AFRIKANERMAN – Vasgevang Tussen Onthou en Herontdek

‘n Splintenuwe boek deur Mart-Marié Uys
Webwerf: afrikanerman.co.za
Vir navrae en bestellings, kontak Wilma de Bruin by media@afrikanerman.co.za.
AFRIKANERMAN is eerste wetenskaplike ondersoek na die sielkundige toestand van Afrikanermans in postapartheid-Suid-Afrika. Geskryf deur dr. Mart-Marié Uys · Voorwoord deur Johann Rossouw.
HOOFKNOPPIES
- Voorbestel nou — R350
- Meer oor die boek
SLEUTELSTATISTIEKE UIT DIE NAVORSING
86,3% van die 300 deelnemers beskryf ‘n gevoel van ontsaglike verlies
87,6% ervaar anti-Afrikanersentiment as ‘n daaglikse werklikheid
63,8% wil help bou aan ‘n nuwe, inklusiewe Afrikaneridentiteit
UIT DIE VOORWOORD
“Ons is die seuns van die pa’s wat nooit leer huil het nie, maar ons mag maar huil. Hierdie boek gee die wond lug.”
— Johann Rossouw, Bloemfontein, 30 Julie 2025
NUUSBRIEF
Bly op hoogte. Word dadelik in kennis gestel wanneer Afrikanerman beskikbaar is, wanneer die volgende geleentheid plaasvind, en wanneer nuwe inhoud gepubliseer word.
BLADSY 2 — OOR DIE BOEK
URL
afrikanerman.co.za/oor-die-boek
OOR DIE BOEK
Afrikanerman — Vasgevang Tussen Onthou en Herontdek is die eerste wetenskaplike ondersoek na die sielkundige toestand van Afrikanermans tussen 50 en 70 jaar oud in postapartheid-Suid-Afrika. Gebaseer op 300 vraelyste wat elk 88 vrae bevat het, en 300 stemopnames wat oor al nege provinsies deur Markdata — ‘n SAMRA-geakkrediteerde navorsingsmaatskappy — versamel is, bied hierdie boek empiriese bewys van wat Afrikanermans werklik dink, voel en met hulle saamdra. Hierdie boek is nie ‘n treurmare nie. Dit is ook nie ‘n poging om ‘n spesifieke groep weer op ‘n troon te plaas of bo ander te stel nie. Dit is nie ‘n morele kruistog, ‘n klagskrif of ‘n verskoning nie. Dit is ‘n produk van navorsing. Dit is gebaseer op data wat met sorg versamel is. Die inligting is versigtig verwerk en ondersteun deur bestaande teorieë wat wêreldwyd in die sielkunde erken word.
Die mense wat aan die navorsing deelgeneem het, het eerlik geantwoord — nie op grond van hul politieke oortuigings of uit verwarring nie. Hulle het geantwoord omdat iemand geluister het. Omdat hulle gevra is om te praat sonder oordeel of ‘n poging om hulle te verander. *Net om verstaan te word.*
UIT DIE VOORWOORD
“Reeds die lys verliese wat sy vroeg in ons gesprekke gemaak het, het my dadelik soos ‘n vuishou tussen die oë getref. Omdat, ofskoon ‘n mens dié dinge weet, dit nogal iets aan jou doen om verliese gely in die stadige ontvouing van jou volwasse lewe eensklaps so klinies gelys te sien — én jou in bykans dit alles te herken.”
— Johann Rossouw · Bloemfontein · 30 Julie 2025
50-WOORD OPSOMMING
Afrikanerman is die eerste wetenskaplike ondersoek na die sielkundige toestand van Afrikanermans tussen 50 en 70 jaar oud. Gebaseer op navorsing onder 300 mans oor al nege provinsies, bied hierdie boek empiriese bewys van verlies, veerkragtigheid en die soeke na ‘n nuwe Afrikaneridentiteit.
WAT AFRIKANERMAN IS — 150-WOORD OPSOMMING
Meer as dertig jaar ná 1994 dra Afrikanermans van die geslag tussen 50 en 70 ‘n swaar en dikwels selfgesensureerde las. Navorsing onder 300 mans — professioneel versamel deur Markdata oor al nege provinsies — wys die omvang van hierdie las in getalle: 86,3% beskryf ‘n gevoel van ontsaglike verlies, 87,6% ervaar anti-Afrikanersentiment daagliks, en 61,8% van dié met selfdoodgedagtes het al ‘n daadwerklike poging daartoe uitgevoer.
Maar die data wys ook iets anders. 80,1% ondersteun steeds die voortbestaan van Afrikanerkultuur. 63,8% wil bydra tot ‘n nuwe, inklusiewe Afrikaneridentiteit. En 84,4% glo steeds in God.
Afrikanerman — Vasgevang Tussen Onthou en Herontdek is nie ‘n klaagskrif of ‘n klagskrif nie. Dit is ‘n eerlike rekord van ‘n geslag wat vasgevang is tussen verlies en hoop, en wat steeds hier is.
WAT DIE BOEK DEK
- Tydlyn van belangrike gebeure sedert 1994 in Suid-Afrika
- Inleiding: Afrikanermans
- Waarom ‘n boek oor Afrikanermans?
- Wat sê die navorsing wat vir hierdie boek gedoen is?
- Afrikaanse musiek: nostalgie en rebellie
- Moedertaal
- Onderwys en akademiese ruimtes
- Kunstefeeste, televisie en proteskuns
- Afrikanermans en sport
- Afrikaanse burgerlike groepe en die media
- Afrikaners en geloof
- Die sondes van die voorvaders
- Groepskuld
- Verlies
- Afrikanermans en bekommernisse
- Groepe en identifikasie
- ‘n Identiteit in beweging
- Veelsydig, verskillend en multidimensioneel
- ‘n Nuwe Afrikanerskap
- Groepsidentiteit: simbole en ‘n sielkundige anker
- Die navorsingsontwerp
- Bylaag: Die vraelys
- Bronnelys
- Oor die skrywer
- Dr
Dr. Mart-Marie Uys, skrywer van Afrikanerman, Vasgevang tussen Onthou en Herontdek