Nongqai Vol 17 No 9 – (13) Adv Anton Wiid – Humor in die hof!

Excerpt
A courtroom turns comical when a one‑eyed accused removes his glass eye, stunning the judge into silence.
Abstract
Advocate Anton Wiid recounts a humorous courtroom episode in Lephalale where his client, blind on one side, defended himself in a bar fight. During testimony, the accused dramatically removed his glass eye, leaving the magistrate speechless and ending the trial abruptly. The incident illustrates how wit and timing can sway justice. Wiid’s tale blends legal insight with dry humour from his policing past.
Keywords
Courtroom humour, Advocate Anton Wiid, Lephalale, glass eye, self-defence, magistrate, South African law, police veteran
IETS IN DIE VERLEDE!
Adv Anton Wiid – (lt-kol SAP afgetree)

In die omgewing van 2012 het ‘n prokureur my van Lephalale gekontak. Daar was ‘n groot kroeggeskil en sy kliënt het twee mededrinkers aangerand. Die meerderheid van die mense was werkers in die krag stasies. Hulle was nie jou maat nie.
Twee dae voor die hofdag het ek deur die kliënt gery om te konsulteer. Ek kan nie sy volle details gee nie maar sy naam was Johan. Hy was ‘n groot man, maar het net een oog gehad, en daarom het hy ‘n glas-oog regter-regteroog. Ouens het met hom begin rondstamp en hy het met woede gereageer. Meeste was aan sy regterkant en ander van die voorkant. Hy kon hom verdedig van die voorkant en nie aan sy blinde kant ook nie. My vraag aan hom was of hy die ouens aan sy regter kant gesien het. Hy het gesê hy kon nie. Ek het toe besef hy het nie periferale sig gehad nie en hy het homself verdedig tèèn ‘n aanval voor en sy regterkant. In die proses het hy twee ouens blindelings raak geslaan. Dit was toe my teorie en verdediging strategie.
Die landdros en aanklaer was swart kollegas. Die staat het verskeie getuies geroep en ek het later kruis ondervra. Die getuies was nie baie vars nie ek kon in die meeste gevalle nie onthou nie. Tydens die kruis ondervraging het ek aan hulle gestel dat die beskuldigde blind is aan die regterkant en die redes hoekom hy blindelings geslaan het om homself verdedig teen ‘n aanval van die blinde kant terwyl hy nog besig was teen die aanval van die voorkant. Ek het gevoel gekry dat dit nie ‘n groot impak op die landdros gehad het nie. Hy het maar vervelig gelyk.
Nadat die staat gesluit het et ek vir Johan geroep en het hy getuig van sy gebrek aan sig aan sy regterkant weens sy glas oog. Weens die landdros se demeanour het ek vir Johan gevra om sy oog uit te haal en op die getuiebank te sit. Die landdros het nie meer as 2 meter van die getuie bank gesit nie. Onmiddellik was daar ‘n groot reaksie van die mense en die landdros het verskrik gelyk met sy oë groot waarskynlik omdat die oog vir hom gekyk het. Die landdros het my gevra of ek nog vrae het so op ‘n manier dat hy nie verder wil hoor nie. Hy het vir die aanklaer gesê dat hy nie glo kruisondervraging is nog nodig nie. Ek was verbaas omdat die aanklaer nie dit die tyd gegun is om met sy kruisondervraging te doen nie. Ek het ons saak gesluit voordat ek nog iets kon sê, het die landdros gesê dat die kliënt mag gaan en hy het onmiddellik die hof verlaat. Ek het geweet dat die uithaal van die oog ‘n groot indruk sou maak!. Dit het gewerk. Nodeloos om te sê dat ek later baie sake in Lephalale gedoen het!
Ps. Telkemale, tydens hofverrigtinge , verwys ander kollegas na my as die skelm polisieman terwyl ek al 30 jaar al uit die polisie was. Weird ouens die!

Deon Farrel skryf op WhatsApp:
Baie skerp humor 🤣.
Het baie jare gelede by ou Stellenbosch Farmers Wineries gewerk (SFW). Die storie loop van ‘n toesighouer met ʼn glasoog, wat gedurende parstyd sy oog uitgehaal en op ʼn vat gesit as hy ‘n break neem, en aan die werkers gesê hy hou hulle dop ,so hulle kan nie skelm drink nie. Dit het uitstekend gewerk en sy manne was nooit gesuip nie. Die een dag kom hy terug en kom agter ‘n paar manne is goed geswaai en nogal parmantig ook. Hy ruik toe aan ‘n man of wat en se hulle het gesuip en sy oog het hulle gesien, hulle moet bieg. Een dapper man stry toe en se sy oog kon hulle nie gesien het nie want hulle het ‘n emmer oor die oog gesit.
So vang slim sy baas.🤣
Deon Farrel skryf op WhatsApp:
Baie skerp humor 🤣.
Het baie jare gelede by ou Stellenbosch Farmers Wineries gewerk (SFW). Die storie loop van ‘n toesighouer met ʼn glasoog, wat gedurende parstyd sy oog uitgehaal en op ʼn vat gesit as hy ‘n breek neem, en aan die werkers gesê hy hou hulle dop ,so hulle kan nie skelm drink nie. Dit het uitstekend gewerk en sy manne was nooit gesuip nie. Die een dag kom hy terug en kom agter ‘n paar manne is goed geswaai en nogal parmantig ook. Hy ruik toe aan ‘n man of wat en se hulle het gesuip en sy oog het hulle gesien, hulle moet bieg. Een dapper man stry toe en se sy oog kon hulle nie gesien het nie want hulle het ‘n emmer oor die oog gesit.
So vang slim sy baas.🤣
Ai, Anton!
Ek dink nou ver terug aan die tye toe ons paaie gekruis het. Ons het ‘n hele paar jaar saam gewerk, en ek sal jou kattekwaad en streke in die kantoor altyd onthou.
Jy kon generaal Johan van der Merwe se stem en manier van praat 100% kon namaak en so ‘n hele paar offisiere laat bontstaan!
Generaal Stemmett het dit baie geniet om te sien hoe jy ‘n hele paar senior offisiere daarmee die skrik op die lyf gejaag het!
Jy het my ook een aand by die huis daarmee geflous toe ek dringend een of ander onmoontlike taak vir die “generaal” moes doen!
Dankie vir ‘n lekker storie!
Anton was genl. Johan van der Merwe se stafoffisier, so hy kon sy manier van praat goed bestudeer en namaak!