Nongqai Vol 17 No 7 – Koffiefontein
Abstract
This article traces the layered history of Koffiefontein, a Free State town shaped by diamond discovery, military conflict, and evolving systems of law enforcement. Beginning as a vital rest stop for 19th‑century transport riders, Koffiefontein rose to prominence after a diamond was found at its fountain in 1870, sparking a local diamond rush. The narrative follows three major eras: the diamond‑mining boom, the Anglo‑Boer War—during which British forces fortified the town with blockhouses—and the Second World War, when Koffiefontein became a major internment camp holding Italian and German POWs as well as South Africans suspected of pro‑Nazi activity, including future Prime Minister B.J. Vorster. The article also explores the development of policing in the region, from early constables of the Orange Free State Republic to the establishment of the SAP in 1913 and highlights the architectural heritage of the historic Hampden Street police station. Finally, it reflects on modern community concerns and the station’s dual identity as both a heritage landmark and an active centre of law enforcement.
Keywords
Koffiefontein, Free State, diamond rush, transport riders, Anglo‑Boer War, British blockhouses, Second World War, internment camp, Italian POWs, German POWs, Ossewabrandwag, B.J. Vorster, Jan Smuts, policing history, Orange Free State Republic, SAP 1913, Hampden Street police station, sandstone architecture, De Beers, heritage site, community history, Triecia Naude
Koffiefontein
Triecia Naude

Die geskiedenis van Koffiefontein hou nou verband met die ontdekking van diamante. Sy groot rol was eintlik dat dit soort van rusplek of uitspanplek was vir die transportryers in die 1800’s.

Die dorp is in die Vrystaat geleë en die oorsprong van sy naam is afgelei van juis die fontein waar die transportryers kon water drink wat die langpad aangepak het tussen die kus en die binnelandse goud en diamantvelde.
Die dorp se geskiedenis word ook gekenmerk deur drie groot eras:
Die Diamantstormloop
Dit was in 1870 wat ‘n transportryer tydens so uitspan by die fontein ‘n diamant naby die fontein opgetel het. Dit was die begin van die oplewing van die diamantstormloop. Die myn is jare lank suksesvol bedryf voordat dit in latere jare gesluit
Die Anglo-Boereoorlog
Die gebied was ‘n fokuspunt vir militêre aksie en oorblyfsels soos blokhuise. Die Groot Trek monument herinner ons nog steeds aan daardie tyd.
Die Tweede Wêreldoorlog
Koffiefontein was berug vir sy interneringskamp wat gedurende die tweede wêreldoorlog gebou was. Die kamp het ongeveer 2000 Italiaanse en Duitse krygsgevangenes, en ongeveer 800 Suid-Afrikaners wat van pro-Nazi-bedrywighede verdink was, hier aangehou. Die gevangenes het unieke muurskilderye en ‘n steentoring agtergelaat wat vandag nog as historiese bakens dien.
Perspektiewe en herinneringe uit omgewing
Toeriste en besoekers merk gereeld die unieke sjarme en kosbare geskiedenis van die dorp.
Proklamasie en die eerste Formele Polisiëring: (1882 – 1892)
Teen 1882 was Koffiefontein ‘n florerende dorp met vier amptelike mynmaatskappye. Dis in daardie tyd dat die Vrystaatse Republiek permanente konstabels en amptenare moes aanstel om delwerye te reguleer en diefstal te bekamp.
In 1892 is die delwerskamp amptelik as dorp geproklameer wat beteken het dat daar teen daardie tyd reeds ‘n gevestigde magistraatskantoor en die destydse polisie teenwoordigheid was die Oranje Vrystaatse Rijdende Dienst Macht was.
Anglo-Boereoorlog en Britse Blokhuise (1900)
Tydens die Anglo-Boereoorlog het die Britte die dorp beset as ‘n strategiese buitepos naby Kimberley. In 1900 het die Britse weermag blokhuise en forte in die dorp gebou om die area te verdedig.
Polisiëring het in hierdie tydperk onder militêre beheer gestaan ( The Orange River Colony Police)
Stigting van die SAP 1913
Op 1 April 1913 is die Suid-Afrikaanse Polisie gestig. Hul het al die Koloniale en voormalige Republikeinse magte saamgesmelt. Dis die oomblik dat die polisielede in Koffiefontein amptelik deel geword het van die Suid-Afrikaanse Polisie.

