dhlomo conviction, police remembrance, gender‑based violence, officer tribute, 2006 crime, community mourning

VERMOORDE KAPT ANNA-MARIE POTGIETER,17 JANUARIE 2006

•20 jaar gelede en ons onthou steeds.

Ida Steyn

Op 17 Januarie 2006 is die land in skok en in afgryse gedompel deur die wreedaardige moord op een van die destydse offisiere in die Kindermishandelings- eenheid, vandag bekend as die Eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele Misdrywe, Kapt. Anna-Marie Potgieter op n rype ouderdom van 39 jr.

Sy was destyds tydens die moord aangestel as die waarnemende bevelvoerder van die eenheid aan die Noord-Rand, in Benoni.

Anna-Marie het geleef vir haar werk en wou niks anders doen as om die gemeenskap te dien nie.

Sy was reeds besig met voorbereidings om haar finale eksamens by UNISA te skryf om haar graad in kindersielkunde te behaal, toe sy wreedaardig op ‘n kleinhoewe naby Vereeniging oorval is en doodgeskiet is toe sy besig was om te bad.

Sy het op die kleinhoewe van haar vriend Pieter-Don Brandt, gestudeer vir haar komende eksamens.

Tydens die Hof verrigtinge het dit aan die lig gekom dat Ndlomo haar van agteraf in die bad oorval het sy is twee keer deur die kop geskiet.

Volgens inligting tydens die hof saak moes Anna-Marie verbete geveg het haar arm en been was gebreek.

•Anna-Marie is met haar eie dienspistool geskiet.

Ndlomo het haar daar gelos, haar motorsleutels geneem en van die toneel weggery.

Volgens hofgetuies het hy omstreeks 17:00 dieselfde dag terugekeer en haar lyk in ‘n kruiwa gelaai waarna hy haar op n vullishoop op die kleinhoewe gaan gooi het.

Die Polisie het haar lyk by die Loskop-hoewe naby Vereeniging gevind. In die badkamer was bloed en water gemeng, gevind.

Die moordenaar het haar dienspistool en selfoon geroof en in haar Toyota Corolla gevlug. Die motor is die volgende aand by ‘n insleepdiens in Harrismith in die Vrystaat opgespoor nadat Anna-Marie se voertuig onklaar geraak het, het Dhlomo het ‘n insleepdiens gebel om dit te gaan haal.

Twee mans is aanvanklik in verband met die moord in hegtenis geneem maar slegs DhIomo is aangekla, skuldig bevind en tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.

• Dhlomo het op die kleinhoewe gewerk.

Anna-Marie was veertien jaar in die polisiediens en sou binne weke na haar dood tot die rang van Superintendent bevorder word.

Anne-Marie het twee jaar voor haar dood  gehelp om ‘n kinderprostitusie-sindikaat in Johannesburg en Durban oop te vlek. Sy was ook betrokke by die ondersoek in die reeksverkragting-saak na ‘n reeksmoordenaar aan die Oos- Rand (Ekurhuleni)

Anna-Marie was ‘n kranige fietsryer, het muurbal gespeel en ook karate gedoen.

Haar suster, Lorriane Esterhuizen, het destyds gesê die Saterdag voor Anna-Marie se dood het die twee van hulle op Heidelberg gaan tee drink.

Sy het gesê Anna-Marie was opgewek en vrolik.  “Ek sal dit vir die res van my lewe koester”.

Die dag met Anna-Marie se begrafnis het die Hoëveldse dorpie Balfour, naby Heidelberg een van sy grootste begrafnisse ervaar.  Familie, vriende en kollegas het van heinde en ver gekom om die laaste eer aan die veteraan van die kinderbeskerming-eenheid te betoon.

Mense het hardop gesnik toe haar boesemvriendin, Drieka Smit haar gunsteling lied: Bietjie meer tyd – in die stampvol kerk gesing het.

Haar bewoë vader se woorde tydens sy huldeblyk aan sy dogter was ” die polisie het gejag en gejag tot hulle gekry het wat hul gejag het, maar ek is bevrees hulle jag steeds. Hulle het nog nie alles gekry wat hulle jag nie.”

“Ek en Anna-Marie het baie groot vriendinne geword en het heerlik saam gekuier en gewerk, sy was altyd daar om te help met inligting oor ‘n saak -aangesien ek (Sarie van Niekerk) toe by die Beeld gewerk het.

Ongeveer 2 weke voor haar dood het ons nog gesels oor haar studies. Haar stem is nou stil ”

Ek is later verwittig van haar dood.

Afsluiting : Ida Steyn 

Ons huil oor ‘n polisievrou,  ‘n kollega, ‘n vriendin, ‘n mens.

Sy het ‘n eed afgelê om ander te beskerm, om ‘n diens te lewer en op te staan waar ander terugdeins – maar haar eie lewe is genadeloos van haar weggeneem.

Agter elke uniform is ‘n mens – iemand met ‘n hart, ‘n familie, drome en mense wat haar liefhet.

– Haar moed, haar diens en haar herinneringe sal nie stilgemaak kan word nie.

Ons sal haar naam onthou.

Ons sal haar verhaal onthou.

Mag haar siel rus in die hande van God.

Rus sag ons salueer jou.

Uit die boek – 50 Goue jare-

Geskryf deur Sarie Van Niekerk