VF+ Condemns Vandalism of Kruger Statue Ensemble at Church Square in Pretoria

Synopsis

VF+ Condemns Vandalism of Kruger Statue Ensemble at Church Square in Pretoria

The Freedom Front Plus (VF+) in Gauteng has expressed outrage over the vandalism of the Kruger statue group at Church Square in central Pretoria. This morning, it was discovered that parts of the four citizen statues surrounding the central Kruger monument—symbols of vigilance—had been sawn off, including sections of their rifles and feet. The damage is suspected to be the work of scrap metal thieves targeting the valuable bronze.

The protective fencing, previously installed due to past vandalism, proved ineffective in preventing this latest attack.

The VF+ declared it will not passively accept the continued destruction of Afrikaner heritage symbols and memorials, especially within the lawless and economically strained environment they attribute to ANC governance.

KRUGER-STANDBEELD MOET BETER BESKERM WORD

Mediaverklaring uitgereik deur:

Jaco Mulder

VF Plus-LPW en provinsiale leier: Gauteng

26 September 2025

Foto: Verskaf

Die VF Plus in Gauteng het met afgryse kennis geneem van die vandalisering van die Kruger-beeldgroep op Kerkplein in die middestad van Pretoria.

Daar is vanoggend gevind dat dele van die beelde van die vier burgers, wat rondom die Kruger-beeld opgerig is as simbool van waaksaamheid, afgesaag is. Dit sluit dele van die gewere en die voete van die beelde in. Die vermoede bestaan dat die vandale skrootmetaalsmouse is wat die beeldhouwerk in die oog gehad het vanweë die waarde van die brons daarin.

Die heining om die beeldegroep, wat al voorheen onder vandale deurgeloop het, het duidelik niks gehelp om die vandale uit te hou nie.

Die VF Plus sal dit nie gelate aanvaar dat Afrikaner-bakens en gedenktekens in die slag bly te midde van die wettelose en ekonomiese klimaat wat die ANC in die land geskep het nie.

Die party dring aan op beter beskerming van dit wat vir die Afrikaner van belang is.

Suid-Afrika – en Oom Paul – verdien beter.