Die 1936 Foto
Die Foto wat ek by artikel plaas is in 1936 geneem, dit verteenwoordig waarskynlik die era net nadat die SAP in1926 permanent en volwaardige binnelandse wetstoepassing by die weermag oorgeneem het.
Die gebou of eenheid was dus al dekades (moontlik sedert 1890’s) aktief as polisiestasie gebruik.
Om die Argitektuur van Hampdenstraat-polisiestasie beter te verstaan moet mens kyk hoe Koffiefontein van rowwe delwerskamp tot ‘n formele regeringspilpunt ontwikkel het. Die gebou wat vandag as die SAPD-stasie diens doen se wortels kom van die laat Victoriaanse era van die 1890’s.
Toe Koffiefontein in1892 amptelik as dorp geproklameer is het die destydse Vrystaatse Republiek dadelik grond opsy gesit vir amptelike ‘n Magistraatskantoor, ‘n Poskantoor en ‘n Polisiestasie.
Die Hampden-straat-stasie was strategies uitgelê om die middelpunt van hierdie administratiewe mag te wees reg langs die groeiende sakekern en naby die mynbou aktiwiteite van De Beer’s.
Argitektuur- Sandsteen en Sinkplate
Die regeringsgeboue uit daardie era, die laat 1800’s en begin 1900’s in die Suid-Vrystaat is gekenmerk deur baie spesifieke boustyle.
Sandsteen: Plaaslike sandsteen is die fondasie van die vroeëre openbare geboue. Hul fondasies is gebou met swaar gekapte sandsteen wat in die omgewing uitgekap was.
Sink: Omdat Koffiefontein so vinnig uitgebrei het is baie vroeë polisiekantore en barakke as stewige sink strukture met houtbalke opgerig, dit was koeler vir die Vrystaatse somers en maklik om op te rig.
Die Victoriaanse stoep: Die meeste amptelike geboue het die ikoniese diep verandas (Stoepe) gehad om die beamptes en publiek teen die son te beskerm.
Mynkantore en Oorlog van 1900-1902
Gedurende die Anglo-Boereoorlog het die Britse magte die strategiese geboue oorgeneem. Die polisie en mynkantore is dikwels as militêre hoofkwartiere en ammunisie depots gebruik.
Die polisieperseel was dus nie net vir bekamping van misdaad nie maar was deel van ‘n groter militêre netwerk wat die dorp teen aanvalle moes verdedig en beskerm.
Die betekenis van die 1936 konteks vir die gebou.
Teen 1936 was die SAP reeds stewig in beheer van binnelandse wetstoepassing.
In hierdie dekade het die Nasionale regering baie van die Vrystaatse Republikeinse geboue begin moderniseer of nuwe baksteen en steenstrukture oor die sandsteenfondasies gebou.
Geskiedenis van die Polisie
Die stigting van wetstoepassing is direk en uitsluitlik deur die diamanthandel veroorsaak. As gevolg van die ekonomie en ligging het die stasie verskeie gespesialiseerde eenhede gehuisves.
Die Diamanttak
Dit was seker die belangrikste spesiale eenheid. Die Speurders het nou saamgewerk met De Beers (wat die myn in 1911 oorgeneem het) om die smokkel van growwe diamante vas te vat.
Die Berede Polisie
Perde eenhede was baie aktief in Koffiefontein tot diep binne die mid-1900’s om die afgeleë veeplase teen veediefstal te beskerm.
Die Veiligheidstak (Spesiale Tak)
Die Veiligheidstak het ‘n massiewe rol op die dorp gespeel tydens die Tweede Wêreldoorlog weens die Interneringskamp.
Die Koffiefontein SAPD-gebou is ‘n erkende Erfenisterrein in die Vrystaat. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was die dorp egter ‘n Interneringskamp waar politieke gevangenes aangehou was.
Die Interneringskamp en die Eerste Minister
Tydens die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) het die Suid-Afrikaanse regering onder Genl. Jan Smuts die ou swart mynwerkerskampong by die Koffiefontein-myn in ‘n massiewe interneringskamp omskep.
Wie is daar aangehou?
Sowat 2000 Italiaanse krygsgevangenes, ‘n paar honderd Duitsers en ongeveer 800 Suid-Afrikaners wat teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog gekant was. (Meeste was lede van die Ossewabrandwag).
Die latere eerste minister
Die bekendste man wat daar opgesluit was, was Balthazar Johannes (John) Vorster, wat later in 1966 die Eerste Minister (en later die Staatspresident) van Suid-Afrika geword het!
Was hy ‘n spioen?
Vorster was ‘n generaal in die Ossewabrandwag en was aktief betrokke by anti-regeringsaktiwiteite. Die Smuts-regering het hom en sy makkers as gevaarlike saboteurs en potensiële spioene vir Nazi-Duitsland beskou, en daarom is hy sonder verhoor in September 1942 in Port Elizabeth gearresteer en na die Koffiefonteinkamp oorgeplaas, waar hy tot 1944 aangehou is.
Meer onlangse Gemeenskapsbetrokkenheid?
In Junie 2017 was die Koffiefontein-polisiestasie die toneel van ‘n noodlottige aanval waarby twee diensdoenende konstabels betrokke was.
Die voorval het oor die jare tot verskeie protesoptogte gelei, aangesien lede van die gemeenskap gereeld hul kommer uitspreek oor die stadige vordering van die amptelike ondersoek.
Die frustrasie in die omgewing spruit dikwels uit ‘n behoefte aan meer deursigtige kommunikasie rakende veiligheid en geregtigheid. Navorsing oor hierdie stasie fokus dikwels op die balans tussen sy status as ‘n argitektoniese erfenisstuk en die moderne uitdagings van wetstoepassing in die streek.
Die skrywer spreek haar opregte waardering uit teenoor mnr H Heymans vir die voorstel en 1936 foto van Koffiefontein.
Navorsing is verder gedoen deur beskikbare inligting van SA Places, South Africa History Online (SAHO), De Beers, Suid Afrikaanse Toerisme, Maroela Media, sekere Sosiale Media Bladsye en Wikipedia.

Voormalige eerste minister BJ Vorster en luit-genl HJ van den Bergh was hier te Koffiefontein aangehou. Hulle het hierdie Vrystaatse dorpie bekend gemaak. Dit was “wilde dae” tydens die tweede wêreldoorlog. Ek het met kol “Waggie” Wagenaar gesels oor sy interenering te Koffiefontein en dit is waarom ek die begrip “wilde dae” gebruik.
Ons sal graag ‘n foto van die huidige polisiestasie wil plaas.
Voormalige eerste minister BJ Vorster en luit-genl HJ van den Bergh was hier te Koffiefontein aangehou. Hulle het hierdie Vrystaatse dorpie bekend gemaak. Dit was “wilde dae” tydens die tweede wêreldoorlog. Ek het met kol “Waggie” Wagenaar gesels oor sy internering te Koffiefontein en dit is waarom ek die begrip “wilde dae” gebruik.
Ons sal graag ‘n foto van die huidige polisiestasie wil plaas.