
NONGQAI ARCHIVE NOW ONLINE AND FULLY SEARCHABLE
By Dr Willem Steenkamp
Excerpt: Nongqai Archive now online and fully searchable – a beta-version of our newly digitised archive of all previous Nongqai editions published earlier in .pdf format is now available online, on this Nongqai.org website. The content of each and every edition has been digitised from A to Z and the archive ensemble can therefore be easily searched for themes, names of people, places, dates, entities, and the like.
Tags: Nongqai Archive online
Read Time: Two minutes
NONGQAI SE ARGIEF NOU TOEGANKLIK EN MAKLIK SOEKBAAR
Ons is trots om te kan aankondig dat u nou op hierdie webblad toegang het tot NONGQAI se beta-argief van al ons vorige uitgawes soos voorheen gepubliseer in .pdf-formaat. Om toegang te kry, kliek bloot op die ARCHIVE/ARGIEF skakel in die balkie bo-aan hierdie bladsy.
Die inhoud van elke enkele vorige uitgawe is digitaal indekseer van A tot Z. Dit beteken dat u, met die Argief se soek-funksie, kan opsoek waar (m.a.w., in welke spesifieke uitgawes), persone, plekke, instansies, temas en dies meer vermeld word en dan maklik daarheen kan spring met ‘n kliek.
NB: Dieselfde soek-vermoë bestaan reeds vir al die artikels wat sedert 2025 in blog-formaat gepos is; gebruik daarvoor die soek-blokkie op die blog-bladsy (met ander woorde, nie in die Argief nie, wat slegs die ou .pdf-uitgawes bevat).
Die Argief is tans ‘n Beta-weergawe, wat beteken dis voor-finaal. Dit sal baie waardeer word as u daarmee kan rondspeel en vir ons dan terugvoer kan gee oor moontlike tekortkominge en voorstelle vir verbetering.

Baie dankie aan dr Willem en Francois – ek sal bly wees as ons lesers en navorsers die stelsel sal toets en aan ons terugvoering sal gee by: heymanshb@gmail.com
Nogmaals dankie – dis 17-jaar se werk! U tegniese bystand word opreg waardeer.
Groete
Hennie Heymans
Ek het die soekfunksie geroets. Ek het 2 metodes gebruik.
Eerstens ‘n woord wat kon voorkom in die opskrif van ‘n artikel wat ek geskryf het.
Tweedens het ek ‘n woord wat moontlik binne-in een van my eie artikels kon voorkom. Uitslag: Dit het gevind wat ek gesoek het.
Kommentaar: Dit is ‘n gerieflike, noodsaaklike instrument vir die vinnige opsporing van artikels en ander poste.
Baie dankie.
Dankie vir die Beta soekfunksie!
Werk uiters effektief en ek geniet die vinnige opsporing van inligting in die argiewe.
My passie is Motorfietse wat in SAW en SAP gebruik was. Bloot met die woord “Motorfiets” is die verwysing na betrokke uitgawes en bladsynommers binne sekondes beskikbaar!