Nongqai vol 17 No 8 – Mali: Piet van Zyl

SEKERHEIDSWERK IN MALI (NOORD-AFRIKA)

Kol Piet “Walk-Tall” van Zyl

Geen fotobeskrywing beskikbaar nie.

Kaart van Noord-Afrika met fokus op Mali

Die plan is beslis nie volgens skaal nie – maar verstrek darem ‘n idee waar Mali is.

Ek het na my kontrak met Heritage Oil terug gekeer na SA en was van plan om voltyds by my gastehuis in te val maar was slegs twee maande tuis toe ek deur die Londen-kantoor genader is om te hoor of ek sou belangstel om 6 maande na Mali te gaan om hul Sekuriteit te behartig. Die kontrak het 7 maande geduur en na Mali het ek nog 3 jaar in Tanzanië ook vertoef. Ver paaie en Afrika ondervindings.

Ek stuur ‘n paar foto’s en byskrifte  soos versoek:


Een van die uitkyk kontrolepunte bokant ons in kamp in Gao.


Besigtiging van roetes waar die Seismiese spanne gewerk het. Tydens al my ritte van Bamako na Gao het die troepe ons beveilig op die lang roete.


Teebreek met die troepe in die duine.


Toearegs op pad na water naby Gao. Die foto laat my altyd dink aan die fliek “ Seven against the sun”.


My slaapplek bo  duin in die woestyn.

Besoek aan die troepe in die wye uitgestrekte wêreld.


Maandagoggend beplanning in die Ops karavaan.


Definitief die mees afgesonderde area waar ek ooit was.


Laaste oggend voor ek terug na RSA vertrek het, het selfs die nag diens span kom groet


Tee in die woestyn. Die man in Blou het gereeld gesorg dat ons in ons omswerwing soet warm tee kon geniet. Dit dikwels in 46 grade C


My karavaan in die woestyn. Volledig met slaapplek, stort en toilet.


Ons het die jong seun en sy Pa een oggend in n baie afgeleë gebied teëgekom. Die seun was baie wantrouig oor die witmense in hul blink voertuie. Die pa het die kaas, brood en blikkies kos wat ons aangebied het dankbaar aanvaar.


Nomade by ‘n oasis. Die donkies stap etlike kilometers met die bok vel watersakke onder hulle pense. Nomade aan die swerf. Let op die bokvel water houer onder die dankie se maag.

Mistieke berge op ons paaie.


Van paaie was daar nie eintlik sprake nie. Die sand was dik en meeste van ons ritte moes ons “Bundu bashing” doen.

Walk Tall,
Piet