Nongqai vol 17 No 8 – R en S Berrange
“Wanneer diens en huwelik hand aan hand stap…”
Rudi en Susan Berrange (via Ida Steyn)

● Dit gebeur selde dat ‘n man en vrou, as lewensmaats én kollegas, saam op dieselfde parade hul 30-jaar diensmedaljes ontvang.
● Agter elke medalje lê jare van opoffering, lang ure, gevaar, teleurstellings, vreugdes, trane en onwrikbare toewyding aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens.
● Om hierdie mylpaal saam te bereik, is ‘n besondere voorreg –
“Rudi vertel dat hulle twee saam as studente in die Kollege was. Hulle ontmoet mekaar weer toe hulle saam begin werk het in 1995.
Hulle trou in 1998 — “ek is vrek lief vir haar. ” ![]()
“Susan vertel dat sy by die werk die kwaaiste is en Rudi by die huis”
Kommentaar deur Ida Steyn
Alle seën, voorspoed en goeie gesondheid wens ons jul toe op die pad vorentoe.
[Nou vir die 40- jarige medalje]
Groete
Ida