NONQAI SKRYWERS EN BOEKE: PROSA deur ALEXANDRE RICHE
MY KLIP ENGEL

Ek wou nie, ek wil nie, maar ek gaan… Ek gaan dit neerskryf want jy het. Dit wat jy neergeskryf het is vir my gegee en ek het dit gelees. Alleen. Weer en weer en nog ‘n keer. Nog ‘n keer het dit veroorsaak dat ek dit nie weer hoef te lees nie, want ek het alles so goed gememoriseer dat jou geskrewe woorde deel van my geword het. Om te onthou en nooit te vergeet.
Jou woorde aan my het ‘n titel gehad… ‘Ek wil’ wat jy elder gesien het. Of geleen het. Of gesteel het; aan my gegee as jou eie, maar dit behoort aan Antjie Krog. Jy het in jou brief met skuins pendruk-ink erken dat jy my gelukkig wou maak. Raar, maar waar dat Antjie Krog in die tyd waarin ons leef iets namens jou aan my wou gee. Iets wat ek saam met my kon dra tot in die tyd dat ons oud en alleen is en soos akkedissies in die son sit.
Jy het memories en herinneringe aan my gegee en ek herkou elkeen van hulle. Niemand kan weet hoe dit voel om kortasem te wees sonder rede nie. Hoe dit voel, hoe dit werklik voel om ‘n seer hart te hê nie. Die tipe seer wat jy net ken as jy ware liefde geken het. Niks is groter, of kleiner, in my leeftyd nie.
Dit reën en die water stroom enkel teen die Engel se se wang af. Die Klip Engel. Die een op jou graf. Ek het nie die reën nodig nie… onder my wimpers reën dit outomaties. Jou ‘wil’ het ‘het’ geword – ‘het’ het ‘steeds’ geword’. Tot daardie dag wanneer my eie Klip Engels reëntrane huil.
Steeds, al is jy so lankal dood, dank ek die Here vir jou…
Jy het aan my ‘n oneie wil gegee… jy is steeds by my…
*
‘Yet’
I have yet to understand, the course of action you have planned. For what I do see, if you stare, and what do I hear, if you sigh. But you have yet to dare, asking me my name. Igniting a flame, and whilst you peak somewhere, I am looking elsewhere. For stare goes nowhere, but dare goes somewhere. I guess I could take the initiative, and make a move towards you, but I don’t want to. I have already enquired as to your name behind your back, and have done more than you have done, with your stare and no dare. Whilst I wait for the day to arrive when you ask me my name name, I am stuck with ‘yet’…
*
PERCEPTION

‘Really, young man…’ said the old lady. ‘Listen to me carefully. Are you asking for money? Poverty is a curse! The rich always look after the poor. You need to find a job, or things will go from bad to worse really fast. You will be stuck in this situation permanently. I am ill, but have saved. I look around and ask nobody to look after me. so go look for work to do well! Leave me alone.’
As she turn and walked away, not giving a coin from her overflowing purse, the young man said: ‘Really, old lady, I have listened to you carefully. I asked you for a tithe? Poverty is a lesson. You need to find a doctor, or things will go from ill to death. You will be stuck in your coffin permanently.’
‘I am healthy, and have saved. I look and ask Jesus to provide for me. Go look for a good heart, to do kind. I leave you… lonely’… and he walked away, whistling ‘what a friend I have…’.
The old lady paused for a moment…That long brown hair, and beard, and the eyes that pierce your sole… Has she seen those eyes before? She knows that her hourglass is emptying, but she still has all her wealth, and her faculties. She pondered for a moment longer… ‘I have seen those eyes, in a painting of a man, kneeling, praying with hands placed on a rock, in a garden.’ With difficulty she she rose, pondering a moment longer. ‘I have a painting of a man, kneeling, praying, with hands placed on a rock, in a garden.’ With difficulty she walked away, with her overflowing purse, and no compassion…’
*
Die Hoed Petalje

