Nongqai Skrywers & Boeke

STORIEDAGBOEKE 

Ds. Welly du Toit, voormalige lid SA Vloot, Durban en leier van die Helderbaai Gemeente, Strand

Ek het grootgeword in ‘n klein dorpie in die Noord Kaap, Hopetown. Ek was reeds op Laerskool ‘n verslaggewer vir ons Streeks-koerant. Ek was altyd lief vir boeke. Jy kan nie skryf as jy nie lees nie. Ek skryf oor geestelike onderwerpe soos: ‘Breek met worry voordat worry jou breek’, ‘Konflik los nooit vanself op nie’, ‘Ons wil nie oor die dood praat nie’, ‘Selfdood, wat sê die Bybel’, ‘Here help my bid’, ‘Here beskerm my’, ‘Here help my stilword’, ‘Here help my met geld werk’, ‘Here hoe bid ek vir my volwasse kinders’, ‘Gewig verloor is ‘n kop-ding nie ‘n kos-ding’, ‘Wat sê die Bybel oor slaap’, ‘Lees jou Bybel deur in twee jaar’, ‘Vergewe omdat jy dit nodig het’, ens. Ek het reeds meer as 100 boekies geskryf. Dan skryf ek Dagboeke met alledaagse stories van gewone mense. Ek koppel elke storie aan ‘n bybelteks met ‘n toepassing of ‘n uitdaging. My storiedagboeke is ‘n versameling van vertellings, illustrasies en stories en selfs soms ontdekkings. Dit help nie om vir mense goeie lewenswaardes te preek, of hulle met teologiese argumente te probeer oortuig nie. ‘n Mens verander as jou hart aangeraak is. Wat raak mense se harte dieper as ‘n groot waarheid weggesteek in ‘n aangrypende storie wat tot diep in jou hart sny. Wanneer mense vir Jesus oor God uitgevra het, het Hy vir hulle eerder ‘n storie vertel as om ‘n teologiese leerstelling te gee. Dogma’s (leerstellings) het Jesus nooit in boeke vasgepen nie. Hy het altyd vir mense gesê: “God en die koninkryk van God is soos … …” en dan het Hy ‘n storie vertel. Ek bevind myself dus in goeie geselskap.

Gedagtebeheer en Positiwiteit

My Dagboeke gaan oor gedagtebeheer en positiwiteit. Jy kan elke dag kies om gelukkig te wees, maar om gelukkig te wees moet jy beheer neem van jou gedagtes. Jy moet elke oggend opstaan en ‘n keuse uitoefen ongeag watter kaart die lewe jou daardie dag gaan deel. No one is in charge of your happiness accept you. The hardest person to make happy is the person you see in the mirror every morning. The world will not devote it self to make you happy. Happiness comes from inside. Jou lewe beweeg altyd in die rigting van jou sterkste gedagtes. Spreuke 4:23 sê, “Wees versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” Paulus sê: “Neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Christus.” My Storiedagboeke sal jou help om elke dag meer op die positiewe te fokus. Dit gee jou elke dag ‘n storie wat jou inspireer om positief te dink. Wanneer ons gebore word lyk ons soos ons biologiese ouers. Wanneer ons aan die einde van ons lewens kom, lyk ons soos ons keuses. En ons keuses word beïnvloed deur ons gedagtes. The most powerful Being on earth is God. The second most powerful thing, is our thoughts. And that is not in God’s control. He gave control over our thoughts, to us. William Shakespear said: There is nothing either good or bad, but thinking makes it so. Rene Descartes said: I think, therefore I am. William Channing said: All that a man does outwardly is but the expression and completion of his inward thoughts. To work effectively, he must think clearly, to act nobly, he must think noble. All that we are is the result of what we have thought. The Apostle Paul said: “Don’t be like the people of this world, but let God change the way you think. Then you will know how to do everything that is good and pleasing to him.” Rm.12:2

Storiedagboek (1) en (2) kan jy bestel @ R350 plus posgeld. Epos: wellydutoit@gmail.com

Ds, Welly du Toit – Helderberg Gemeente, Strand

Storiedagboeke voorblad

*