CHURCHILL AND THE ZARP’s
CHURCHILL EN DIE ZARP’e
Abstract
A photo-essay of the arrest of Sir Winston Churchill at Chievely in the Natal Colony and his interaction with the Zarps. His detention and successful escape from Pretoria and return to Durban via Lourenco Marques.
Keywords
- Armoured train – Anglo Boer War
- Chieveley
- Churchill, Winston
- Spaarwater, Hendrik (Zarp)
- Zarp’s
HB Heymans
Churchill – heel regs – saam met Britse troepe in Natal
Die pantsertrein waarmee Churchill gereis het
Die slagveld
Churchill afgeneem by die wrak van die pantsertrein
Monument ter ere van die gebeurtenis (Foto – Hennie Heymans)
Op 15 November 1899 was Winston Churchill as militêre-korrespondent ‘n passasier in ‘n trein vol Britse soldate. Hulle was op patrollie tussen Frere en Chieveley in die destydse Britse kolonie van Natal. Die Boere het ‘n groot rotsblok op die spore geplaas en die trein het daarteen gebots. Die Boere het toe met veldkanonne en gewere op die Britse soldate losgebrand. ‘n Klomp Britte waaronder Churchill is gearresteer en na Pretoria afgevoer.
Mnr Maritz Spaarwater het my vertel dat dit sy Oupa Hendrik Spaarwater, wat ‘n lid van die Zarps was, wat as Churchill se geleide opgetree het. Sien ook[1].
Churchill arriveer as krygsgevangene in Pretoria – ‘n Zarp staan op die voorgrond.
Nadat hy ‘n maand as krygsgevangene in Pretoria deurgebring het, het Churchill ‘n gewaagde ontsnapping aangepak, deur veld, bosse, moerasse en myne getrek en so die polisiepatrollies ontduik.
Sy ontsnapping was suksesvol en hy het na Lourenço Marques gevlug en weer per boot in Durban aangekom op 23 Desember 1899. Die res is geskiedenis.