Nongqai Vol 17 No 10 – (34) Biografie lt-kol HA “Vel” Kruger
Uittreksel (Excerpt)
Lt.kol. Hendrik Abraham “Vel” Kruger was ‘n hoogs gerespekteerde lid van die Suid-Afrikaanse Polisie wat veral bekendheid verwerf het as ondersoeker en ondergrondse agent in die Diamanttak. Sy loopbaan het vanaf Durban-Sentraal ontwikkel tot senior bevelsposte in die Diamant- en Goudtak. Deur sy integriteit, ondersoekvernuf en vermoë om misdaadnetwerke te infiltreer, het hy ‘n besondere reputasie opgebou, terwyl hy deur kollegas as ‘n uitstekende storieverteller en vriend onthou word.
Abstrak
Hierdie biografiese artikel beskryf die lewe en loopbaan van lt.kol. HendrikAbraham “Vel” Kruger, ‘n voormalige Suid-Afrikaanse polisieman wat uitgestaan het in die Speurafdeling en later die Diamanttak. Die artikel belig sy vroeë diensjare in Durban, sy oorplasing na Kimberley, sy suksesvolle werk as ondergrondse agent teen diamantsmokkelary, asook sy bevordering tot verskeie senior bevelsposte. Die bydrae sluit ook persoonlike herinneringe van Hennie Heymans in, wat Kruger as kollega en vriend geken het en sy professionele bekwaamheid en karakter hoog aanslaan.
Sleutelwoorde
Hendrik Abraham Kruger, Vel Kruger, Suid-Afrikaanse Polisie, SAP, Diamanttak, diamantsmokkelary, ondergrondse agent, speurwerk, Kimberley, Durban-Sentraal, Diamant-en-Goudtak, Noord-Kaap, polisiëring, misdaadondersoek, biografie, Hennie Heymans.

Biografie : Lt.kol. Hendrik Abraham Kruger (snr)
Lt.kol. HA Kruger (jnr)

INLEIDING
Lt. Kol. H A Kruger – deur sy kollegas geken as “Vel” en deur die Diamant smokkelaars gevrees onder die bynaam “Hennie van Aswegen”. Hy was ‘n formidabele en gerespekteerde figuur in die SA Polisie. Sy loopbaan het gestrek tot die besige strate van Durban en uitgestrekte gevaarlike grensgebiede in die diamantvelde van die Noord-Kaap
VROEE JARE EN LOOPBAAN
Hendrik het sy loopbaan as n jong polisiekonstabel begin na sy opleiding die Polisie depot in Pretoria. Sy eerste uitplasing was na Durban-Sentraal polisiestasie en in sy vorming jare voetpatrollie gestap -“Beat stap” – waar hy ‘n skerp oog vir menslike gedrag en misdaad ontwikkel het. Sy talent vir ondersoekwerk het nie ongesiens verby gegaan nie en kort daarna oorgeplaas na die Speurafdeling. In die tyd is hy getroud en die huwelik is geseën met 5 seuns.
OORPLASING NA DIE DIAMANTTAK
n Persoonlike uitdaging in die gesin het n wenslike draaipunt in sy loopbaan geword. Weens die feit dat sy 2de oudste seun erge asma gely het, moes die gesin verhuis het na n droër klimaat.
Hendrik is verplaas na Kimberley waar hy by die gesiene Diamanttak aangesluit het as ondersoeker en ondergrondse agent – “Undercover Agent”. Hier het hy sy merk gemaak het as ‘n uitsonderlike Agent deur infiltrasie in die Diamantsmokkelary omgewing.

OFFISIERSRANG EN BELANGRIKE POSISIES
Deur harde werk en onbesproke integriteit en skerp ondersoek vermoë het hy homself as offisier bekwaam en deur die range bevorder. Tydens sy loopbaan het hy verskeie hoë poste beklee, bv
- Takbevelvoerder
- Tweede in Bevel Diamant- en Goudtak, Hoofkantoor.
- Streekbevelvoerder Noord Kaap – ‘n pos beklee het tot sy aftrede.
Kommentaar deur Hennie Heymans
Die agtergrondverslag is op my versoek saamgestel. Ek het Vel Kruger as kollega te Hoofkantoor en as vriend hoog geag. In die offisiersklub het hy die mees interessante stories vertel. Ek onthou hoe meer dramties die storie word, hoe sagter het hy gepraat….
- Ek het ‘n boskursus gedurende 1974 saam met kapt Stoney Steenkamp ondergaan. Hy was destyds op Cullinan. Ek sou graag van hom ‘n foto wil hê vir ons argief.
- Gedurende 1971 was daar ‘n lt Strydom (blonde hare) saam met my op kursus – hy het van die Weskus of SWA gekom. Is hy dalk aan iemand bekend wat verbonde is aan die Diamant- en Goudtak
