Nongqai Vol 17 No 8 – André van Ellinckhuyzen
TV-PROGRAM: NIEUWE REPUBLIEK MUSEUM IN VRYHEID, KZN
André van Ellinckhuyzen

My naam is André van Ellinckhuyzen. Ek is ñ steeds dienende lid van die Suid Afrikaanse Polisie met byna 41 jaar diens. Ek sal “veteraan status” bereik wanneer ek aanstaande jaar met pensioen uittree.
Ek was bevoorreg om reeds drie boeke te kon skryf en publiseer. My heel grootste voorreg is om reeds vir meer as TWEE jaar betrokke te wees by die restourasie en bestuur van die Nieuwe Republiek Museum in Vryheid, KZN.
Onlangs was ek verrassend deur Pieter Koen en ñ span van die TV vermaaklikheidsprogram, Kwêla, besoek waartydens hulle met my onderhoude gevoer het oor my boeke en dan my betrokkenheid by die museum. Bo dit alles is en bly God die bevelvoerder van al my paaie.
Hier is die skakel na die TV-program: https://youtu.be/SNpzsOfIhKE