Die Vlieër

Anita van Aardweg

Dit is hoogwater

die wind waai

Die see spuug bloublasies uit

in bruin skuim

op die strand

Waar ʼn kind hardloop

met ʼn vlieër in haar hand

Die vlieër draai en swaai omhoog

tot die tou breek

Afgeknip soos ʼn naelstring

van ʼn pasgebore kind en

verdwyn in die wind

Na ʼn ander kontinent

Die skeiding tussen hulle
word die diep blou see

Wat neem en gee.

Soos die voëls uit Rusland

se oorwinteringsvlug

Na Geelbek by Langebaan

vertrek die vrou vir haar

oorwintering om na die ander

Kontinent te gaan

.

Sy word ʼn ontheemde

weet nie waar sy hoort

Daar of tuis by haar soort?

Telefoniese gesprekke

word lang stiltes

die spoeg droog

tussen lettergrepe ʼn

Verpligte skuldgevoel

word weekliks gedoen

Daagliks wag die vrou op die wind

wandel vegtend daarteen

na die strand steeds op soek

na die kind met die vlieër

In haar hand

Anita Hamman

Gebore op ʼn egte Hugenoot plaas in die distrik Malmesbury.  Liefde vir die die natuur.  Was getroud met Nederlander en reis veel na die buiteland, veral Franse platteland waar die voorouers vandaan kom. Ek het een dogter en kleindogter in Nederland. As kind graag stories vertel en sodoende ontstaan die publikasie van Anita se boeke en digbundel “Die  Rooi kombers”.

*