Nongqai Vol 17 No 8 – Fanie se beste arrestasie
Abstract
This article recounts Fanie van Vuuren’s most memorable arrest during his 23‑year police career. In October 2005 he helped foil an armed bank robbery at FNB Brackenhurst, arresting four suspects on the roof. The incident involved dangerous conditions, multiple armed robbers, and rapid coordination between units. His decisive actions earned him a reward and public recognition in national newspapers and television news.
Excerpt
Van Vuuren instinctively climbed onto the roof where he single‑handedly arrested four armed suspects emerging from a ceiling cavity. The following day the dramatic incident appeared on the front pages of major newspapers and was broadcast on national TV.
Keywords
bank robbery, Brackenhurst FNB, armed suspects, rooftop arrest, South African Police, crime prevention, Zimbabwean parolees, firearms recovered, Policing bravery, media coverage
MY BESTE ARRESTASIE
Fanie van Vuuren.

Op Woensdag 26 Okt 2005 het ek my beste arrestasie in my 23 jaar diens uitgevoer.
Ek was hoof van Admin op Brackendowns (my laaste stasie naby Alberton) maar het gereeld saam met Misdaadvoorkoming gewerk.
Die spesifieke oggend het ek ‘n voorgevoel gehad dat iets gaan gebeur. Nadat ek vroeg aan diens gerapporteer het, het ek saam met (v) Kapt Foord wat in bevel was van Misdaadvoorkoming patrollie gaan ry. Ons het nie lank gery nie toe die oproep oor die radio kom dat daar ‘n bankroof in aanvang met gyselaars by die FNB Brackenhurst plaasvind. Ons was net om die draai van die winkel kompleks en binne 5min het ons afgestaan.
Met ons aankoms het ek ‘n veiligheidswag op die dak gesien. Ek het dadelik vir Kapt (v) Foord gesê om die mense onder te help en het instinktief na die agterkant van die gebou beweeg waar ek die veiligheidswag gevra het hoe kom ek op die dak.
Hy het toe vir my gewys waar hy opgeklim het. Net toe ek op die dak kom sien ek ‘n swart man uit ‘n gat klim en ek wys vir hom met my pistool dat hy moet gaan plat lê met sy hande agter sy rug.
So klim daar toe nog drie swart mans uit en vir elkeen wys ek om te gaan lê. Die veiligheidswag het my gehelp om hul te arresteer en met ons deursoeking het ons meeste van die geld wat hul probeer steel het terug gevind.
Intussen het Chopper opgedaag met ‘n honde-man en sy hond wat hy op die dak afgelaai het.
Daar was blykbaar 6 rowers en dus was twee nog binne-in die dak iewers. Die ander twee het iewers anders uitgekom en gevlug.
Binne ‘n paar minute was daar heelwat Blitspatrollie voertuie asook van omliggende stasies. Hoe daai ander twee dit reg gekry het om te vlug tussen al daardie lede was verbasend.
Ek het toe op die binne kant van die dak 4 vuurwapens gekry asook balaklawas wat hul gebruik het. Gelukkig vir my het hulle nie uitgeklim met hul vuurwapens nie, maar dit daar neer gegooi.
Ek het na die tyd verneem dat twee van hulle Zimbabwiërs is wat uit was op parool vir ‘n ander bankroof. Hoe hul parool gekry het is skokkend asook teleurstellend van ons regstelsel. Hulle het ook blykbaar muti gebruik wat hulle “onsigbaar” sou gemaak het, maar dit het nie op my gewerk nie.
Ek wil ook noem dat ek hierdie arrestasie gemaak het ‘n paar maande nadat ek terug gekeer het van 8 maande se afsiek weens “stres” verlof.
As gevolg van die medikasie wat ek gebruik het – ‘kannie worry’ pilletjies – wou ek nie gaan werk voordat ek ten volle herstel het en gereed was om weer te dien nie. Ek glo nie ek sou so skerp opgetree het as ek nog op medikasie was nie en sou nie net my eie lewe nie, maar ook ander s’n in gevaar gestel het. Ongelukkig dink ek dat dit met baie lede gebeur.
Ek en Kapt (v) Foord het elkeen ‘n R10 000 beloning ontvang asook ‘n spesiale sertifikaat. Ek weet dat die Here daardie oggend saam met ons was en ons beskerm het en is Hom ewig dankbaar.
Die voorval was die volgende oggend op al drie die groot koerante – Beeld, Citizen en Star se voorblaaie gewees en daardie aand op TV nuus.
Ongelukkig weet ek nie watter vonnis hul gekry het nie, want ek was nooit ge-subpoena om in die hof te verskyn nie. Van die ander lede het gaan getuig as ek reg onthou.



Onveranderd geplaas
