Nongqai Vol 17 No 9 – (9) SAP Diamant- en Goudtak

SA POLISIE: DIAMANT- EN GOUDTAK

Lt-kol VE “Vel” Kruger (jnr)

Die artikel “Ou Grootwiel”: https://www.nongqai.org/ou-grootwiel-alexanderbaai-nongqai-vol-17-no-6/ het betrekking.

Diamant- en Goudtak – Takbevelvoerderskonferensie

Pretoria 19 tot 21 Mei 1987

Reünie in Alexanderbaai: Boland se bevelvoerders.

Kommentaar deur Hennie Heymans:

Voor links: Lt-genl HJJ “Hennie” Westraat

Twede ry: Onbekend, genl Hennie de Witt, onbekend, genl SJJ “Basie” Smit en genl “Flip” Fourie en skuins agter hom lt-genl HPM de Villiers. Genl De Witt het in sy jong dae in Alexanderbaai diens gedien.

Lt-kol VE “Vel” Kruger

Kommentaar Hennie Heymans: Ek is verheug op die reaksie van die oorspronklike artikel. Baie middae na werk het ek kol “Vel” Kruger in die offisiersklub in Wachthuis ontmoet en ons het altyd baie lekker gesels. Vel Kruger was ‘n baie interessante en besonder vernuftige kollega.

Lt-kol VE “Vel” Kruger (Jnr)

Kommentaar deur Hennie Heymans

Die Kruger’s het diep spore in die Diamant- en Goudtak getrap….

Baie dankie dat u vir ons hierdie vier interessante foto’s gestuur het. Dit word vir die nageslag bewaar.

U kan Hennie Heymans by heymanshb@gmail.com kontak of kommentaar op die webjoernaal plaas. Indien u die Nongqai gratis maandeliks wil ontvang geliewe my skriftelik te kontak.

Lesers is welkom om historiese foto’s in te stuur.

Navraag

Het iemand miskien ‘n foto van Kapt “Stoney” Steenkamp wat in die 1970’s te Cullinan gestasioneer was?