SO ONTHOU EK VIR LT.GENL. NICO SLABBER
‘N HUDELBLYK DEUR GENL.MAJ. NIC SNYMAN, KAAPSTAD
Genl-maj Nic Snyman
NICO SLABBER en ek ken mekaar sedert kleuterdae. Albei kom uit ‘n polisie-huis in die Paarl. Ek onthou my jeugjare dat polisie-lede mekaar se families oor en weer geken goed geken het. Polisiefunksies was altyd eintlik “familie-byeenkomste”.
Op skool was ek in Boishaai, Nico en sy broers was Gimmies – dit het nie saak gemaak nie; daar was ‘n nouer band – Polisie Familie! Onthou Kersfees geleenthede, elke kind kry ‘n present. Daar word gespeel terwyl ouers braai ens.
1962 word ek as student-konstabel in die DK-kantore geplaas onder toesig van die DK-Klerk, Sers. Slabber, Nico se Pa.
Gedurende 1963 is ons saam Kollege toe. Juliemaand 1963 word ons saam uitgeplaas na Wynberg Kaap. Jong konstabels, saam in die kaserne, saam op voetpatrollie, saam gekuier. Wanneer ons saam naweek af was, saam op my motorfiets Paarl toe na ons ouerhuise.
Deur die jare het ons tog kontak gehou.
My hart is seer as ek terugdink aan hoe gou die lewe by ons verbygaan.
Nick Snyman