New Statue of President Paul Kruger Unveiled in Orania on His 200th Birthday
Abstract:
On 10 October 2025, a precise replica of the iconic statue of President Paul Kruger—originally erected on Church Square in Pretoria—was unveiled in Orania to mark the bicentenary of his birth. The monument, privately funded through global public donations, stands as a symbol of Orania’s ongoing pursuit of Afrikaner self-determination, echoing Kruger’s lifelong commitment to the freedom of his people and his faith in the Triune God. The festive event drew thousands of attendees, including two great-granddaughters of the former president, Mrs Ella Robberts and Mrs Sannie van Tonder. Notably, Mrs Robberts had also attended the 1954 relocation of the original statue to Church Square. The unveiling was accompanied by an official greeting from the Kruger Society, delivered by Hannes Noeth. The monument now serves as a cultural and spiritual landmark within the Afrikaner community of Orania.
NUWE STANDBEELD VAN PRES KRUGER OP ORANIA
Burger Lambrechts: Orania Dorpsraad
’n Presiese replika van die standbeeld van Pres Kruger wat op Kerkplein in Pretoria staan, is op 10 Oktober 2025, presies die 200’ste herdenking van sy geboortedag, in Orania onthul.
Aangesien Pres Kruger se lewe gekenmerk is deur ’n strewe na die vryheid van die Afrikanervolk, is hierdie nuwe monument gepas vir Orania, wat dieselfde strewe vandag uitleef. Die monument is dus simbolies van Orania, ‘n Afrikaner kultuurgemeenskap, se volgehoue groei na selfstandigheid toe, in afhanklikheid van die Drie-enige God wat ook ons lot bepaal (net soos Pres Kruger geglo het in sy lewe).
Die geleentheid was ’n feestelike een en was bygewoon deur duisende mense, waaronder vele interessante verbintenisse met die Boerevolk se geskiedenis oor die algemeen het, asook met Pres Kruger homself. Daar was bv twee agterkleindogters van die oud-president teenwoordig, naamlik Mev Ella Robberts en Mev Sannie van Tonder. Mev Robberts was ook in 1954 (71 jaar gelede) teenwoordig toe die oorspronklike standbeeld na Kerkplein in Pretoria verskuif is.

Op die foto is die twee Kruger-afstammelinge voor die nuwe monument saam met Hannes Noeth, wat namens die Krugergenootskap ook ’n amptelike groeteboodskap aan die skare oorgedra het.
Die monument was ’n privaat inisiatief wat in sy geheel deur skenkings van die publiek (vanoor die hele wêreld) befonds is.
