'n Foto wat teks, vlag bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

1992 SAP-BRIGADIERSKURSUS

1992 Brigadiers-kursus te Graaff-Reinet: Bestuursontwikkeling

Brig HB Heymans (SAP – afgetree)

Aan die begin van 1992 het ons ‘n brigadiers-kursus te Graaff-Reinet deurloop. Hier is ‘n “ou” foto van die geboue.

Daar was ander kolonelle saam met ons op kursus, wat nie die vorige kursus geslaag het nie. Een van daardie manne het oor ‘n MA-graad beskik. Ek self het oor ‘n MA-graad beskik en ek kan eerlik getuig dat die kursus besonder taai was! Tydens die kursus was jou hele loopbaan op die spel! (Hoe anders is dit nie vandag nie.) Die akademiese wêreld was vir my heel te maal anders – miskien omdat ek heeltemal versot was op my vakgebied. Selfs die gewone SAP-bevorderingskursusse na sersant, adjudant-offisier en luitenant was nie speletjies nie!

Maar geen mens kan ‘n goeie polisiebeampte wees indien hulle veral nie die gemenereg en wettereg ken nie! (Onkunde aangaande die reg is geen verskoning nie!)

Ons kursus het geskiedenis gemaak: Saam met ons op kursus was kol MS Tsoka. Hy is die eerste swart brigadier in die SA Polisie gewees. Ek weet nie of hy ooit generaals-rang beklee het nie.

'n Foto wat teks, blom, tekening bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

'n Foto wat teks, dokument bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.

Langs my, by die dinee, het prof Anna Neethling-Pohl gesit. Ons het baie lekker gesels. Sy het op die spyskaart geskryf: “ …Hou jou ideale blink soos Karoo-sterre…” Sy het ook oor ‘n polisiemedalje beskik. Met haar begrafnis in Bloemfontein het ses-vrouelede as draers opgetree. Sy was ‘n formidabele persoonlikheid!

Kol MS Tsoka het geskryf: “Eerste swart brigadier in die SAP”…. (Het iemand dalk ‘n foto van hom?)

Ek het darem die kursus suksesvol afgelê en is bevorder met terugwerkende krag met ingang van 1 Desember 1991.

Lt-genl Johan Ferreira het die volgende foto van die mooi historiese gebou verskaf:

Ek het al die benamings vir die verskillende afdelings van SAP-opleiding vergeet en ‘n genl Ferreira, ‘n voormalige hoof van SAP-opleiding genader vir sy kommentaar.

Kommentaar deur lt-genl Ferreira

Die groep het eers die Indiensopleidingsgroep geheet terwyl dit by die Polisiekollege in Pretoria gesetel was, daarna is daar gepraat van Gevorderde Opleiding en met die verskuiwing van die groep na die Paarl is daar gepraat van die Kollege vir Gevorderde Opleiding [KGVO].

Graaff-Reinet was dit die SA Polisie Akademie genoem … waar daar vir ’n paar jaar die BA (Pol)-graad voltyds aan jong lede aangebied is. Hulle studiegeld is as ’n beurs deur die Mag betaal en hulle moes daarna vir ten minste drie jaar in die Mag werk.

’n Ander gedeelte was in ’n ander gebou, nl. Bestuursontwikkeling ….. waar Junior- en middelvlak bestuursontwikkelingskursusse aangebied is …. die akademie se dosente het ook daar gehelp, maar daar was meestal van polisie offisiere gebruik gemaak wat kundig was in ’n spesifieke gebied. Ook eksterne lektore gewoonlik van Unisa

  • Kommentaar, aanvulling en ander foto’s welkom.

'n Foto wat skermskoot bevat AI-gegenereerde inhoud kan dalk verkeerd wees.