Nongqai Vol 17 No 8 – Kapt C Hefer

KAPTEIN CROW HEFER

Via Ida Steyn

“Ek het by Kempton Park as reservis begin en is vandaar na die Area -Noord Rand vir Opleiding.

Ek het later by die SAPS aangesluit en is ingesweer te Benoni SAPS.

Na my kollege opleiding is ek uitgeplaas na Kempton Park, SAPS.

In 2007 word ek na Richardsbaai LCRC oorgeplaas en gedurende  2018 word ek bevorder en word verplaas na Richardsbaai MIC.

In 2023 het ek ‘n oorplasing geneem na Empangeni CSC

aangesien die skofte wat ek moes werk, my taak bemoeilik het om as duiker in te treë waar nodig.

Ons is betrokke by verskeie verdrinkings, moordtonele ens.

Ons oefen op ‘n gereelde grondslag en sodoende bly ek fiks en gesond.

Ek leef voluit en leef my droom.

(Aangeheg ‘n klompie foto’s ter stawing van my passie.) ”

FOTOALBUM

● Mag jy met trots aanhou om jou droom as vroue-polisieduiker uit te leef. Ons wens jou ‘n ryklike pad vorentoe.

Groete Ida