Warm bak die Son,
Die ruklipmure van die Pastorie,
Retief straat nommer 3.
Die Pastorie gebou in die styl van die enorme Kerk, Retief straat, nommer 5, net veel kleiner.
Die tinkelklokkie lui in die voorportaal. Dominee Edelmann loop na die voordeur, die hout van die vloer al krakende onder sy blinkgepoets skoene.
Hy maak die deur oop, en kyk vas, binne in die gluur van Skienie Skinderbek. Skienie vir maer, en van selfverduidelik baar.
‘Kom binne’ se Dominee Edelmann, aan die dame, en begelei haar deur na die Voorhuis.
‘Sit gerus’ en dominee Edelmann wys na die riempiestoel. Die een wat ongemaklik is, en blokkies los, op jou agterstewe…
Hy self gaan sit op die stywedons sofa, veel gemakliker.
‘Wat kan ek vir U doen, Mevrou Veebesem?’….
Mevrou Veebesem beur effe af, en trek haar krimpilien frokkie af oor haar naakbeige kniehoogte syskouse. ‘n Knie word nie ontbloot vanaf ‘n dame nie!
Uiteindelik, met haar hoof, effe skuins, kyk sy op, en se: ……
‘Dominee Edelmann, ek is sedert beperk met tyd, so ek gaan U nie lank weghou van Bybelse dinge af nie’..Sy kug sag, en druk haar tissue terug, onder haar polshorlosie…
‘Ek wil nie skinder, slander, sluimer of sloef nie, maar ek en Marie Hofknaap het gesels aangaande die aangeleentheid van hoede. Mevrou Bosmann, dra slegs mantilla, Mevrou Humann dra slegs veer reenboog, Mevrou Schoemann dra slegs bree rand vlieende voorwerp, en Mevrou Geenmann dra slegs pilboks.
Ek, Mevrou Veebesem van oorle Gerrie, en Mevrou Hofknaap, voel daar is geen eenvormigheid in ons Kerk nie! Buitensporig en omstrede sonder rede, is dit om ons te genoodsaak, om hoede te dra, en warm sykouse in die hitte. In hierdie moderne jaar van 1950, wil ons graag geen hoede dra, soos die mans, en ook broeke, soos die mans. Ons is van oortuiging dit blyk siveel makliker, veral met voetewas, in ons Moderne tyd! ….
Stilte daal neer in die bedompige Voorhuis. …
Uiteindelik, kyk dominee Edelmann op en sit vorentoe.
‘Kan ek U vra, Mevrou Veebesem, of u onlangs in die Hof verskyn het?’
Voel vir Mevrou Veebesem of die een rympie haar bloemer knyp!
‘U is reg, Dominee. So ‘n vieslike gedoente’ …
Dominee Edelmann grynslag effe, en vra:
‘Het u ‘n broek gedra?
‘Haai nooit dominee! ‘n Rok met bypassende baadjie, en my Ouma se perels!’ ..
Dominee Edelmann vra verder: ‘Het u ‘n hoed gedra?’
Mevrou Veesbesem antwoord summier: ‘Ja Dominee, U vra asof U mode ken. Almal het gese ek het so mooi gelyk, met my hoed, en skoene, en handskoene wat in maroen match!’ Sy glimlag selfvondaan. Dominee Edelmann is nes sy enkel en ‘n catch. …
Dominee Edelmann se gesig verdonker. Sy gesig sak hy sodat dit lyk of hy haar aangluur. Hy vra: ‘Hoe is dit moontlik dat u so pragtig aan trek, met handskoene hoed en perels, sykouse ook, met die knippies, om voor die Regter te verskyn, maar u kan nie dieselfde doen, vir onse Grote Regter nie? ‘
‘ Haai dominee, ek sien nou die tyd, en ek is reeds laat om vir Besemveetjie by die skool te gaan haal’ …met die uitstap, se sy harder: ‘Tot siens! Sien U by die Kerk’ ….
Dominee Edelmann bly sit. Dit is tog so waar dat skoonheid vergaan en deug bly staan en tye verander nie altyd vir die beste nie. …
En hy loop terug na sy studeerkamer en wonder: ‘Wat volgende en waarheen op pad, Heer?’…..🧑🦲
*

Alexandrè Xavier Riche is familieverwant aan die legendariese Afrikaanse skrywer AG Visser, bekend vir sy digbundel Purper en sy gedig ‘Rosa Rosarium’. “AG Visser is my Oupagrootjie se broer aan my ma se kant, en sy nagedatenis inspireer my om gedigte en prosa te skryf”. Benewens prosa skryf Alexandrè musiek, onder andere ‘A Glimpse of Heaven’ na die afsterwe van sy moeder in 2017. Meervoude muskiekstukke verskyn uit sy pen. “Ek is mooi gebore, maar tyd en wind het my verniel totdat my geskrewe woorde en musiek my inspireer om ‘n beter weergawe van myself te word.”
Wow it’s amazing
So, so wonderful
Congratulations!! Well done!
So proud of you.
Go on, create more!
Many blessings
About how true love turns borrowed language into meaningful and authentic words.
A beautiful gesture of language.
I used AI to translate this work. Would love to see more from this author.
Pragtig. Welgedaan, kan nie wag dat jy n boek uitgee…
Very inspiring and deep. Loved it and what a well use of my reading time!
Do you have more work available from the Author?
If so, I would like to read that too!
Beautiful…
Wow,well done
Super proud of you.
Bravo André
Doen so voort
Baie geluk
This is deep..profound. I guess you have a life story and testimony to tell. I need to read it again just for myself to understand where this comes from Andre..but great work. I’ve always looked at you as some one deep and intelligent. You pave your way and just move on when people disappoint. You clearly have a vision and mission for your life. Just trust God in all you do. He is your Maker! God bless 🙌 🙏
Andre!!!! Wonderlik!!
Jy HET jou roeping gevind!!
Mooi so, ek is so trots op jou.
Wel gedaan my vriend!!
In a world, smothered with acronyms, lifeless lyrics & LOL, this is life changing, finding a writer with such eloquence & flair. Not only did the writer tug on a few heartstrings, the subject matter, took on a life of its own.
Inspiring & Thought provoking
A breathe of fresh air
You have a talent that is just amazing.
Andre well done
Lovely Andre, you have SO MUCH feeling in your words
Just love it ❤️
you are so gifted I’m excited to see what God is going to next in your life
Pragtig!!👏👏 Regtig, so mooi!
Your choice of words leave your reader in hunger for more! Talented indeed!